Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Singapoer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Singapoer
新加坡共和国 (Chinees)
Republic of Singapore (Engels)
Republik Singapura (Maleis)
சிங்கப்பூர் குடியரசு (Tamil)
Vlag van Singapoer Wapen van Singapoer
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Majulah Singapura
(Maleis vir: "Voorwaarts, Singapoer")
Volkslied: Majulah Singapura
(Maleis vir: "Voorwaarts, Singapoer")
Ligging van Singapoer
Hoofstad Singapoer (Downtown Core, Central)

1°17′N 103°50′O / 1.283°N 103.833°O / 1.283; 103.833

Grootste stad Singapoer
Amptelike tale Chinees, Engels, Maleis, Tamil
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Tharman Shanmugaratnam
Lawrence Wong
Onafhanklikheid
Vorming
• Stigting
• Selfregering
• Onafhanklikheid van die
Verenigde Koninkryk
• Samesmelting met Maleisië
• Skeiding van Maleisië
en huidige grondwet


6 Februarie 1819[1]
3 Junie 1959[2]

31 Augustus 1963[3]
16 September 1963[3]

9 Augustus 1965[3]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
719[4] km2  (190ste)
277,6 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2024-skatting
 - Digtheid
 
6 028 459[4] (114de)
8 384,5 / km2 (2de)
21 716,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$794,179 miljard[5] (38ste)
$133 737[5] (3de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$525,228 miljard[5] (32ste)
$88 447[5] (5de)

MOI (2022) 0,949[6] (9de)  –  baie hoog
Gini (2017) 45,9[4](20ste) –  hoog
Geldeenheid Singapoer-dollar (S$) (SGD)
Tydsone
 - Somertyd
SST (UTC+8)
nie toegepas nie (UTC+8)
Internet-TLD .sg, .新加坡, .சிங்கப்பூர்
Skakelkode +65

Singapoer (Chinees: 新加坡, pinyin: Xīnjiāpō; Engels: Singapore, [ˈsɪŋɡəpɔːr], ; Maleis: Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர், Ciṅkappūr), amptelik die Republiek Singapoer (Chinees: 新加坡共和国, pinyin: Xīnjiāpō Gònghéguó; Engels: Republic of Singapore; Maleis: Republik Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர் குடியரசு, Ciṅkappūr Kuṭiyaracu), is die kleinste en digbevolkste land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 719 vierkante kilometer en 'n bevolking van 6 miljoen in 2024.[4] Singapoer is 'n eiland- en stadstaat wat behalwe vir die hoofeiland Singapoer uit 63 kleiner eilande bestaan. Met sy strategiese ligging het Singapoer reeds vir die Britte as 'n belangrike seehawe gedien waarvandaan hulle die Straat van Malakka kon oorheers.

Kaart van Singapoer
Moderne argitektuur in Singapoer se middestad

Toe Singapoer-eiland in 1819 danksy sir Thomas Stamford Raffles onder Britse bewind gekom het, het sy bevolking slegs 150 mense beloop. Nogtans was Singapura (letterlik "Die Leeustad") reeds in die 14de eeu 'n beduidende nedersetting wat as gevolg van die oorloë tussen die koninkryke Majapahit (Java, Indonesië) en Siam (die huidige Thailand) verniel is.

Die moderne Singapoer het volgens 'n plan ontstaan wat deur sir Thomas Stamford Raffles persoonlik ontwerp is. Die stad het tot by die jaar 1959 'n Britse besitting gebly en daarna volgens 'n ooreenkoms 'n selfregerende stad gevorm. Singapoer het in 1963 by die Federasie Maleisië aangesluit, maar etniese en ander geskille het tot die afskeiding van Maleisië gelei, sodat Singapoer in 1965 'n onafhanklike republiek geword het.

Die stad word vandag as een van die merkwaardigste ekonomiese en industriële suksesse beskou.[7] Singapoer se ekonomie, wat naas die nywerheidsektor op sy seehawe en vryehandel steun, was steeds op die wêreldmark gemik. Dit is 'n moderne stad met wolkekrabbers in sy sentrum en die digbevolkste land in Suidoos-Asië, wat met sy besige seehawe tot die logistieke en handelsentrum van die streek ontwikkel het.

Die fenomenale ekonomiese groei van Singapoer was steeds aan die outoritêre bewind van die Volksaksieparty (People's Action Party, PAP) gekoppel wat volgens sy beleid van 'n sosialistiese markekonomie 'n moderne welvaartstaat geskep het, maar het as gevolg van Singapoer se verkiesingswette die parlement al dekades lank oorheers en ook in die verkiesing van 6 Mei 2006 weer 'n oorweldigende meerderheid van 82 setels in die parlement behaal, teenoor slegs een setel elk vir die twee opposisiepartye Workers' Party en Singapore Democratic Alliance.[8]

Singapoer se strafwette, waarvolgens die doodstraf onder meer vir die onwettige besit van bepaalde hoeveelhede dwelmmiddels outomaties opgelê word, word veral deur Westerse regerings en organisasies gekritiseer. In verhouding tot sy bevolking is in Singapoer sedert 1991 die hoogste aantal teregstellings aangeteken.[9]

Die inwoners van Singapoer is 'n mengelmoes van verskillende etniese groepe, alhoewel etniese Han-Chinese meer as driekwart van die totale bevolking verteenwoordig. Ander belangrike groepe sluit Maleiers, Indiërs, Pakistani's en Sri Lankane in. Meer as dertig persent van die bevolking is Boeddhiste, terwyl Christene 19 persent, Moslems en 15 persent, Taoïste sowat nege en Hindoes vyf persent van die bevolking verteenwoordig.[4]

Singapoer is naas die Republiek China op Taiwan een van twee gebiede buite die Chinese stamland wat in politieke opsig deur Han-Chinese oorheers word.[10]

Etimologie

[wysig | wysig bron]
Die Cantino-wêreldkaart uit 1502 wys Singapoer aan die uithoek van die Maleise Skiereiland, geskryf as Bargimgaparaa. Die Portugese het nog nie die Maleise Skiereiland bereik nie, dus is die uitbeelding daarvan onakkuraat.
'n Portugese kaart van Singapura deur Manuel Godinho de Erédia in 1604

Die Afrikaanse naam "Singapoer" is afgelei van die inheemse Maleise landsnaam Singapura ([siŋapura]) wat op sy beurt ontleen is van die Sanskrit-woord vir "leeustad" (सिंहपुर; Siṃhapura; Brahmi: 𑀲𑀺𑀁𑀳𑀧𑀼𑀭; letterlik "leeustad"; siṃha beteken "leeu" en pura beteken "stad"' of "vesting").[11] Pulau Ujong was een van die vroegste verwysings na Singapoer-eiland in 'n 3de-eeuse berig wat na 'n plek verwys met die naam Pú Luó Zhōng (Chinees: 蒲 羅 中), 'n transkripsie van die Maleise naam vir "eiland by die uithoek van die skiereiland".[12] Vroeë verwysings na die naam Temasek (of Tumasik) stam uit Nagarakretagama, 'n Javanese lofprysing uit 1365 en 'n Viëtnamese bron uit dieselfde tydperk. Dié naam beteken moontlik "seestad", afgelei van die Maleise tasek wat "meer" of "see" beteken.[13] Die Chinese reisiger Wang Dayuan het rondom 1330 'n plek genoem Danmaxi (Chinees: 淡馬錫; pinyin: Dànmǎxí; Wade-Giles: Tan Ma Hs) of Tam ma siak, afhangende van die uitspraak; dit is moontlik 'n transkripsie van Temasek, andersins kan dit ook 'n saamstelling wees van die Maleise Tanah vir "land" en die Chinese xi vir "tin" , wat op die eiland verhandel is.[13][14]

Voor die stigting van die Koninkryk Singapura is naamvariante van Siṃhapura gebruik vir 'n aantal stede in die streek. In die Hindoe-Boeddhistiese kultuur is leeus geassosieer met krag en beskerming, wat die aantrekkingskrag van so 'n naam kan verklaar.[15][16] Die naam Singapura het ná die stigting van die Koninkryk Singapura op die eiland deur 'n gevlugte Soematraanse Raja (prins) uit Palembang iewers voor die 15de eeu die naam Temasek verdring. Die presiese tyd en rede vir dié naamverandering is egter onduidelik. Die halfhistoriese "Maleisiese annale" noem dat Temasek deur Sang Nila Utama, 'n 13de-eeuse Soematraanse Raja van Palembang, Singapura gedoop is. Dié annale sê dat Sang Nila Utama 'n vreemde dier op die eiland teëgekom het wat hy as 'n leeu beskou het. Omdat hy dit as 'n voorteken gesien het, het hy die dorp Singapura gestig op die plek waar hy die dier teëgekom het.[17][18] Volgens die tweede hipotese, soos siteer in Portugese bronne, is hierdie mitiese verhaal gebaseer op die werklike lewe van Parameswara uit Palembang. Parameswara het onafhanklikheid van Majapahit verklaar en 'n Leeutroon bestyg. Nadat hy toe deur die Javane in ballingskap gedwing is, het hy beheer geneem oor Temasek. Hy het moontlik die gebied, in herinnering aan die troon waarvandaan hy verdryf is, herdoop in Singapura.[19]

Tydens die Japannese besetting is Singapoer hernoem in Syonan-to (Japannees: 昭 南, Hepburn: Shōnan) wat "lig van die suide" beteken.[20][21] Vir Singapoer word soms die bynaam Garden City ("Tuinstad") gebruik met verwysing na sy parke en boomryke strate.[22] 'n Ander informele naam is Little Red Dot ("klein rooi kolletjie"), wat ingeburger het ná 'n artikel in die The Wall Street Journal Asia op 4 August 1998 waarvolgens die Indonesiese president B. J. Habibie Singapoer 'n rooi kolletjie op 'n kaart genoem het.[23][24][25][26]

Geografie

[wysig | wysig bron]
Changi Beach Park, een van Singapoer se natuurgebiede
Die Singapoer Botanic Gardens is die enigste tropiese tuin wat deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is.[27]

Singapoer lê 137 kilometer noord van die ewenaar aan die suidpunt van die Maleise Skiereiland. Die Seestraat van Johor, wat deur die sogenaamde Causeway-brug met 'n lengte van 1,1 kilometer oorspan word, vorm die noordelike grens met Maleisië, terwyl die stadstaat in die suide deur die Seestraat van Singapoer van die buurland Indonesië geskei word.

Die hoofeiland Singapoer strek oor 'n afstand van 42 kilometer in 'n wes-oostelike rigting en slegs 23 kilometer in 'n noord-suidelike rigting. Die kuslyn het 'n totale lengte van 140 kilometer. Van die 63 kleiner eilande is net twintig permanent bewoon. Hier het Singapoer se olieraffinaderye ook petrochemiese aanlegte opgerig.

Vanweë die relatief klein landoppervlakte is sowat 55 persent van die stadsgebied bebou met woonstelblokke en huise, fabrieke, paaie en ander fasiliteite. Die natuurgebiede, wat 45 persent van die oppervlakte beslaan, bestaan hoofsaaklik uit moerasgebiede, bosreservate, parke en natuurbewaringsgebiede. Slegs drie persent hiervan word vir landboudoeleindes gebruik. Die verbouing van rubberbome (Hevea brasiliensis, of Para-rubberboom, 'n spesies wat inheems aan Brasilië is en in die 19de eeu in Suidoos-Asië ingevoer is) was vroeër die ekonomiese basis van Singapoer, maar speel vandag geen noemenswaardige rol meer nie. Moderne agrobedrywe voorsien tans in Singapoer se behoefte aan vars landbouprodukte.

Singapoer se belangrikste landskapsvorme is klein heuwels (die hoogste hiervan, die Bukit Timah, bereik 'n hoogte van 164 meter bo seevlak) en valleie wat in die weste en suidweste diep ingekeepte ravyne vorm. Die kusgebiede bestaan hoofsaaklik uit vlaktes en plato's, met enkele steil rotswande op sommige plekke.

Oorspronklik was net die suide van Singapoer-eiland langs die oewers van die Singapoerrivier bewoon, terwyl die res van die land uit tropiese reënwoud bestaan het of vir landboudoeleindes gebruik is. Gedurende die 1960's het nuwe stadsbuurte veral as satellietstede met woonstelblokke buite die oorspronklike stadsgebied ontstaan.

Grootskaalse landwinning en die bou van damme het Singapoer se oorspronklike landskap drasties verander en talle nuwe stadsbuurte het in voormalige baaie ontstaan. Die grootste riviere van Singapoer is die Sungei Seletar en die Singapoerrivier wat met sy oewers en kaaie soos Boat Quay 'n gewilde bestemming vir inheemse en buitelandse besoekers geword het. Talle kleiner rivierlope is verskuif en vloei tans in die ondergrond. Hulle is dikwels van betonpype voorsien om stormwaterdreinering te vergemaklik.

Die drooglegging van die voormalige moeraseiland en sy ontwikkeling tot 'n gevorderde nywerheidsland is een van baie merkwaardige prestasies van die plaaslike bevolking.

Klimaat

[wysig | wysig bron]
Middag-donderstorms is 'n gereelde verskynsel in Singapoer, wat oor 'n tropiese reënwoudklimaat beskik

Singapoer het 'n tropiese reënwoudklimaat met hoë daaglikse temperature tussen 30 en 34 °C wat snags tot tussen 23 en 27 °C afkoel. Reënvalle kom veral snags en vroeg soggens voor. Singapoer se tipiese swaar reënvalle gaan gewoonlik nie met 'n afkoeling van die lug gepaard nie, maar in die vogtige ekwatoriale klimaat met sy intensiewe sonstraling ervaar veral besoekers uit gematigde klimaatsones soos Noord-Amerika en Europa bewolking as 'n aangename afwisseling.

Die meeste reënvalle word tussen November en Januarie aangeteken, alhoewel die verskil teenoor die "droër" maande relatief klein is en swaar reën gewoonlik dwarsdeur die jaar voorkom. Die gemiddelde watertemperature is sowat 25 °C.

Weergegewens vir Singapoer
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Hoogste maksimum (°C) 34,3 35,2 36,0 35,8 35,4 35,0 34,0 34,2 34,3 34,6 34,2 33,8 36,0
Gemiddelde maksimum (°C) 30,1 31,2 31,6 31,7 31,6 31,3 30,9 30,9 30,9 31,1 30,6 30,0 31,0
Gemiddelde temperatuur (°C) 26,0 26,5 27,0 27,4 27,7 27,7 27,4 27,3 27,2 27,0 26,5 26,0 26,98
Gemiddelde minimum (°C) 23,3 23,6 23,9 24,4 24,8 24,8 24,6 24,5 24,2 24,1 23,7 23,5 24,1
Laagste minimum (°C) 19,4 19,7 20,2 20,7 21,2 20,8 19,7 20,2 20,7 20,6 21,1 20,6 19,4
Neerslag (mm) 243,2 159,9 185,7 178,9 171,3 162,1 158,7 175,4 169,2 193,8 256,9 287,4 2,342,5
Sonskynure (u/d) 172,4 183,2 192,7 173,6 179,8 177,7 187,9 180,6 156,2 155,2 129,6 133,5 168,5
Reëndae (d) 15 11 14 15 15 13 13 14 14 16 16 19 175
Humiditeit (%) 84,7 82,8 83,8 84,8 84,4 83,0 82,8 83,0 83,4 84,1 86,4 86,9 84,2
Bron: National Environment Agency (temp. 1929–1941 en 1948–2011, reënval 1869–2011, humiditeit 1929–1941 en 1948–2011, reëndae 1891–2011)[28] NOAA (net son, 1961–1990)[29]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Standbeeld van Thomas Stamford Raffles deur Thomas Woolner op die (vermeende) landingsplek

Die naam Singapoer is afgelei uit Sanskrit en bestaan uit Singha (सिंह, siṃha, "leeu“) en Pura (पुर, pura, "stad") wat "leeustad" beteken.

Volgens 'n legende het Sang Nila Utama, 'n prins uit Palembang, die hoofstad van die destydse Srivijaya-ryk, in 1299 Singapoer bereik en die Koninkryk Singapura gestig. Ná sy aankoms het die prins in die digte reënwoud glo 'n leeu gesien – waarskynlik was dit egter 'n Maleise tier, aangesien daar in die streek geen leeus was nie. Beïndruk van hierdie ontmoeting het hy dit as 'n goeie voorbode geïnterpreteer, besluit om die plek "leeustad" te noem en 'n nedersetting te stig. Singapoer se gelukbringer is sedert 1964 die Merlion, 'n mitologiese wesen met 'n leeukop en 'n vislyf.

Handelsplek

[wysig | wysig bron]

Die oudste verwysing na Singapoer dateer uit 3de-eeuse Chinese tekste. Die eiland was 'n buitepos van die Srivijaya-ryk op die eiland Soematra. Oorspronklik het Singapoer die Javaanse naam Temasek gehad. Nadat Temasek eers 'n beduidende handelsplek geword het, was dit later sy belangrikheid kwyt. Behalwe vir enkele argeologiese vondse het min uit dié tyd bewaar gebly.

Op 28 Januarie 1819 het Thomas Stamford Raffles, 'n handelsagent van die Britse Oos-Indiese Kompanjie, Singapoer bereik en op 6 Februar dieselfde jaar 'n Britse nedersetting gestig. Dié datum word as die geboorte van die moderne Singapoer beskou. Voorheen was die eiland slegs deur sowat 1000 Orang Laut bevolk wat as seenomade geleef het.[30] Tot in 1824 het die Kompanjie beslag geleë op die hele eiland wat hulle by die sultaan van Johor vir 60 000 Amerikaanse dollar en 'n jaarlikse pensioen van 24 000 Amerikaanse dollar gekoop het.

Britse Kroonkolonie

[wysig | wysig bron]
Vlag van die Britse Kroonkolonie Singapoer (1946–1962)

In 1826 het Singapoer deel geword van die Straits Settlements en in 1836 hul hoofstad. Op 1 April 1867 het die Straits Settlements deur nog gebiedsuitbreidings 'n Britse Kroonkolonie geword – waaronder ook Singapoer. Singapoer se belangrikheid as 'n houerhawe weens sy geografiese ligging langs die besige skeepsroetes tussen China en Europa het spoedig gegroei. In 1881 het Singapoer 'n bevolking van 172 993 gehad. Die destydse gesig van die stad en sy mense is op talle fotos deur Gustav Richard Lambert afgeneem.

'n Kaart van Singapoer aan die einde van die 19de eeu

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Japannese troepe Maleisië binnegeval en die eiland omsingel. Die ontoereikend voorbereide Britse, Australiese en Indiese soldate onder Arthur Percival kon ondanks hul numeriese oormag die stad nie verdedig nie. Hulle is deur die Keiserlike Japannese Weermag in die Slag om Singapoer verslaan en het in Februarie 1942 oorgegee. Vervolgens het die Japannese Singapoer hernoem in Shōnan-tō (昭南島), kort vir Shōwa no jidai ni eta minami no shima (昭和の時代に得た南の島), "eiland in die suide wat in die Showa-tydperk gewen is" en het dit tot die Japannese oorgawe in September 1945 gehou.

In 1945 het Singapoer weer onder Britse bewind gekom. Op 18 Julie 1947 het vroue die aktiewe en passiewe stemreg ontvang en kon hulle tydens die verkiesing vir die Wetgewende Raad 1948 vir die eerste keer stem.[31]

In 1959 het Singapoer 'n selfregerende Kroonkolonie geword, wie se regering na die 1959-verkiesings deur die Volksaksieparty (PAP) onder die eerste eerste minister Lee Kuan Yew aangevoer is.

Onafhanklikheid

[wysig | wysig bron]

Ná 'n landswye stemming in 1962 het Singapoer saam met Malaya, Sabah en Sarawak 'n federasie gestig en daarmee op 1 September 1963 van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. In herfs 1964 het massiewe onluste tussen Chinese en nie-Chinese burgers uitgebreek. Ernstige ideologiese konflikte tussen die Singapoerse regering onder die PAP en die federale regering in Kuala Lumpur, asook vrese aan die Maleise kant, dat die onluste ook oor die stadsgrense versprei, het op 7 Augustus 1965 Singapoer se uitsluiting uit die Federasie tot gevolg gehad. Twee dae later, op 9 Augustus 1965, het Maleisië as eerste land Singapoer se onafhanklikheid erken. Sedertdien is 9 Augustus Singapoer se nasionale dag. Met die onafhanklikheid 1965 is die aktiewe en passiewe vrouestemreg bekragtig.[31][32]

Die jong en territoriaal ingeperkte land moes vir hul ekonomiese onafhanklikheid veg en het met probleme soos massawerkloosheid, 'n tekort aan behuising, landbougrond en grondstowwe soos ruolie te kampe gehad. Lee Kuan Yew het gedurende sy termyn as eerste minister van 1959 tot 1990 suksesvol die massawerkloosheid verminder, die lewenstandaard het verbeter en Singapoer se ekonomie gegroei. Dié ekonomiese opswaai het van Singapoer een van die vier sogenoemde Vier Asiatiese Tiere gemaak, saam met Hongkong, die Republiek China en Suid-Korea.[33]

Op 26 November 1990 het Goh Chok Tong die nuwe eerste minister geword. Tydens sy bewind het die land nuwe probleme in die gesig gestaar: In 1997 was daar 'n ekonomiese ineenstorting tydens die Asiatiese Krisis. In 2003 het die aansteeklike siekte Ears die ekonomiese ontwikkeling gekniehalter; daarbenewens was daar die terreurbedreiging deur die Jemaah Islamiyah (JI). Op 12 Augustus 2004 is Lee Hsien Loong, Lee Kuan Yew se oudste seun, deur die steeds deur die PAP oorheersde parlement tot derde eerste minister van Singapoer verkies. Sedert 15 Mei 2024 dien Lawrence Wong as Singapoerse eerste minister.

Politiek

[wysig | wysig bron]
Die Istana is sowel die ampswoning en kantoor van die president as die werkkantoor van die eerste minister
Die Hooggeregshof (links) en die Parlementsgebou (regs), waar die Singapoerse parlement vergader

Singapoer is 'n parlementêre republiek gebaseer op die Westminster-stelsel. Die Grondwet van Singapoer is die land se hoogste wet en bepaal die struktuur en verantwoordelikheid van die regering. Die president is die staatshoof.[34][35] Die Singapoerse regering bestaan uit drie takke: die uitvoerende, die wetgewende en die regsprekende gesag.

Die president word regstreeks deur die volk verkies vir 'n termyn van ses jaar met een moontlike herverkiesing. Die eerste minister word deur die president benoem en hy kies gewoonlik 'n parlementslid wat volgens sy mening die meeste ondersteuning in die parlement geniet. Vervolgens is die eerste minister meestal die partyleier van die party met die meeste parlementslede. Parlementslede word elke vyf jaar verkies (of vroeër as die parlement ontbind word).

Die Volksaksieparty (People's Action Party, PAP) neem 'n dominante plek in die Singapoerse politiek in en het 'n groot meerderheid in elke verkiesing sedert selfregering in 1959 gewen. Die PAP, wat homself beskryf as pragmaties, het 'n sinkretiese ideologie wat vryemarkbeginsels, burgerlike nasionalisme en welvaart kombineer.[36][37][38] Ondanks beperkings op burgerlike vryhede geniet Singapoer onder die PAP 'n konstante ekonomiese groei en politieke stabiliteit.[39] Die grootste opposisieparty is die gematig-linkse Arbeidersparty met agt parlementslede.

Singapoer is bekend vir sy streng wette en konserwatiewe standpunte oor misdaad; beide lyfstraf (met 'n kierie) en doodstraf (aan die galg) is behou as wettige strawwe.[40] Dit is slegs een van vier ontwikkelde lande wat die doodstraf oplê, die ander is Japan, die Republiek China en die Verenigde State.

Singapoer se buitelandse beleid fokus veral op sekerheid in Suidoos-Asië en omliggende gebiede. 'n Onderliggende beginsel is politieke en ekonomiese stabiliteit in die streek.[41] Dit het diplomatieke betrekkinge met meer as 180 soewereine state.[42]

Singapoer was een van ASEAN se vyf stigtingslede[43] en is 'n sterk voorstander van die ASEAN-vryhandelsgebied en die ASEAN-beleggingsgebied; dit is ook die setel van die APEC-sekretariaat.[44] Oor die algemeen is die bilaterale betrekkinge met ander ASEAN-lede sterk; hoewel daar ook meningsverskille ontstaan het[45] en die diplomatieke betrekkinge met die buurlande Indonesië en Maleisië soms gespanne is.[46] Seerowery in die Straat van Malakka is rede tot kommer vir al drie regerings.[47] Noue ekonomiese bande bestaan met Broenei en die twee lande se geldeenhede is aan mekaar gekoppel en deur 'n geldeenheiduitruilbaarheidsooreenkoms tussen die twee lande is beide die Broenei-dollar en die Singapoer-dollar wettige geldeenhede in albei lande.[48][49]

Ekonomie

[wysig | wysig bron]

Ekonomiese beleid

[wysig | wysig bron]
Stadshorison van Singapoer se sakekern

Singapoer beskik oor 'n hoogs geïndustrialiseerde, grotendeels gedereguleerde vryemarkekonomie wat op die wêreldmark fokus en vry van korrupsie is. Die stadstaat strewe met sy ekonomiese beleid, wat onder meer tweesydige vryhandelsooreenkomste, die streeks- en wêreldwye integrasie van plaaslike ondernemings en belastingvoordele vir buitelandse maatskappye en vaklui insluit, na die voortgesette globalisering van sy ekonomie.

Singapoer se regering beywer hom in internasionale organisasies soos die Wêreldhandelsorganisasie (WHO), ASEAN, APEC en ASEM vir ekonomiese liberalisering en ope markte vir goedere en dienste. Die land pleit vir multilateralisme volgens bepaalde reëls en die vorming van ope streeksgebonde handelsblokke. Singapoer is gevolglik een van die dryfkragte agter die ASEAN se vryhandelsone (Afta).

Tweesydige vryhandelsooreenkomste (Engels: free trade agreements, FTA) word as 'n instrument beskou wat die multilaterale ekonomiese beleid aanvul en sy toepassing bespoedig. FTAs is al met Nieu-Seeland, Japan, die Europese Vryhandelsvereniging (EFTA), Australië, die Verenigde State, Jordanië, Indië, Suid-Korea en Panama onderteken. Onderhandelinge vind tans met onder meer Kanada, Meksiko, Egipte en sedert die middel van 2007 met die Europese Unie plaas.

Ekonomiese sektore

[wysig | wysig bron]
Downtown Core, Singapoer se sakekern

Die beduidendste ekonomiese bedrywe is die elektroniese en petroleumnywerhede, masjienbou en toerusting (veral boortoerusting vir die ruolie-ontginning), skeepsherstelwerk, biotegnologie en farmaseutiese nywerhede.

Die nywerheidsektor word veral deur multinasionale maatskappye asook 'n aantal groot inheemse ondernemings oorheers. Die laasgenoemde ondernemings het nou bande met die plaaslike regering en word derhalwe ook government-linked companies (GLC) genoem. Die GLCs is veral by die energiebedryf, telekommunikasie, mediabedryf, vervoer en 'n aantal nywerheidsektore soos byvoorbeeld inligtingstegnologie, skeepsbou en die wapenbedryf betrokke.

Singapoer fungeer as Suidoos-Asië se vernaamste sentrum vir logistiek, vervoer en finansies. Die land beplan ook om 'n leidende regionale rol ten opsigte van onderwys, die mediabedryf, gesondheid, regsbeskerming van outeursregte en internasionale arbitrasie te speel.[50] Singapoer wil graag ook as 'n internasionale leier op die gebied van uitgesoekte spitstegnologieë soos halfgeleiers, inligtingstegnolgie, bio- en geentegnologie fungeer en bestee derhalwe groot bedrae aan onderwys, navorsing en tegnologie.

Ekonomiese situasie

[wysig | wysig bron]
Singapoer se sakedistrik in 2010

Vanweë sy uitvoergerigte bedrywe is Singapoer se ekonomie afhanklik van die konjunktuursiklusse van die wêreldekonomie, maar veral dié van die Verenigde State, die Volksrepubliek China en Europa. Die plaaslike ekonomie het ná die SARS-krisis van die jaar 2003 danksy hoër uitvoere weer herstel en sterk gegroei. Die Volksrepubliek China se vinnige ekonomiese groei is tans die grootste uitdaging vir Singapoer se ekonomie en vereis 'n ekonomiese beleid wat op herstrukturering en die versekering van internasionale mededingendheid gemik is.

Groeikoers van die bruto geografiese produk (BGP)

2004 2005 2006 2007 2010 2011 2012
+8,4 % +6,4 % +7,9 % +7,7 % +14,5 % +4,9 % +1,3 %

Vervoer

[wysig | wysig bron]

Singapoer beskik oor 'n moltreinstelsel met die amptelike benaming Mass Rapid Transit wat bestaan uit vier metrolyne en drie ligte treinlyne. Die internasionale hooflughawe staan bekend as die Singapoer Changi Lughawe en die nasionale lugredery is Singapore Airlines. Scoot is 'n langafstand-laekostelugredery in besit van Singapore Airlines en Tigerair was 'n ander laekostelugredery wat in 2017 sy bedrywighede gestaak het.

Buitelandse handel

[wysig | wysig bron]
Kersfeesversierings in Orchard-straat. Danksy doeanevrye invoere lok Singapoer se winkelsentrums talle buitelandse toeriste

Die hoofsaaklike in- en uitvoere is masjiene en toerusting soos elektroniese komponente, ruolieprodukte en chemikalieë. Vanweë sy gunstige geografiese ligging en sy eersterangse hawegeriewe het Singapoer naas Hongkong tot die wêreld se beduidendste houerhawe ontwikkel.

Singapoer se buitelandse handel het in 2007 sowat 411 miljard € (4 870 miljard ZAR) beloop, terwyl sy amptelike buitelandse valutareserwes teen die einde van 2007 tot sowat 114 miljard € (1 351 miljard ZAR) gestyg het.[51] Die vernaamste handelsvennote is die Volksrepubliek China (inklusiewe Hongkong), Maleisië en die VSA.[4]

Sowat 96 persent van alle invoere in Singapoer is doeanevry (met uitsondering van motors, petrol en sigarette), terwyl invoertariewe met gemiddeld minder as een persent in vergelyking met ander lande uiters laag is. Invoerlisensies word slegs vir 'n beperkte aantal goedere benodig.

Singapoer se hoofsaaklike invoere uit Suid-Afrika sluit organiese chemikalieë, ruolie en ruolieprodukte, yster en staal, nie-ystermetale, metaalprodukte, groente en vrugte, anorganiese chemikalieë, metaalertse en skrootmetaal en papierprodukte in. Singapoer se uitvoere na Suid-Afrika bestaan hoofsaaklik uit telekommunikasietoerusting, masjiene, kantoormasjiene en rekenaars, verwerkte goedere, plastiek, onverwerkte rubber, tekstiele, koffie en speserye.[52]

Handelsvennote

[wysig | wysig bron]

Singapoer se hoofuitvoervennote is Hongkong 14%, die Volksrepubliek China 13%, Maleisië 9%, die Verenigde State 8% en Indonesië 6% (in 2022). Singapoer se hoofuitvoere is geïntegreerde stroombane, geraffineerde petroleum, masjinerie, goud en gasturbines. Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun Singapoer op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. Die land se hoofinvoervennote is die Volksrepubliek China 17%, Maleisië 13%, die VSA 10%, die Republiek China 9% en Suid-Korea 5% (ook in 2022). Singapoer se hoofinvoere is geïntegreerde stroombane, geraffineerde petroleum, ruolie, goud en masjinerie en ander grondstowwe vir sy industrieë. Singapoer se algehele grootste handelsvennote is Maleisië, die Volksrepubliek China en die Verenigde State.[4]

Demografie

[wysig | wysig bron]

Etniese groepe

[wysig | wysig bron]
'n Chinese (Oos-Asiaties), 'n Maleise (Suidoos-Asiaties) en 'n Indiese (Suid-Asiaties) vrou in Singapoer, ca. 1890. Om harmonie tussen die drie groepe te bevorder, word 'n unieke Groepeharmoniedag jaarliks op 21 Julie gevier.

In Singapoer se ontwikkeling het migrasie 'n sleutelrol ingeneem. Toe Singapoer se ekonomie gedurende die 19de eeu gegroei het, het baie Chinese, Indiese en Maleise arbeidsimmigrante hulle gevestig. Die grootste deel van die land se tussenoorlogse bevolkingsgroei was te danke aan immigrasie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is migrasie vanweë die Japannese besetting gekniehalter. In die 1950's en 1960's was die beleid beperkend in 'n poging om werksgeleenthede vir inwoners te reserveer deur die inname van laaggeskoolde buitelandse werkers te verminder en eerder daarop te fokus om professionele en gespesialiseerde buitelanders persone te lok. Gevolglik het die buitelandse aandeel aan Singapoer se bevolking tot minder as 3% gedaal.[4]

Toe die land geïndustrialiseer het, is egter beperkings op die immigrasie van handwerkers gelig. Van die 1980's tot die 2000's het die buitelandse bevolking as gevolg van beleide wat daarop gemik was om buitelandse werkers van al die vaardigheidsvlakke te lok aanhou groei. Onlangs het die regering immigrasiebeleide ingestel wat op hoogs geskoolde werkers fokus. Geskoolde werkers word aangemoedig om te bly en hulle het die geleentheid om hulle as permanente inwoners of burgers te vestig. Die land plaas egter beperkings op on- en laer geskoolde werkers om te verseker dat hulle hulself nie vestig nie, onder andere word hulle verbied om hul gesinne saam te bring en van hulle werkgewers word vereis om 'n maandelikse buitelandse werkersheffing en sekuriteitsverband te betaal. Die land het ook al hoe meer aantreklik geword vir internasionale studente. Die buitelandse bevolking groei steeds vinnig; in 2015 was die buitelandse bevolkingsaandeel 46%. Terselfdertyd emigreer 'n groeiende aantal Singapoerese vir onderwys en werkservaring in hoogs geskoolde sektore soos finansies, inligtingstegnologie en medisyne. Die verskuiwings na die buiteland neem permanent toe.[4]

Volgens 'n 2021-skatting is die grootste etniese groep Chinese (74,2%), gevolg deur Maleiers (13,7%), Indiërs (8,9%) en ander 3,2%). Die data is gebaseer op selfidentifikasie. Die bevolking word ingedeel is vier kategorieë: Chinese, Maleiers (waaronder inheemse Maleiers en Indonesiërs), Indiërs (waaronder Indiërs, Pakistani's, Bangladesji's of Sri Lankane) en ander etniese groepe (waaronder Eurasiërs, Kaukasiërs, Japannese, Filipino's en Viëtnamese.[4]

Godsdienste

[wysig | wysig bron]

Volgens 'n 2014-ontleding deur die Pew Research Center is Singapoer die wêreld se mees godsdienstig diverse nasie en geen enkele godsdiens het 'n meerderheid nie. Volgens die 2020-sensus is Boeddhisme die godsdiens wat die meeste beoefen word (31,1%), gevolg deur die Christendom (18,9%), Islam (15,6%), Taoïsme (8,8%), Hindoeïsme (5%), ander godsdienste (0,6%) en ongebondes (20%).[4]

'n Konstruksiegevaarteken in Singapoer se vier ampstale Engels, Chinees (Mandaryns), Maleis en Tamil

Singapoer het vier amptelike tale: Chinees, Engels, Maleis en Tamil.[53] Volgens die 2020-sensus is die mees gebruikte tale ook die vier ampstale: Engels (48,3%), Mandaryns (29,9%), Maleis (9,2%), Tamil (2,5%) en ander (1,4%). Daarbenewens word ander Chinese dialekte gebesig (waaronder Hokkien, Kantonees, Teochew, Hakka; 8,7%).[4]

Engels is die lingua franca en die hooftaal in die ekonomie, regering, wetgewing en onderwys. Die Singapoerse Grondwet en al die regeringswetgewing is geskryf in Engels, en tolke word vereis indien 'n ander taal as Engels in die Singapoerse howe gebruik word. Die owerhede se werkstaal is Engels, terwyl enige amptelike dokument in 'n nie-Engelse ampstaal soos Maleis, Mandaryns of Tamil gewoonlik in Engels vertaal word om vir gebruik aanvaar te word.

Maleis is na onafhanklikwording van die Verenigde Koninkryk in die 1960's deur die Singapoerse regering as nasionale taal aangewys om wrywing met Singapoer se Maleis-sprekende buurlande Indonesië en Maleisië te voorkom.[54] Dit vervul 'n meer simboliese as 'n funksionele doel. Dit word gebruik in die volkslied Majulah Singapura, in aanhalings van Singapoerse ordes, dekorasies en medaljes en in militêre bevele. Singapoerse Maleis word amptelik in die Latynsgebaseerde Rumi-skrif geskryf, hoewel sommige Singapoerse Maleiers ook die Arabies-gebaseerde Jawi-skrif aanleer. Jawi word as 'n etniese skrif vir Singaporese identiteitskaarte gebruik.

Singapoerese is meestal tweetalig, gewoonlik met Engels as hul algemene taal en hul moedertaal as 'n tweede taal wat in skole onderrig word om elke individu se etniese identiteit en waardes te behou. Volgens die 2020-sensus is Engels die belangrikste huistaal, gebruik deur 48,3% van die bevolking, gevolg deur Mandaryns met 29,9%. Byna 'n halfmiljoen praat ander voorvaderlike suidelike variëteite van Chinees, veral Hokkien, Teochew en Kantonees as hul moedertaal, hoewel die gebruik daarvan afneem ten gunste van Mandaryns of Engels. Singapoerse Chinese karakters word in Vereenvoudigde Chinese karakters geskryf.

Kuns en kultuur

[wysig | wysig bron]
Die Sri Mariamman-tempel is Singapoer se oudste Hindoetempel en is in 1827 gebou

Ondanks sy klein oppervlakte het Singapoer 'n groot diversiteit aan tale, godsdienste en kulture.[55] Die voormalige eerste ministers van Singapoer, Lee Kuan Yew en Goh Chok Tong, het verduidelik dat Singapoer nie by die tradisionele beskrywing van 'n nasie pas nie en dit as 'n samelewing in oorgang beskryf en na die feit verwys dat nie almal dieselfde taal praat nie, dieselfde godsdiens beoefen nie en nie dieselfde gedrag deel nie.[55][56] Singapoerese wat Engels as hul moedertaal praat oriënteer hulle meer aan die Westerse kultuur (gepaard met die Christendom of Sekularisme),[57] terwyl diegene met Chinees as hul moedertaal meestal oriënteer aan die Chinese kultuur wat verband hou met die Chinese volksgeloof, Boeddhisme, Taoïsme en Konfusianisme. Maleis-sprekende Singapoerese oriënteer hulle meestal aan die Maleise kultuur wat self nou verwant is aan die Islamitiese kultuur.[58][59] Tamil-sprekende Singapoerese oriënteer hulle meestal aan die Tamil-kultuur wat verband hou met die Hindoe-kultuur. Groeps- en godsdiensharmonie word beskou as 'n deurslaggewende deel van Singapoer se sukses en het 'n rol gespeel in die bou van 'n Singapoerse identiteit.[60][61]

Letterkunde

[wysig | wysig bron]
Die Singapoerse Nasionale Galery bevat die wêreld se grootste openbare versameling van Singapoerse en Suidoos-Asiatiese kuns

Singapoerse letterkunde bestaan as 't ware uit vier onder-letterkundes pleks van een wat verdeel in die vier ampstale: Engels, Maleis, Mandaryns en Tamil. Baie betekenisvolle werke is vertaal en bespreek in publikasies soos die letterkundige joernaal Singa, wat verskyn het in die 1980's en 1990's met redakteurs soos Edwin Thumboo en Koh Buck Song, sowel as in meertalige bloemlesings soos Rhythms: A Singaporean Millennial Anthology Of Poetry (2000), waarin elke gedig drie keer vertaal is. 'n Aantal Singapoerse skrywers soos Tan Swie Hian en Kuo Pao Kun het werke in meer as een taal geskryf.[62][63]

Musiek

[wysig | wysig bron]

Singapoer het 'n uiteenlopende musiekkultuur wat strek van pop- en rock oor folk tot klassieke musiek. Westerse klassieke musiek speel 'n beduidende rol in die kultuurlewe van Singapoer en die Singapoer Simfonieorkes (SSO) is in 1979 gestig. Van die ander vername Westerse orkeste in Singapore sluit in die Singapoer Nasionale Jeugorkes[64] en die gemeenskapsgebaseerde Braddell Heights Simfonieorkes.[65] Daar is ook baie orkeste en ensembles by hoërskole en juniorkolleges. Baie gemeenskappe beskik oor hul eie verskillende etniese musiektradisies: Chinees, Maleis, Indies en Eurasies. Met sy tradisionele vorme van musiek en verskeie moderne musiekstyle is die samesmelting van verskillende vorme verantwoordelik vir die land se musikale diversiteit.[66] Die land se lewendige stedelike musiektoneel het dit 'n streeksentrum gemaak vir internasionale optredes en feeste.

Kookkuns

[wysig | wysig bron]
Hainanese hoenderrys word as Singapoer se nasionale gereg beskou

Singapoer beskik ook oor 'n uiteenlopende kookkuns wat bekend staan vir sy kombinasie van gerief, verskeidenheid, gehalte en prys.[67] Plaaslike voedselitems hou oor die algemeen verband met 'n spesifieke etnisiteit – Chinees, Maleis en Indies; maar die diversiteit kookkuns het verder toegeneem deur die vermenging van verskillende style (byvoorbeeld die Peranakan-kookkuns, 'n mengsel van Chinese en Maleise kookkuns). Smoussentrums is 'n voorbeeld van kulturele diversiteit, aangesien tradisionele Maleise smousstalletjies ook Tamilkos verkoop. Hainanese hoenderrys, gebaseer op die Hainanese gereg Wenchang-hoender, word as Singapoer se nasionale gereg beskou.[68][69]

Sport

[wysig | wysig bron]
Joseph Schooling is 'n goudmedaljewenner en Olimpiese rekordhouer tydens die Olimpiese Somerspele 2016 se 100 m-vlinderswem.[70]
'n Krieketwedstryd met spelers van die krieketklub in Padangpark met die Marina Bays Sands Hotel op die agtergrond, soos gesien van die Singapoerse Nasionale Galery
Singapoer se Nasionale Stadion is 'n veeldoelige stadion en word onder meer vir sokker en rugby gebruik

Die meeste en gewildste sportsoorte wat in Singapoer beoefen word, het hul oorsprong in die Verenigde Koninkryk en tydens die Britse koloniale tydperk in Singapoer gevestig. Die ontwikkeling van privaat sport- en ontspanningsklubs is tydens die 19de-eeuse koloniale Singapoer begin. Van die klubs wat gedurende hierdie tydperk gestig is, sluit in die Krieketklub, die Singapoerse Ontspanningsklub, die Singapoerse Swemklub en die Hollandse klub.[71]

Watersportsoorte is van die gewildste sport in Singapoer. Tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro het Joseph Schooling Singapoer se eerste goue medalje ingepalm, nadat hy die 100 m-vlinderswem met 'n nuwe Olimpiese rekord van 50,39 sekondes gewen het.[70] Singapoer was ook in die item van seilvaart op internasionale vlak suksesvol, en hul Optimist-span word as een van die suksesvolstes wêreldwyd beskou.[72][73] Ondanks sy klein oppervlakte oorheers die land swemitems by die Suidoos-Asiatiese Spele. Sy waterpolomansspan het tydens die Suidoos-Asiatiese Spele 2017 sy 27ste goue medalje gewen en Singapoer se langste wenstreep in sport voortgesit.[74] Singapoer het die eerste Olimpiese Jeugspele 2010 aangebied, waaraan 3 600 atlete uit 204 nasies in 26 sportsoorte deelgeneem het.[75] Die eiland is die tuiste van die ONE-kampioenskap, die grootste MMA-toernooi in Asië.[76] Singapoer se tafeltennisvrouespan het met die silwermedalje tydens die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing weggestap.[77][78] Hulle het in 2010 wêreldkampioen geword, toe hulle die Volksrepubliek China tydens die Tafeltenniswêreldkampioenskap in Rusland verslaan en sodoende die Chinese wenstreep van 19 jaar beëindig het.[79] Die gewigopteller Tan Howe Liang was Singapoer se eerste Olimpiese medaljewenner, nadat hy tydens die Olimpiese Somerspele 1960 in Rome 'n silwermedalje gewen het.[80]

Singapoer se sokkerliga, die Singapoer Premierliga, is in 1996 as die S.League gestig en bestaan uit nege klubs, insluitende twee buitelandse spanne.[81][82] Die Singapore Slingers, voorheen die Hunter Pirates in die Australiese Nasionale Basketballiga, is een van die oorspronklike spanne in die ASEAN-basketballiga wat in Oktober 2009 gestig is.[83] Kranji Racecourse word deur die Singapoer Turfklub bestuur en huisves verskeie ontmoetings elke week, insluitende internasionale wedrenne — waaronder die Singapore Airlines Internasionale Beker.[84]

Sedert 2008 huisves Singapoer 'n Formule Een-wedren, die Singapoerse Grand Prix op die Marinabaai Straatrenbaan. Dit was die eerste F1-nagwedren,[85] en die eerste F1-straatwedren in Asië.[86] Sedertdien vorm dit 'n belangrike deel van die F1-kalender.[87]

Rugby is in die laat 19de eeu na die Britse kolonie Singapoer gebring. Dié sport het sedert die begin van die 20ste eeu 'n bestendige teenwoordigheid gehad, toe die Malay-beker tussen Singapoer en Maleisië begin beslis is, een van die oudste rugbytoernooie wêreldwyd.[88] Singapoer huisves op die Nasionale Stadion die Singapore Sevens, 'n jaarlikse sewesrugbytoernooi.

Krieket is soos die meeste ander sportsoorte gedurende die Britse koloniale tydperk na Singapoer gebring. Die Singapoerse nasionale krieketspan is tans een van Asië se sterkste spanne buite die Internasionale Krieketraad se Internasionale eendagwedstryd-lande en hulle het in Maart 2020 die 20ste plek op die IKR se T20I-wêreldranglys beklee, hul beste plek ooit.[89]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Chew, Ernest (1991). Lee, Edwin (red.). A History of Singapore. Oxford University Press. ISBN 0-19-588917-7.
  2. (en) Hoe Yeen Nie (2 Junie 2009). "State of Singapore came into being 50 years ago on 3 June". Channel News Asia. Singapore. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2013. Besoek op 17 Januarie 2013.
  3. 3,0 3,1 3,2 (en) Leitch Lepoer, Barbara (1989). "Singapore as Part of Malaysia". Library of Congress Country Studies. Washington, D.C.: Government Printing Office. Besoek op 14 Mei 2014.
  4. 4,00 4,01 4,02 4,03 4,04 4,05 4,06 4,07 4,08 4,09 4,10 4,11 (en) "Singapore". Central Intelligence Agency. Besoek op 14 Augustus 2024.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Singapore". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 14 Augustus 2024.
  6. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 14 Augustus 2024.
  7. (en) Stonehouse, Dr. Bernard (red.): Philips' Illustrated Atlas of the World. Londen: Guild Publishing 1985, bl. 93
  8. (de) Der Fischer Weltalmanach 2007, bl. 441
  9. (en) Amnesty International: Singapore – The death penalty: A hidden toll of executions Geargiveer 4 Maart 2008 op Wayback Machine
  10. (de) Schöller, Peter; Heiner Dürr en Eckart Dege (reds.): Fischer Länderkunde. Boekdeel 1: Ostasien. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 1987, bl. 211
  11. (en) "Singapore". Bartleby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2001. Besoek op 11 April 2001.
  12. (en) "Singapore: History, Singapore 1994". Asian Studies @ University of Texas at Austin. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2007. Besoek op 23 Maart 2007.
  13. 13,0 13,1 (en) Victor R Savage; Brenda Yeoh (15 Junie 2013). Singapore Street Names: A Study of Toponymics. Marshall Cavendish. p. 381. ISBN 9789814484749. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2023. Besoek op 12 April 2023.
  14. (en) John N. Miksic (15 November 2013). Singapore and the Silk Road of the Sea, 1300–1800. NUS Press. pp. 171–182. ISBN 978-9971695743. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2024. Besoek op 5 Maart 2024.
  15. (en) John N. Miksic (2013). Singapore & the Silk Road of the sea, 1300–1800. Singapoer. pp. 151–152. ISBN 978-9971-69-700-6. OCLC 867742213. Besoek op 14 Augustus 2024.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  16. (en) Joshua Lee (6 Desember 2016). "5 other places in Asia which are also called Singapura". Mothership. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2023. Besoek op 6 April 2023.
  17. (en) Kheng, Cheah Boon; Ismail, Abdul Rahman Haji, reds. (1998). Sejarah Melayu The Malay Annals MS RAFFLES No. 18 Edisi Rumi Baru/New Romanised Edition. Academic Art & Printing Services Sdn. Bhd. pp. 37, 88–92. ISBN 967-9948-13-7.
  18. (en) Brown, C.C. (Oktober 1952). "The Malay Annals translated from Raffles MS 18". Journal of the Malayan Branch of the Royal Asiatic Society. 25 (2&3): 30–31.
  19. (en) C. M. Turnbull (2009). A History of Modern Singapore, 1819–2005. NUS Press. pp. 21–22. ISBN 978-9971-69-430-2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2024. Besoek op 5 Maart 2024.
  20. (en) Jean Abshire (2011). The History of Singapore. ABC-CLIO. p. 104. ISBN 978-0-313-37743-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2024. Besoek op 11 Februarie 2024.
  21. (en) Kevin Blackburn; Karl Hack (2004). Did Singapore Have to Fall?: Churchill and the Impregnable Fortress. Routledge. p. 132. ISBN 978-0-203-40440-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2024. Besoek op 11 Februarie 2024.
  22. (en) Philip W. Goetz (1991). "Singapore". The New Encyclopædia Britannica (15). ISBN 978-0-85229-529-8. 
  23. (en) Charlotte Glennie, Mavis Ang, Gillian Rhys, Vidhu Aul, Nicholas Walton (7 Augustus 2015). "50 reasons Singapore is the best city in the world". CNN. Besoek op 14 Augustus 2024.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  24. (en) "A little red dot in a sea of green". Londen: The Economist. 16 Julie 2015. Besoek op 14 Augustus 2024.
  25. (en) "Editorial: The mighty red dot". The Jakarta Post. 8 September 2017. Besoek op 14 Augustus 2024.
  26. (en) "Habibie truly admired the 'Little Red Dot'". Today. 20 September 2006.
  27. (en) "Singapore Botanical Gardens". Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2019. Besoek op 24 November 2019.
  28. (en) "Weather Statistics". National Environment Agency (Singapoer). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2016. Besoek op 20 Augustus 2016.
  29. (en) "Singapore/Changi Climate Normals 1961–1990". National Oceanic and Atmospheric Administration. Besoek op 1 Desember 2014.
  30. (de) Brigitte Borell (2001). Singapur in vorkolonialer Zeit. Schriftliche Überlieferung und archäologische Zeugnisse. Eine Zwischenbilanz (= Abhandlungen für die Kunde des Morgenlandes (53,2 uitg.). Würzburg: Ergon. pp. 9–17. ISBN 3-933563-95-X.
  31. 31,0 31,1 (en) "New Parline: the IPU's Open Data Platform (beta)". data.ipu.org. 18 Julie 1947. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2019. Besoek op 28 Januarie 2019.
  32. (en) Mart Martin: The Almanac of Women and Minorities in World Politics. Westview Press Boulder, Colorado, 2000, bl. 341.
  33. (en) Day, Dong-Ching (2021). "Four Asian Tigers' Political and Economic Development Revisited 1998–2017: From the Perspective of National Identity". Asian Journal of Interdisciplinary Research. 4 (4): 54–61. doi:10.54392/ajir2147.
  34. (en) "PMO | the Government". Kantoor van die Eerste Minister. 8 Julie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2023. Besoek op 4 Augustus 2023.
  35. (en) Grace Morgan, red. (2016). A Guide to the Singapore Constitution. Singapoerse Bestuuruniversiteit. pp. 33–36. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 20 Desember 2019.
  36. (en) Kenneth Paul Tan (2007). "Singapore's National Day Rally speech: A site of ideological negotiation". Journal of Contemporary Asia. 37 (3): 292–308. doi:10.1080/00472330701408635. ISSN 0047-2336. S2CID 145405958. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2023. Besoek op 22 Oktober 2023 – via tandfonline.
  37. (en) Khun Eng Kuah-Pearce (2011). Rebuilding the Ancestral Village: Singaporeans in China. Hong Kong University Press. p. 37. ISBN 978-988-8053-66-7.
  38. (en) Roger Kerr (9 Desember 1999). "Optimism For the New Millennium". New Zealand Initiative. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2006. Besoek op 7 Maart 2006.
  39. (en) "Freedom in the World 2010 – Singapore". Freedom House. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2012. Besoek op 7 Januarie 2012.
  40. (en) "Singapore country specific information". Amerikaanse Staatsdepartement. 19 Maart 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2004. Besoek op 30 Desember 2004.
  41. (en) "Singapore country brief". Departement van Buitelandse Sake en Handel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2020. Besoek op 8 Maart 2020.
  42. (en) "Singapore Missions Overseas". Ministerie van Buitelandse Sake. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 15 Maart 2018.
  43. (en) "Overview". ASEAN. 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2008. Besoek op 9 Januarie 2008.
  44. (en) "APEC is established". Nasionale Biblioteekraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2018. Besoek op 4 Julie 2018.
  45. (en) "Australia – New Zealand Free Trade Agreement (AANZFTA)". Nieu-Seelandse regering. 4 Desember 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2009. Besoek op 2 Augustus 2009.
  46. (en) Rob Gifford (18 September 1998). "Malaysia and Singapore: A rocky relationship". BBC. Besoek op 14 Augustus 2024.
  47. (en) "World Factbook – Field Listing: International disputes". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2011. Besoek op 14 Mei 2011.
  48. (en) Reading Room. "Currency Interchangeability Agreement – Brunei Notes and Coins". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2017. Besoek op 28 Junie 2017.
  49. (en) "Brunei Foreign and Trade Relations: ASEAN". Nieu-Seelandse Departement van Buitelandse Sake en Handel. 14 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2009. Besoek op 8 September 2009.
  50. (de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Singapoer – Ekonomie Geargiveer 2 Mei 2008 op Wayback Machine
  51. (de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Singapoer – Ekonomie Geargiveer 2 Mei 2008 op Wayback Machine
  52. (en) Suid-Afrikaanse Departement van Buitelandse Sake: Bilaterale betrekkinge – Singapoer
  53. (en) "Republic of Singapore Independence Act 1965". Singapore Statutes Online. Besoek op 14 Augustus 2024.
  54. (en) Lee Kuan Yew (2012). From third world to first: The Singapore story, 1965–2000. Marshall Cavendish International Asia.
  55. 55,0 55,1 (en) "Speech by Prime Minister Goh Chok Tong on Singapore 21 Debate in Parliament". Singapore21. 5 Mei 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2001. Besoek op 10 Februarie 2001.
  56. (en) "MM Lee says Singapore needs to do more to achieve nationhood". Singapore: Channel NewsAsia. 5 Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2017. Besoek op 30 Junie 2017.
  57. (en) Robbie B. H. Goh (2009). "Christian identities in Singapore: religion, race and culture between state controls and transnational flows". Journal of Cultural Geography. Routledge. 26: 1–23. doi:10.1080/08873630802617135. S2CID 144728013.
  58. (en) Sharon Siddique (1981). "Some Aspects of Malay-Muslim Ethnicity in Peninsular Malaysia". Contemporary Southeast Asia. 3 (1): 76–87. doi:10.1355/CS3-1E. JSTOR 25797648.
  59. (en) Chris Prystay. "Bit of Malay Culture Is Now Vanishing Under Muslim Rules". Yale-universiteit. Besoek op 17 November 2018.
  60. (en) "PM Lee on racial and religious issues (National Day Rally 2009)". Singapore United. 16 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2010. Besoek op 20 Februarie 2010.
  61. (en) Chris Prystay. "Bit of Malay Culture Is Now Vanishing Under Muslim Rules". Yale-universiteit. Besoek op 17 November 2018.
  62. (en) Wen Li Toh (5 November 2018). "Singapore Writers Festival: Feature Singapore's unique language in literature, says poet". The Straits Times. Besoek op 27 Augustus 2019.
  63. (en) "The dynamics of multilingualism in contemporary Singapore" (PDF). Wiley-Blackwell. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 Maart 2018. Besoek op 28 Maart 2018.
  64. (en) "Singapore National Youth Orchestra". Departement van Onderwys. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2014. Besoek op 9 Oktober 2014.
  65. (en) Steven Ang. "Music director Adrian Tan ushers in new era for Braddell Heights Symphony Orchestra". Time Out Singapore. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 6 Oktober 2014.
  66. (en) Lee Tong Soon (2008). "Singapore". In Terry Miller; Sean Williams (reds.). The Garland Handbook of Southeast Asian Music. Routledge. ISBN 978-0-415-96075-5.
  67. (en) David Y.H. Wu; Chee Beng Tan (2001). Changing Chinese foodways in Asia. Hongkong: Chinese University Press. pp. 161 ff. ISBN 978-962-201-914-0. Besoek op 27 Februarie 2011.
  68. (en) David Farley (25 Februarie 2022). "The dish worth a 15-hour flight". BBC. Besoek op 14 Augustus 2024.
  69. (en) Catherine Ling. "40 Singapore foods we can't live without". CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2012. Besoek op 19 November 2012.
  70. 70,0 70,1 (en) "Michael Phelps taught a lesson for once – by Joseph Schooling | Andy Bull". The Guardian. 13 Augustus 2016. Besoek op 14 Augustus 2024.
  71. (en) "History of Singapore Sports". Sport Singapore. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2018. Besoek op 6 Julie 2018.
  72. (en) "Sailing: S'pore retain world team title". 24 Julie 2013. Besoek op 28 Augustus 2019.
  73. (en) "Singapore sailing needs a trailblazer". 8 Mei 2017. Besoek op 28 Augustus 2019.
  74. (en) Nicole Chia (20 Augustus 2017). "SEA Games: Singapore capture men's 27th water polo gold to keep country's longest sports winning streak alive". The Straits Times. Besoek op 17 Augustus 2018.
  75. (en) Internasionale Olimpiese Komitee (21 Februarie 2008). "Singapore to host first edition of the Youth Olympic Games in 2010". Persberig. http://www.olympic.org/uk/news/media_centre/press_release_uk.asp?release=2492. Besoek op 11 Maart 2009. 
  76. (en) "Mixed martial arts-ONE FC returning to Manila in May". Chicago Tribune.
  77. (en) ir. "Olympics: First medal in 48 years for Singapore". Channel NewsAsia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2008. Besoek op 22 November 2008.
  78. (en) "Table tennis: End of era for Singapore women paddlers". 5 Maart 2016. Besoek op 28 Augustus 2019.
  79. (en) World champs!: S'pore beat favourites China in World Team Table Tennis C'ships, Today, 31 Mei 2010, p. 1, http://www.todayonline.com/Hotnews/EDC100531-0000074/World-champs!, besoek op 31 Mei 2010 
  80. (en) "Tan Howe Liang". National Library Board. Besoek op 28 Augustus 2019.
  81. (en) "S.League.com – Overview". S.League. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2013. Besoek op 22 Augustus 2013.
  82. (en) "Football: Goodbye S-League, welcome Singapore Premier League". The Straits Times. 21 Maart 2018. Besoek op 21 Maart 2018.
  83. (en) "ASEAN Basketball League takes off". FIBA Asia. 20 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2009. Besoek op 16 Augustus 2009.
  84. (en) "Singapore Turf Club". National Library Board. Besoek op 28 Augustus 2019.
  85. (en) Formule Een (11 Mei 2007). "Singapore confirms 2008 night race". Persberig. http://www.formula1.com/news/6063.html. Besoek op 13 Junie 2007. 
  86. (en) Formule Een (16 November 2007). "SingTel to sponsor first Singapore Grand Prix". Persberig. http://www.formula1.com/news/headlines/2007/11/7101.html. Besoek op 18 November 2007. 
  87. (en) Oi, Mariko (23 April 2013). "The Big Read: To keep roaring for S'pore, F1 needs to raise its game". Singapoer: TODAYonline.
  88. (en) Bath, Richard (1997). The Complete Book of Rugby. Seven Oaks Ltd. p. 71. ISBN 1-86200-013-1.
  89. (en) "Cricket: Singapore rise to world top 20 in T20 rankings". The Straits Times. 8 Maart 2020. Besoek op 14 Augustus 2024.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Geskiedenis

  • (en) Michael D. Barr (2018). Singapore: A Modern History. Bloomsbury Publishing. ISBN 978-1-78673-527-0.
  • (de) Brigitte Borell (2001). Singapur in vorkolonialer Zeit. Schriftliche Überlieferung und archäologische Zeugnisse. Eine Zwischenbilanz (= Abhandlungen für die Kunde des Morgenlandes (53,2 uitg.). Würzburg: Ergon. ISBN 3-933563-95-X.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]