Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Frederick Chiluba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Frederick Chiluba
Frederick Chiluba
Frederick Chiluba in 1992

Ampstermyn
2 November 1991 – 2 Januarie 2002
Vise Levy Mwanawasa
Godfrey Miyanda
Christon Tembo
Enoch Kavindele
Voorafgegaan deur Kenneth Kaunda
Opgevolg deur Levy Mwanawasa

Persoonlike besonderhede
Gebore Frederick Jacob Titus Chiluba
(1943-04-30)30 April 1943
Musangu, Mwense, Luapula, Noord-Rhodesië (nou Zambië)
Sterf 18 Junie 2011 (op 68)
Lusaka, Zambië
Politieke party MMD
Eggenoot/-note Vera Tembo (19??–2000)
Regina Mwanza (192002–2011)
Kind(ers) 9

Frederick Jacob Titus Chiluba (30 April 194318 Junie 2011) was die tweede president van Zambië ná hy die eerste verkiesing na die herinstelling van veelparty-demokrasie laat in 1991 gewen het.

Chiluba was 'n voormalige leier van die land se vakverbond, die Zambian Congress of Trade Unions, en 'n teenstander van die eerste president, Kenneth Kaunda, se eenparty-regering, vir wie hy as kandidaat van die Movement for Multiparty Democracy (MDD) in die verkiesing van Desember 1991 verslaan het. Hy is herverkies in 1996, maar sy pogings om die grondwet te wysig sodat hy ook in 2001 die MDD se presidentskanditaat kon wees, het misluk weens wye teenstand uit die parlement sowel as die burgerlike samelewing.

Die MDD het gevolglik vir Levy Mwanawasa as sy kandidaat aangewys. Mwanawasa wen die verkiesing met minder as 'n derde van die stemme. Ná Chiluba die amp verlaat, is hy aangekla van korrupsie en uiteindelik in 2009 vrygespreek.