Refusenik
Refusenik[1] (Russies: отказник, otkaznik; van "отказ", otkaz, "weiering") was 'n nieamptelike term vir individue – gewoonlik Jode van die Sowjetunie, maar nie altyd nie – wat toestemming deur die owerhede van die Oosblok geweier is om te emigreer, veral na Israel.[2]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]'n Tipiese rede wat vir die weiering aangegee is, is 'n beweerde verbintenis met Sowjetse staatsgeheime. Sommige mense is daarvan beskuldig dat hulle buitelandse spioene of moontlike oproerstokers is wat Israelse alija en die reg om na dié land terug te keer wou misbruik om straf vir dinge soos hoogverraad te ontduik.
Benewens Jode was daar ook ander kategorieë:
- Lede van ander etniese groepe soos Wolga-Duitsers wat na Duitsland wou emigreer, Armeniërs wat by hulle diaspora wou aansluit en Grieke wat deur Stalin uit die Krim en ander suidelike dele na Siberië gestuur is.
- Lede van die godsdiensgroepe wat vervolg is, soos die Oekraïens-Griekse Katolieke Kerk, protestantse groepe, Mennoniete en Jehovasgetuies.
Die KGB het 'n aansoek om 'n emigrasievisum aangeteken, en toekomstige loopbaangeleenthede, wat byvoorbeeld vir Sowjetse Jode altyd onseker was, is so verder belemmer.[3] Sowjetse andersdenkendes en refuseniks is gewoonlik by hulle werk afgedank en verdere werk in hulle veld geweier. Die gevolg was dat hulle klein werkies moes verrig, soos strate vee, anders het tronkstraf weens "sosiale parasitisme" (werkloosheid) hulle in die gesig gestaar.[4]
Die verbod op die emigrasie van Jode na Israel is in 1971 opgehef, en dit het gelei tot 'n uittog van Jode uit die Sowjetunie in die 1970's. Michail Gorbatsjof se verkiesing tot staatshoof in die 1980's, sy beleide van glasnost en perestroika en 'n behoefte om beter betrekkinge met die Weste aan te knoop, het tot groot veranderings gelei en die meeste refuseniks is toegelaat om te emigreer.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Refusenik" in die Nuwerwetse Politieke Woordeboek. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 14 Augustus 2021.
- ↑ Mark Azbel' en Grace Pierce Forbes. Refusenik, trapped in the Soviet Union. Houghton Mifflin, 1981. ISBN 0-395-30226-9
- ↑ Crump, Thomas (2013). Brezhnev and the Decline of the Soviet Union. Routledge Studies in the History of Russia and Eastern Europe. Routledge. p. 153. ISBN 978-1-134-66922-6.
- ↑ "Злоупотребления законодательством о труде" Geargiveer 2 Mei 2015 op Wayback Machine, a document of the Moscow Helsinki Group.
Nog leesstof
[wysig | wysig bron]- Galina Nizhnikov, Against the Kremlin Wall. A participant's account of the Soviet Jewish women movement of the 1970's and the events surrounding the arrest and imprisonment of Ida Nudel.
- Aba Taratuta, Cheerful Memories/Troubled Years: A Story of a Refusenik’s Family in Leningrad and its Struggle for Immigration to Israel.
- Natan Sharansky, Fear No Evil: The Classic Memoir of One Man's Triumph over a Police State. ISBN 1-891620-02-9.
- Chaim Potok, Gates of November: Chronicles of the Slepak Family. ISBN 0-394-58867-3.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Refusenik.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.