Juliana van Nederland
Voorkoms
Juliana van die Nederlande | |
---|---|
Prinses van die Nederlande, Aruba, Curaçao en Sint Maarten | |
Prinses Juliana na haar abdikasie in 1981
| |
Vorstehuis | Oranje-Nassau |
Regeer | 4 September 1948 – 30 April 1980 |
Kroning | 6 September 1948 |
Voorganger | Wilhelmina van Nederland |
Opvolger | Beatrix van Nederland |
Volle naam | Juliana Louise Emma Marie Wilhelmin |
Gebore | 30 April 1909; Den Haag, Nederlande |
Oorlede | 20 Maart 2004; Soestdijk, Nederlande |
Eggenoot | Bernhard van Lippe-Biesterfeld († 2004) |
Kinders | Beatrix Irene Margriet Christina († 2019) |
Vader | Hendrik van Mecklenburg-Schwerin |
Moeder | Wilhelmina van Nederland |
Religie | Christendom, Protestantisme |
Juliana Louise Emma Marie Wilhelmina van Oranje-Nassau (Den Haag, 30 April 1909 – Soestdijk, 20 Maart 2004) was vanaf 4 September 1948 tot 30 April 1980 die koningin van die Nederlande.
Sy het onder andere die titels prinses van die Nederlande, prinses van Oranje-Nassau, hertogin van Mecklenburg en prinses van Lippe-Biesterfeld gehad. Juliana was getroud met prins Bernhard van Lippe-Biesterfeld en het vier dogters saam gehad, Beatrix, Irene, Margriet en Christina. Beatrix het haar in 1980 as koningin opgevolg.
Sy staan in 1949 soewereiniteit aan Indonesië toe.