Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Glibenklamied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Glibenklamied

Bal-en-stokkiemodel van die glibenklamiedmolekuul
Chemie
Chemiese formule C23H28ClN3O5S
Molêre massa 494.00 g/mol
CAS-nommer 10238-21-8
Farmakokinetika
Biobeskikbaarheid 100%
Proteïengebonde Ten volle
Metabolisme Lewer (CYP2C9-ensiem)
Uitskeiding Uriene en gal
Halfleeftyd 10 uur
Smeltpunt 169 tot 170 °C

Glibenklamied, ook bekend as gliburied, is 'n antidiabetiese medikasie wat gebruik word om tipe 2-diabetes te behandel.[1] Daar word aanbeveel dat dit saam met dieetaanpassings en oefening geneem word. Dit kan saam met ander antidiabetiese medikasie gebruik word.[1] Dit word nie aanbeveel vir gebruik op sigself in tipe 1-diabetes nie. Dit word oraal geneem.[1]

Algemene newe-effekte sluit in naarheid en sooibrand. Ernstige newe-effekte kan angio-edeem en lae bloedsuiker insluit. Dit word gewoonlik nie tydens swangerskap aanbeveel nie, maar kan wel tydens borsvoeding gebruik word.[2] Dit is in die medisyneklas van sulfonielureums en werk deur die vrystelling van insulien uit die pankreas te verhoog.[1]

Glibenklamied is in 1969 ontdek en in 1984 vir mediese gebruik in die Verenigde State goedgekeur.[3][4] Dit is beskikbaar as 'n generiese medikasie.[5] In 2022 was dit die 200ste mees voorgeskrewe medikasie in die Verenigde State, met meer as 2 miljoen voorskrifte.[6][7]

Mediese gebruike

[wysig | wysig bron]

Glibenklamied word aangedui as 'n aanvulling tot dieet en oefening om glukemiese beheer by volwassenes met tipe 2-diabetes te verbeter.

Dit werk nie so goed as metformien of insulien by diegene wat swangerskapsdiabetes het nie.[8]

Newe-effekte

[wysig | wysig bron]

Dikwels aangemelde newe-effekte sluit in: naarheid, sooibrand, gewigstoename en opgeblasenheid.[9] Die medikasie is ook 'n belangrike oorsaak van medikasie-geïnduseerde hipoglukemie. Die risiko is groter as met ander sulfonielureums.[10]

Glibenklamied word nie aanbeveel vir diegene met G6PD-tekort nie, aangesien dit akute hemolise kan veroorsaak.[11]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Glyburide Monograph for Professionals". Drugs.com. American Society of Health-System Pharmacists. Besoek op 18 Maart 2019.
  2. British national formulary : BNF 76 (76 uitg.). Pharmaceutical Press. 2018. p. 692. ISBN 9780857113382.
  3. Diabetes in Clinical Practice: Questions and Answers from Case Studies. John Wiley & Sons. 2007. p. 342. ISBN 9780470059135.
  4. "Glyburide Monograph for Professionals". Drugs.com. American Society of Health-System Pharmacists. Besoek op 18 Maart 2019.
  5. British national formulary : BNF 76 (76 uitg.). Pharmaceutical Press. 2018. p. 692. ISBN 9780857113382.
  6. "The Top 300 of 2020". ClinCalc. Besoek op 7 Oktober 2022.
  7. "Glyburide - Drug Usage Statistics". ClinCalc. Besoek op 7 Oktober 2022.
  8. Balsells M, García-Patterson A, Solà I, Roqué M, Gich I, Corcoy R (Januarie 2015). "Glibenclamide, metformin, and insulin for the treatment of gestational diabetes: a systematic review and meta-analysis". BMJ. 350: h102. doi:10.1136/bmj.h102. PMC 4301599. PMID 25609400.
  9. "Glyburide: MedlinePlus Drug Information". MedlinePlus. Besoek op 29 Oktober 2019.
  10. Gangji AS, Cukierman T, Gerstein HC, Goldsmith CH, Clase CM (Februarie 2007). "A systematic review and meta-analysis of hypoglycemia and cardiovascular events: a comparison of glyburide with other secretagogues and with insulin". Diabetes Care. 30 (2): 389–394. doi:10.2337/dc06-1789. PMID 17259518.
  11. Meloni G, Meloni T (Januarie 1996). "Glyburide-induced acute haemolysis in a G6PD-deficient patient with NIDDM". Br. J. Haematol. 92 (1): 159–60. doi:10.1046/j.1365-2141.1996.275810.x. PMID 8562390. S2CID 41227257.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • "Glyburide". Drug Information Portal. U.S. National Library of Medicine.