Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Sozopol

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Sozopol
Созопол

Kaart Wapen
Vlag
 Land Bulgarye
 Koördinate 42°25' N, 27°41' O
 Stigting 609 v.C.
 Oppervlak:  
 - Totaal 41,829 km²
 Hoogte bo seevlak 0 m
 Bevolking:  
 - Totaal (15 Desember 2010) 5 679
 - Bevolkingsdigtheid 135,8/vk km
 Tydsone UTC+2
 - Somertyd UTC+3
 Burgemeester Panajot Wassilef Rejsi
 Amptelike Webwerf sozopol.bg

Sozopol [soˈzɔpoɫ] (Bulgaars: Созопол, Sozopol, Grieks: Σωσόπολις, Sozopolis, Oud-Grieks en Bisantyns: Ἀπολλωνία Ποντική, Latyns: Apollonia Pontica) is 'n klein stad aan die Bulgaarse Swartseekus.

Sozopol is die oudste nedersetting aan die Bulgaarse kus wat sowat 2 600 jaar gelede deur Griekse koloniste uit Milet as Apollonia Pontika gestig is. Die vroegste spore van menslike bewoners dateer selfs terug in die 4de millennium v.C.

Vandag is Sozopol 'n gewilde toeristetrekpleister waar tienduisende jongmense gedurende die somervakansie partytjies vier, terwyl die ouer generasies na die historiese ou stad stroom wat op 'n rotsige skiereiland geleë is. In die Sint Joris-die-Oorwinnaar-kerk word relieke van Johannes die Doper bewaar.