St. Gotthardpas
Voorkoms
St. Gotthardpas | |
Airolo vanaf die St. Gotthardpas
| |
Ligging in Switserland | |
Koördinate: 46°33′22″N 8°34′04″O / 46.55611°N 8.56778°O | |
---|---|
Ligging | Tussen Andermatt en Airolo |
Hoogte | 2 106 m (6 909 vt) |
Oppervlak | Pad |
Begin in | 1827 |
Voltooi in | 1830 |
In | Alpe |
Die St. Gotthardpas (Duits: Gotthardpass, Frans: Col du Saint-Gothard, Italiaans: Passo del San Gottardo) is 'n bergpas wat Noord- en Suid-Switserland met mekaar verbind. Dit gaan oor die Sint-Gotthard-massief in die Alpe en is 2 106 m (6 909 voet) hoog. Dit verbind die dorp Airolo in die Italiaanssprekende kanton van Ticino met Andermatt in die Duitssprekende kanton Uri. Daar gaan drie tonnels onder die pas deur: die Gotthard-spoorwegtonnel (1882), die Gotthard-padtonnel (1980) en die Gotthard-basistonnel (2016).
Sien ook
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |