Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Moordwalvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Moordwalvis[1]
Verbygaande visse naby Unimakeiland in die Aleoetiese Eilande van Alaska
Grootte in vergelyking met ’n gemiddelde mens
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Infraorde: Cetacea
Familie: Delphinidae
Genus: Orcinus
Spesie:
O. orca
Binomiale naam
Orcinus orca
Verspreiding (in blou)
Sinonieme
  • Orca gladiator

Die moordwalvis (Orcinus orca), ook bekend as die orkawalvis of orka en soms ook as swartvis, is ’n tandwalvis in die dolfynfamilie. Moordwalvisse kom in alle oseane voor, van die ysige Arktiese en Antarktiese streke tot by tropiese seë. Hoewel individuele skole dikwels in spesifieke prooivisse spesialiseer, het moordwalvisse ’n uiteenlopende dieet. Sommige vreet slegs vis terwyl ander seesoogdiere soos seeleeus, robbe, walrusse en selfs groot walvisse jag. Moordwalvisse word beskou as toproofdiere omrede daar niks is wat hulle jag nie.

Moordwalvisse is hoogs sosiale diere; sommige skole is saamgestel uit matriliniêre gesinsgroepe wat die stabielste van enige dierespesie is.[2] Hulle ingewikkelde jagtegnieke en vokale gedrag, wat dikwels eie is aan ’n sekere skool en oor generasies oorgedra word, is beskryf as verskyningsvorme van kultuur.[3]

Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) beskou die orkas se bewaringstatus tans as data-gebrekkig as gevolg van die feit dat twee of meer moordwalvis-tipes afsonderlike spesies kan wees. Sommige skole word as bedreig beskou as gevolg van die uitputting van hul prooi, verlies aan habitat, besoedeling (deur bv. polichloor-bifeniele), gevangenisskap vir see-soogdierparke en botsings met visserye. Laat in 2005 is die "suidelik-woonagtige" skool van moordwalvisse wat in die waters van Brits-Columbië en Washington woonagtig is, op die Verenigde State se lys van bedreigde spesies geplaas.

Wilde moordwalvisse word nie as ’n bedreiging vir mense beskou nie[4] alhoewel daar gevalle opgeteken is waar gevange moordwalvisse hul hanteerders beseer of doodgemaak het.[5] Moordwalvisse kom sterk na vore in die mitologieë van inheemse kulture met hul reputasie wat wissel van genadelose moordenaars tot dat hulle die siele van mense is.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Mead, J.G. & Brownell Jr., R.L. 2005. Order cetacea. (In Wilson, D.E. & Reeder, D.M., eds. Mammal species of the World. 3de uitg. Johns Hopkins Universiteitspers. pp. 723-743.
  2. Ford, Ellis & Balcomb 2000, p. 12.
  3. (en) Rendell, Luke en Hal Whitehead (2001). "Culture in whales and dolphins". Behavioral and Brain Sciences. 24 (2): 309–324. doi:10.1017/S0140525X0100396X. PMID 11530544. Besoek op 7 Maart 2010.
  4. Carwardine 2001, p. 19.
  5. "Footage shows killer whale attack at SeaWorld | Video" (in Engels). Reuters.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op 9 Oktober 2013.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]