Grootteorde
’n Grootteorde is ’n skaal van enige getal waar elke grootte of waarde van iets in ’n vasgestelde verhouding staan tot die vorige grootte of waarde. Die getal wat die meeste as skaal gebruik word, is 10. Dan is elke volgende waarde 10 keer soveel as die vorige waarde. " ’n Mens sê twee getalle het dieselfde grootteorde van ’n getal as die een getal gedeel deur die ander getal ’n waarde van minder as 10 gee. So is 23 en 82 van dieselfde grootteorde, maar 23 en 820 is nie."[1] – John Baez
Gebruik
[wysig | wysig bron]Grootteordes word gewoonlik gebruik om baie benaderde vergelykings te tref en hulle dui baie groot verskille aan. As twee getalle met een grootteorde verskil, is een sowat 10 keer meer as die ander. As hulle met twee grootteordes verskil, is die een sowat 100 keer meer.
- ’n Kis met 1 000 appels is een grootteorde meer as ’n kis met 100 appels, oftewel: die kis met 1 000 appels verskil met ’n faktor van 10 van die kis met 100 appels.
- Die leeftyd van die heelal is 34,8 miljard jaar en dus in die grootteorde van 10 miljard jaar (1010). Die tyd wat dit duur voordat ’n swart dwergster ontstaan, word op minstens 1015 jaar geskat; dit is dus vyf grootteordes meer en daar bestaan nog geen swart dwerge in die heelal nie.
- ’n Aardbewing se sterkte word op die Richterskaal gemeet; ’n aardbewing wat 5 op dié skaal registreer, is 10 keer so sterk as een wat 4 registreer.
SI-eenhede berus op dieselfde beginsel. Die meeste amptelike voorvoegsels (soos milli-, mikro- of nano- en kilo-, mega- of giga-) staan vir drie grootteordes, maar desi- of senti- en deka- of hekto dui op een grootteorde.
In woorde (Lang skaal) |
In woorde (Kort skaal) |
Voor- voegsel |
Simbool | Desimaal | Mag van tien |
Grootte- orde |
---|---|---|---|---|---|---|
kwadriljoenste | septiljoenste | jokto- | y | 0,000 000 000 000 000 000 000 001 | 10−24 | −24 |
triljardste | sekstiljoenste | zepto- | z | 0,000 000 000 000 000 000 001 | 10−21 | −21 |
triljoenste | kwintiljoenste | atto- | a | 0,000 000 000 000 000 001 | 10−18 | −18 |
biljardste | kwadriljoenste | femto- | f | 0,000 000 000 000 001 | 10−15 | −15 |
biljoenste | triljoenste | piko- | p | 0,000 000 000 001 | 10−12 | −12 |
miljardste | biljoenste | nano- | n | 0,000 000 001 | 10−9 | −9 |
miljoenste | miljoenste | mikro- | µ | 0,000 001 | 10−6 | −6 |
duisendste | duisendste | milli- | m | 0,001 | 10−3 | −3 |
honderdste | honderdste | senti- | c | 0,01 | 10−2 | −2 |
tiende | tiende | desi- | d | 0,1 | 10−1 | −1 |
een | een | – | – | 1 | 100 | 0 |
tien | tien | deka- | da | 10 | 101 | 1 |
honderd | honderd | hekto- | h | 100 | 102 | 2 |
duisend | duisend | kilo- | k | 1 000 | 103 | 3 |
miljoen | miljoen | mega- | M | 1 000 000 | 106 | 6 |
miljard | biljoen | giga- | G | 1 000 000 000 | 109 | 9 |
biljoen | triljoen | tera- | T | 1 000 000 000 000 | 1012 | 12 |
biljard | kwadriljoen | peta- | P | 1 000 000 000 000 000 | 1015 | 15 |
triljoen | kwintiljoen | eksa- | E | 1 000 000 000 000 000 000 | 1018 | 18 |
triljard | sekstiljoen | zetta- | Z | 1 000 000 000 000 000 000 000 | 1021 | 21 |
kwadriljoen | septiljoen | jotta- | Y | 1 000 000 000 000 000 000 000 000 | 1024 | 24 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Kort en lang skaalverdeling om bostaande beter te verstaan.
- Grootteordes (lengte) met voorbeelde.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "John C. Baez, 11/28/2012". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 6 September 2013.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- Asimov, Isaac, The Measure of the Universe (1988)