Witim
Voorkoms
Witim | |
---|---|
Die Witim by Bamboejki | |
Die stroomgebied van die Witim | |
Oorsprong | Saamvloei van Witimkan en Tsjina, Witim-plato, Boerjatië, Rusland |
Monding | by Witim, Jakoetië, Rusland Lena |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 978 km (1 229 myl) |
Oorspronghoogte | 1 171 m (3 842 voet) |
Mondinghoogte | 176 m (577 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 520 m³/s (53 678 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 227 000 km² (87 650 myl²) |
Kaart van die Witim-bekken in Asië
|
Die Witim (Russies en Boerjaties: Витим, Vitim; Ewenkies: Витым, Witym; Jakoeties: Виитим, Viitim) is ná die Wiljoei en die Aldan die derde grootste sytak van die Lena in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 1 978 km (1 229 myl), ontstaan deur die saamvloei van Witimkan en Tsjinain in die Witim-plato, Boerjatië, oos van die Baikalmeer. Aansluitend vloei dié rivier eers in 'n suidelike en later in 'n noordoostelike rigting. Die Witim bereik die Zabaikalski-krai en vloei in 'n noordelike rigting tot Bodaibo in die Irkoetsk-oblast. Dié rivier vloei nog deur Mama en mond by Witim, Jakoetië, in die Lena se boloop uit.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Vitim River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020. Besoek op 18 Augustus 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Witim.