Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
FIFA Sokker-Wêreldbeker
كَأْسُ الْعَالَمِ لِكُرَةِ الْقَدَم 2034 (ar)
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Datums November – Desember
Spanne 48 (van 6 konfederasies)
Stadions 15 (in 5 stede)
2030
2038

Die 25ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Arabies: كَأْسُ الْعَالَمِ لِكُرَةِ الْقَدَم 2034; Engels: FIFA World Cup) sal in November en Desember 2034 in Saoedi-Arabië beslis word. Ná die 2022-toernooi sal dit die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi in die Midde-Ooste en die derde in Asië sedert 2002 in Japan en Suid-Korea wees. Dit is ook die vierde groot sokkertoernooi in Saoedi-Arabië ná die eerste drie FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1992, 1995 en 1997; ná die 2030-toernooi met Marokko as medegasheer die derde Sokker-Wêreldbekertoernooi in die Arabiese wêreld en ’n land met ’n Islamitiese bevolkingsmeerderheid. Soos die 2026- en 2030-toernooie sal dit deur 48 nasionale sokkerspanne uitgespook word, insluitend dié van die gasheerland.[1] Dit sal presies 100 jaar ná die tweede FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 in Italië gehou word.

Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding sal word

FIFA het die moontlike gashere op Asië en Oseanië beperk nadat hy besluit het om die 2030-toernooi op drie vastelande aan te bied (Afrika, Europa en Suid-Amerika). Volgens waarnemers het FIFA sy eie reëls gebuig om die weg te baan vir Saoedi-Arabië as gasheer deur die aantal moontlike gashere te sny.[2] FIFA het ook die bodtydperk onverwags met drie jaar versnel wat ander moontlike botte gekniehalter het. Volgens berigte deur The New York Times het FIFA se president Gianni Infantino 'n sleutelrol gespeel deur FIFA se reëls te buig en die goedkeuring van Saoedi-Arabië se bod te vergemaklik.[3][4]

Toewysing

[wysig | wysig bron]

Die bodproses vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034 het op 4 Oktober 2023 begin en oorspronklik dieselfde vereistes behels as dié vir die 2030-toernooi. FIFA het later die aantal vereiste stadions met 'n minimum kapasiteit van 40 000 van sewe na vier verlaag.[5] Weens FIFA se rotasiebeleid het slegs lidlande van AFC en OFC in aanmerking gekom as gasheerlande.[6] FIFA het besluit om die 2030-toernooi op drie vastelande te huisves (Afrika, Europa en Suid-Amerika) en die 2026-toernooi sal in Noord-Amerika beslis word, waarvolgens die 2034-toernooi slegs in Asië of Oseanië aangebied kan word.[2]

Op 31 Oktober 2023 het FIFA se president Gianni Infantino aangekondig dat Saoedi-Arabië die 2034-toernooi sal huisves, waarvolgens dit die derde toernooi sal wees wat in een van AFC se lidlande aangebied sal word ná die 2002-toernooi in Japan en Suid-Korea en die 2022-toernooi in Katar. Ná die 2022-toernooi in Katar is dit ook die tweede toernooi in die Midde-Ooste.[7]

Volgens ondersoekende verslaggewing deur The New York Times het Infantino 'n sleutelrol gespeel in die keuring van Saoedi-Arabië as gasheer. Hy was namens Saoedi-Arabië betrokke in privaat diplomasie, toe hy die moontlikheid ondersoek het of Griekeland saam met Saoedi-Arabië as medegasheer wou optree vir die 2030-toernooi. Toe Spanje, Portugal en Marokko aangekondig het dat hulle gesamentlik wil aansoek doen as gashere vir die 2030-toernooi, het die Saoedi's dit as onwaarskynlik beskou dat dié bod geklop sou kon word. Vervolgens het die Saoedi's hul 2030-bod teruggetrek. FIFA het vervolgens twee skuiwe gemaak wat The New York Times as "vreemd" beskryf het, toe FIFA aangekondig het dat die eerste drie wedstryde van die 2030-toernooi in Uruguay, Argentinië en Paraguay beslis sal word, waarna die res in Spanje, Marokko en Portugal sal plaasvind. Met dié besluit was Europa, Afrika en Suid-Amerika onverkiesbaar as moontlike gashere vir die 2034-toernooi, waarvolgens slegs lede van Asië of Oseanië in aanmerking kon kom. FIFA het ook die bodtydperk vir die 2034-toernooi onverwags versnel, waarvolgens belangstellende lande slegs 25 dae gehad het om hul belangstelling aan te kondig. Saoedi-Arabië het sy belangstelling binne minute aangekondig.[3]

Op 11 Desember 2024 het FIFA bevestig dat Saoedi-Arabië die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034 sal aanbied. Dié besluit is tydens 'n buitengewone FIFA-kongresvergadering aangekondig, waar die gashere vir beide die 2030- en 2034-toernooie ná 'n stemming gefinaliseer is.[8]

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034
Land Stemming
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië eenparig

Kwalifisering

[wysig | wysig bron]

Kwalifiserende spanne

[wysig | wysig bron]

Die volgende span het vir die finale toernooi gekwalifiseer (soos op 11 Desember 2024):

Uitslag van die kwalifisering:

   Nie ’n geassosieerde lid van FIFA nie

   Land het homself onttrek of is geskors

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land neem aan die kwalifisering deel

   Land het gekwalifiseer

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië n.v.t. n.v.t. n.v.t. n.v.t.

Stadions

[wysig | wysig bron]

Die amptelike lys stadions het op 31 Julie 2024 in die bodboek verskyn. Die toernooi sal in vyf stede aangebied word, naamlik Riaad, Djedda, Khobar, Abha en Neom, met altesaam 15 stadions (waaronder elf nuwes). Die Koning Salman Int’l Stadion in Riaad sal waarskynlik beide die openings- en eindstryd huisves.[9]

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034 (Saoedi-Arabië)
Lys van moontlike kandidaatstede
Stad Stadion Kapasiteit
Abha Koning Khalid Universiteitsstadion (nuut) 45 428
Djedda Koning Abdullah Sportstadstadion 62 345
Qiddiya Kusstadion (nuut) 46 096
Djedda Sentrale Ontwikkelingsstadion (nuut) 45 794
Koning Abdullah Ekonomiese Stadstadion (nuut) 45 700
Khobar Aramco-stadion (nuut) 46 096
Neom Neom-stadion (nuut) 46 010
Riaad Koning Salman Int’l Stadion (nuut) 92 000
Koning Fahd Sportstadstadion 70 000
Suid-Riaad-stadion (nuut) 47 060
Prins Mohammed bin Salman-stadion (nuus) 46 979
Prins Faisal bin Fahd Sportstadstadion 46 865
Koning Saud Universiteitsstadion 46 319
Nuwe Murabba-stadion (nuut) 46 010
Roshn-stadion (nuut) 46 000

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Unanimous decision expands FIFA World Cup™ to 48 teams from 2026". FIFA. 10 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 15 Februarie 2019.
  2. 2,0 2,1 (en) Tariq Panja (4 Oktober 2023). "FIFA Will Host 2030 World Cup on Three Continents". The New York Times. ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2023. Besoek op 31 Oktober 2023.
  3. 3,0 3,1 (en) Tariq Panja (15 November 2023). "Inside Man: How FIFA Guided the World Cup to Saudi Arabia". The New York Times. ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2023. Besoek op 17 November 2023.
  4. (en) "FIFA Bends Own Rules to Give Saudi Arabia Coveted 2034 World Cup". The New York Times. 2024. Besoek op 13 November 2024.
  5. (en) Jack Snape (8 Oktober 2023). "Fifa's relaxed stadium rule clears path for Saudi Arabia to host 2034 World Cup". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2024. Besoek op 18 Januarie 2024.
  6. (en) "FIFA Council takes key decisions on FIFA World Cup editions in 2030 and 2034". FIFA. 4 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2023. Besoek op 12 Oktober 2023.
  7. (en) "Saudi Arabia sole bidder to host 2034 World Cup, FIFA says". Al Jazeera. 31 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2023. Besoek op 1 November 2023.
  8. (en) Jonty Colman (11 Desember 2024). "Fifa confirms Saudi Arabia as 2034 World Cup hosts". BBC. Besoek op 12 Desember 2024.
  9. (en) "The Saudi Arabia FIFA World Cup 2034 Bid Book" (PDF). FIFA. 31 Julie 2024. Besoek op 31 Julie 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 2026Marokko/Portugal/Spanje 2030Saoedi-Arabië 2034