Rietpoort
Voorkoms
Rietpoort | |
---|---|
Koördinate: 30°57′0″S 18°3′0″O / 30.95000°S 18.05000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Matzikama |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,59 km2 (1,00 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 970 |
• Digtheid | 375/km2 (970/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 99.1% |
• Swart mense | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.8% |
• Engels | 1.2% |
• Ander | 2.0% |
Poskode (strate) | 9966 |
Poskode (posbusse) | 9966 |
Skakelkode | 048 |
Rietpoort is 'n klein sendingnedersetting in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die nedersetting lê bykans op die grens met die Noord-Kaap in die Namakwalandstreek. Rietpoort word met 'n gruispad met Bitterfontein, sowat 25 km oos, verbind.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorpie is gestig deur vader Cornelius van't Westeinde wat in 1913 vanaf Nederland hier aangekom het. Die eerste 18 maande het hy in 'n grot gewoon en dienste in die ope lug gehou. Die katedraal is ingewy op 12 Desember 1937.
Omgewing
[wysig | wysig bron]Vandag is die dorpie 'n omvattende sendingstasie van die Rooms-Katolieke Kerk, kompleet met katedraal en hospitaal. Satellietstasies is opgerig by Putsekloof, Molsvlei en Lepelsfontein.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Rietpoort". Sensus 2011.