Mount Cook
Aoraki / Mount Cook | |
---|---|
Ligging | Suideiland, Nieu-Seeland |
Hoogte | 3 724[1] meter bo seevlak |
Reeks | Nieu-Seelandse Alpe |
Koördinate | 43°35′42″S 170°8′30″O / 43.59500°S 170.14167°O |
Eerste bestyging | 1894 |
Eerste bestyger(s) | Tom Fyfe George Graham Jack Clarke |
Ligging van Mount Cook in Nieu-Seeland |
Mount Cook (Māori: Aoraki) is met 'n hoogte van 3 724 meter die hoogste berg van Nieu-Seeland.[2] Die berg is op die Suideiland in die Nieu-Seelandse Alpe geleë.
Mount Cook is op 13 Desember 1642 deur die Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman ontdek.[3] In 1851 is die berg deur die Britse offisier John Lort Stokes ná die Britse ontdekkingsreisiger James Cook genoem; Cook het die eilande van Nieu-Seeland vir die eerste keer omseil.[4] In 1998 is die amptelike naam na Aoraki / Mount Cook verander om die historiese Māorinaam Aoraki te inkorporeer.[5]
Aoraki is die naam van 'n persoon in die tradisies van die Ngāi Tahu iwi; 'n vroeë benaming vir die Suideiland is Te Waka o Aoraki ("Aoraki se kanoe"). In die verlede het baie geglo dit beteken "wolkdeursteker",[6] 'n romantiese weergawe van die naam se komponente: ao (wêreld, bedags, wolk, ens.) en raki of rangi (dag, hemel, weer, ens.).[7] Histories is die Māorinaam Aorangi gespel en het die die gestandaardiseerde Māorivorm gebruik.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Mount Cook, New Zealand". Peakbagger.com. Besoek op 29 April 2019.
- ↑ "Aoraki/Mt Cook shrinks by 30m". Stuff.co.nz (in Engels). 29 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019.
- ↑ John Wilson (21 Desember 2006). "European discovery of New Zealand – Abel Tasman – Te Ara Encyclopedia of New Zealand" (in Engels). Ministry for Culture and Heritage / Te Manatū Taonga. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019. Besoek op 29 April 2019.
- ↑ James Cook (1728–1779). "Captain Cook's Journal During the First Voyage Round the World" (in Engels). pp. Sondag, 18 Maart 1770. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2020. Besoek op 29 April 2019.
- ↑ Graham, Doug (13 Oktober 1998). "Ngai Tahu Settlement Section 3: Aoraki/Mount Cook" (in Engels). New Zealand Government. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2019. Besoek op 29 April 2019.
- ↑ Te Maire Tau (21 Desember 2006). "Ngāi Tahu – Aoraki – Te Ara: The Encyclopedia of New Zealand" (in Engels). Departement van Kultuur en erfenis / Te Manatū Taonga. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2019. Besoek op 28 April 2019.
- ↑ "Māori Dictionary Online" (in Engels). Maoridictionary.co.nz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 28 April 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mount Cook.
- (en) "Mount Cook". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 April 2019.