Meitei
Voorkoms
Meitei, Manipuri ꯃꯩꯇꯩꯂꯣꯟ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië Bangladesj Mianmar | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 1,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Sino-Tibettaans Tibeto-Birmaans Meitei, Manipuri | |
Skrifstelsel: | Meitei-alfabet, Oostelike Nagari-alfabet, Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[2] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | mni
| |
ISO 639-3: | mni
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Meitei (ꯃꯩꯇꯩꯂꯣꯟ), ook Manipuri genoem, is 'n Tibeto-Birmaanse taal wat deur sowat 1,5 miljoen mense in Noordoos-Indië, Bangladesj en Mianmar gepraat word. Meitei is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Meitei word met die Meitei-alfabet, die Oostelike Nagari-alfabet of die Latynse alfabet geskryf. Dit is die amptelike taal van die deelstaat Manipur en staan vir amptelike doeleindes as Manipuri bekend. Daarbenewens word Meitei in die aangrensende deelstate Assam en Tripura gepraat.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Meitei". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 25 Augustus 2018.
- ↑ (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Meitei.
- (en) "Manipuri language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Augustus 2018.