Mercury-Atlas 9
Mercury-Atlas 9 (MA-9) was die finale bemande ruimtevlug van NASA se Mercury-program. Dit is op 15 Mei 1963 vanaf lanseerkompleks 14 by Kaap Canaveral, Florida gelanseer. Die Mercury-ruimtetuig is Faith 7 genoem en was beman deur die ruimtevaarder Gordon Cooper, destyds 'n majoor in die Amerikaanse Lugmag. Die ruimtetuig het 22 keer om die Aarde gewentel alvorens dit veilig in die Stille Oseaan neergeplons het. Die reeksnommer van die Atlas LV-3B vuurpyl was 130-D en die Mercury ruimtetuig was nr. 20.
Hierdie was die laaste sending waar 'n Amerikaanse ruimteman alleen die ruimte ingestuur is. Die sending is opgevolg met die Gemini-program met twee ruimtevaarders in elke tuig.
Vlugdirekteure
[wysig | wysig bron]- Chris Kraft — Rooi span
- John Hodge — Blou span
Sendingparameters
[wysig | wysig bron]- Massa: 1 400 kg
- Perigeum: 161 km
- Apogee: 267 km
- Baanhelling: 32,5°
- Periode: 88,5 min
Sendingagtergrond
[wysig | wysig bron]Debat oor Mercury-projekvoortsetting
[wysig | wysig bron]Die Mercury-Atlas 8-vlug van Wally Schirra op 3 Oktober 1962 was so naby aan perfek dat sommige by NASA geglo het dat die Verenigde State moet ophou terwyl hulle voor was en MA-8 die laaste Mercury-sending maak eerder as om 'n toekomstige ramp te waag. Daar is gemeen dat NASA die eerstegenerasie Mercury-hardeware ver genoeg beproef het en dat 'n gewaagde langer sending nie geregverdig was nie; in plaas daarvan moet NASA aanskuif na die Gemini-program. Amptenare van die Bemande Ruimtetuigsentrum het egter geglo dat die Mercury-span die kans moet kry om 'n mens vir 'n volle dag in die ruimte te toets. Daarbenewens het al die Sowjet-enkelsitplek-Vostok-ruimtetuie wat na Vostok 1 gelanseer is, vir meer as 'n dag geduur; dus moes die Mercury 9-vlug die Mercury-ruimtetuig op dieselfde vlak as dié van die Sowjette bring.
Sendingbeplanning
[wysig | wysig bron]In September 1962 het NASA onderhandelinge met McDonnell beklink om vier Mercury-ruimtetuie (#12, #15, #17 en #20) te modifiseer na 'n konfigurasie wat 'n eendagsending ondersteun het. Sulke veranderinge aan die ruimtetuig het die verwydering van die periskoop en 'n oortollige stel stuwers en die byvoeging van ekstra batterye en suurstoftenks behels.
In November 1962 is Gordon Cooper gekies om die MA-9-sending te loods en Alan Shepard is as rugsteun gekies. Op 22 April 1963 is Atlas-aanjaer 130-D en Mercury-ruimtetuig #20 op die lanseerplatform by Lanseerkompleks 14 gestapel.
Aangesien MA-9 oor byna elke wêrelddeel van 32,5 grade noord tot 32,5 grade suid sou wentel, is altesaam 28 skepe, 171 vliegtuie en 18 000 dienspligtiges aangewys om die sending te ondersteun.
Die Atlas-aanjaer wat vir MA-9 gebruik is, het verskeie tegniese verbeterings gehad, veral 'n verbeterde aandrywingstelsel met 'n hipergoliese ontsteker wat die behoefte aan houtyd by lansering sou uitskakel om growwe ontbranding te voorkom. Met sewe suksesvolle Mercury-lanserings in 'n ry, het die mislukkings van die vroeë dae in 1963 soos 'n verre herinnering gelyk en NASA-amptenare het 'n hoë mate van vertroue gehad in die Atlas wat sy bevlekte lanseerrekord oorskadu het.
Cooper se vlug kon egter vertraag word, aangesien daar gedurende die sewe maande tussen Schirra en Cooper se vlugte, vyf mislukkings van Atlas D-voertuie was.
Uitrol
[wysig | wysig bron]Toe Atlas 130D sy fabrieksuitrol op 30 Januarie ontvang, is gevind dat dit beskadigde bedrading het en moes teruggestuur word vir herstelwerk. Gordon Cooper het op sy eerste perskonferensie op 8 Februarie erken dat hy nie veel van die aanjaerprobleme geweet het nie en eerder gefokus op die verbeterings wat aan sy Mercury-kapsule gemaak is. Die talle bygevoegde toerusting en verbruiksgoedere vir die daglange missie het die massa van MA-8 aansienlik verhoog; dit het nou meer as 1 400 kg geweeg.
Op 15 Maart is die Atlas 'n tweede keer uit die fabriek gerol en het sy toetse met vlieënde vaandels geslaag; Convair-ingenieurs het hul vertroue uitgespreek dat dit "hul beste voël nog was." Die aanjaer-aktueerders is effens verstel om 'n herhaling van die lanseerrol-oorgang wat op Mercury-Atlas 8 voorgekom het, te verhoed.
Die opgegradeerde MA-2-enjins het inspuitkoppe met skotte (baffles) en 'n hipergoliese ontsteker gehad, wat enige bekommernisse van growwe verbranding of die behoefte aan houtyd voor lansering sou uitskakel. Die dryfmiddel wat bespaar word deur nie die drie sekondes houtyd uit te voer nie, sou 'n langer aanjaerontbranding moontlik maak. Op Mercury-Atlas 8 is 112 liter brandstof verwyder voor die lansering en dus was 'n verlengde ontbranding nie moontlik nie, maar op hierdie vlug sou daar genoeg dryfmiddel wees om die ontbrandtyd te verleng.
Cooper se besluit om sy kapsule Faith 7 te noem, was gebaseer in sy geloof dat die Atlas-booster en Mercury-kapsule die sending suksesvol sou uitvoer.