Oefa
Ligging van Oefa in Europa | Wapen |
Vlag | |
Land | Rusland |
Outonome Republiek | Basjkortostan |
Koördinate | 54°45′N 55°58′E / 54.750°N 55.967°O |
Stigting | 1574 |
Stadstatus | 1586 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 710.16 vk km |
Hoogte bo seevlak | 150 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 1 077 719 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 466/vk km |
Tydsone | UTC +5 |
- Somertyd | UTC +6 |
Burgemeester | Oelfat Moestafin |
Amptelike webwerf | www.ufacity.info Geargiveer 18 Maart 2016 op Wayback Machine |
Oefa (Russies: Уфа́; Basjkiries: Өфө, Öfö; Tartaars: Уфа, Ufa) is die hoofstad van Basjkortostan, 'n outonome republiek in die Russiese Federasie, met 'n bevolking van sowat 1,1 miljoen. Oefa, wat in 1574 gestig is, is 1 340 km suidoos van Moskou geleë.
Tweede Wêreldoorlog
[wysig | wysig bron]Strafkamp 319 vir Duitse Gevangenes tydens en na die Tweede Wêreldoorlog was in Oefa geleë.
Administrasie
[wysig | wysig bron]Die administrasie van stad Oefa word in sewe distrikte verdeel (bevolkingsgetalle van 2010):
- Djomski (Дёмский, 55 230)
- Kalininski (Калининский, 195 818)
- Kirowski (Кировский, 130 880)
- Lenin (Ленинский, 76 288)
- Oktyabrsky, (Октябрьский, 229 270)
- Ordschonikidsewski (Орджоникидзевский, 176 877)
- Sowetski (Советский, 166 449)
Etlike landelike nedersettings met 'n inwonertal van 7288 val ook onder die stad se administrasie, sodat die totale bevolking van die stedelike distrik van Oefa 1 038 100 is.
Demografie
[wysig | wysig bron]Bevolkingsamestelling
[wysig | wysig bron]Oefa het in 2013 'n bevolking van 1 077 719 gehad. 54,2% is Russe, 27% Tartare, 11,3% Basjkiriërs, 2.6% Oekraïners, 1,1% Tsjoewasjiërs, 1% Mari en 'n verskeidenheid kleiner minderhede (2002).
Bevolkingsgroei
[wysig | wysig bron]Jaar | Inwoners |
---|---|
1897 | 49 275 |
1939 | 250 011 |
1959 | 546 878 |
1970 | 770 905 |
1979 | 969 289 |
1989 | 1 082 052 |
2002 | 1 042 437 |
2010 | 1 062 319 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]Erich Maschke (Hrsg.): Zur Geschichte der deutschen Kriegsgefangenen des Zweiten Weltkrieges. Gieseking, Bielefeld 1962–1977.
Susterstede
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oefa.