Muesli
Muesli is 'n gereg gebaseer op rou hawermout en word gewoonlik vir ontbyt genuttig. Ander bestanddele kan die volgende insluit: ander graansoorte, vars en droë vrugte, sade en neute, melkprodukte of vrugtesap. Die gereg is die eerste keer voorgesit in omtrent 1900 deur dr Maximilian Bircher-Benner. Dit word soms selfs vir middag- of aandete genuttig. Die woord muesli is 'n Switserse variasie van die Duitse woord "müs", wat pap beteken, en die verkleiningsagtervoegsel "li"[1]
Oorsprong
[wysig | wysig bron]Maximilian Bircher-Benner (1867–1939) was 'n dokter en voedingskundige. Hy het in Zurich 'n kliniek bedryf met die naam "Lebendige Kraft". Hy het geglo dat mense rou groete, vrugte en grane moet eet. 'n Tipiese maaltyd by die sanatorium was 'n voorgereg van muesli of vars vrugte, 'n hoofdis van rou groente, 'n klein gekookte vegetariese dis en dan 'n nagereg. Bekendes wat die kliniek besoek het, sluit Hermann Hess, Yehudi Menuhin en Golda Meir in.[2] Muesli is die eerste keer in 1959 in groot maat bemark deur die Switserse maatskappy, Somalon AG. In die 1970s het hulle die produk in 'n geroosterde vorm bemark, op aanvraag van die VSA-mark.[3] In Noord-Amerika word dit gewoonlik Granola genoem.
Oorspronklike resep
[wysig | wysig bron]Die oorspronklike Bircher-Benner resep het uit die volgende bestanddele bestaan:
- Twee of drie klein appels of een groot een. Die hele appel moet gebruik word, insluitend skil en pitte;
- Een eetlepel neute, amandels, okkerneute of haselneut;
- Een eetlepel hawermout, geweek in water vir 12 uur;
- Sap van halwe suurlemoen;
- Een eetlepel room en heuning of versoete kondensmelk.[4]
Hedendaagse Switserse resep
[wysig | wysig bron]- 2 koppies melk;
- 1 koppie gevlokkeerde graankos (hawermout, gort of koring);
- 1 koppie vrugte, soos gerasperde appels of pere, of bessies;
- Gekapte geweekte droë vrugte;
- Lemoensap of suurlemoensap;
- Gekapte neute[5]
Pickle se muesli
[wysig | wysig bron]Vooraf
[wysig | wysig bron]Vooraf moet mens die graanmengsel maak. Dit bestaan uit 5 koppies hawermout, twee koppies hawersemels (oat bran), twee koppies koringkiem (wheat germ), 2 koppies sonneblomsaad en 1 koppie semels (digestive bran). Plaas in ’n houer en stoor in die yskas. Maal ’n mengsel van gekapte amandels, pampoenpitte en lynsaad. Stoor ook in die yskas.
Een Porsie
[wysig | wysig bron]- Skep 125 ml graanmengsel in die bakkie en laat dit week vir ’n uur of twee in 125 ml melk of vrugtesap;
- Voeg vars, droë of gestoofde vrugte by;
- voeg jogurt na smaak by;
- strooi neute oor;
- Bedien.
Bernie Bear se granola
[wysig | wysig bron]4 koppies hawermout
125 ml elk – Onversoete versnipperde klapper Sonneblomsade Sesamsaad Gekapte pekanneut Gekapte okkerneut Gekapte amandel Gekapte pampoenpitte Koringkiem Al hierdie bestanddele kan gewysig of selfs weggelaat word. 125 ml ligte bruin suiker ½ t. Sout 2 t. Fynkaneel
125 ml canola olie 125 ml heuning 1½ t. Vanielje (As al bovermelde droë bestanddele gebruik word, mag dit nodig wees om meer olie en heuning te gebruik. Die droë bestanddele moet net liggies bedek word en nie oordonder word nie.
Meng die droë bestanddele in ʼn groot mengbak.
Verwarm die olie en heuning in ʼn klein pannetjie. Roer die vanielje versigtig in want dit borrel ʼn bietjie.
Giet die vloeistof oor die hawemout-mengsel en roer met ʼn houtlepel. Roer dan met die hand tot alles goed bedek is.
Plaas die mengsel in ʼn braaipan en dan in ʼn oond wat tot 170°C verhit is. Bak vir drie ure en roer die mengsel af en toe.
Koel die mengsel af vir een uur.
Verhit die oond na 240°C en bak die mengsel vir 90 tot 120 minute en roer gereeld.
As jy die mengsel nog donkerder wil hê, moet jy die oond dan opdraai na 280°C en dit vir nog 15 minute bak, terwyl jy gereeld roer.
Stoor in ʼn lugdigte houer.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2016. Besoek op 31 Augustus 2016.
- ↑ http://www.cooksinfo.com/maximilian-oskar-bircher-benner
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2016. Besoek op 31 Augustus 2016.
- ↑ M. Bircher-Benner & Max E. Bircher, Fruit Dishes and Raw Vegetables, Health Research Books, pp. 19-20. ISBN 0-7873-1411-0
- ↑ Jacqueline Martinet, Little Swiss Cookbook, Appletree Press Ltd, Belfast, 1991.