Witkruiswindswael
Witkruiswindswael | |
---|---|
In vlug oor die Suikerbosrand, Gauteng | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. caffer
|
Binomiale naam | |
Apus caffer (Lichtenstein, 1823)
|
Die witkruiswindswael (Apus caffer) is een van die kleiner windswaels. Die voëls behoort aan die genus Apus wat onder die familie van windswaelagtiges (Apodidae) ressorteer. In Engels staan dit bekend as die white-rumped swift.
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Hulle kom algemeen in Afrika suid van die Sahara voor, maar het ook na Marokko en die suide van Spanje uitgebrei.
Gewoontes
[wysig | wysig bron]Die voël is 'n somerbesoeker aan Suid-Afrika en verkies oop wêreld, dikwels naby water en is gereeld in dorpe en stede. Hulle broei en slaap gewoonlik in die neste van swaeltjies of kleinwindswaels.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die voël is 14–16 cm groot en weeg 18 tot 20 gram. Die voël is swart met 'n prominente wit keel, redelike lang, diep mikstert en kenmerkende smal wit U op die kruis. Die stert word dikwels toe gehou en lyk dan skerppuntig.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Broeipaar by hul nes in die Krugerwildtuin
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Newman se Voëls van Suider-Afrika; ISBN 1-86872-982-6.
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1