Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Woiwodskap Masowië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van die Woiwodskap Masowië
Vlag van die Woiwodskap Masowië
Woiwodskap
Masowië
Kaart
Wapen en vlag
Wapen van die Woiwodskap Masowië Vlag van die Woiwodskap Masowië
Basiese gegewens
Setel van die woiwode: Warskou
Setel van die parlement: Warskou
Woiwode: Jacek Kozłowski
Woiwodskapsmaarskalk: Adam Struzik
Grootste stad: Warskou
ISO 3166-2: PL-MZ
Nommerplate: W
Bevolking: 5 213 855 (30 Junie 2009)
Bevolkingsdigtheid: 146 inw. per km²
Geografie
Oppervlakte: 35 566 km²
- waarvan land: ? km²
- waarvan water: ? km²
Strekking: Noord-suid: tot 270 km
Wes-oos: tot 221 km
Hoogste punt: ? m bo seevlak
Laagste punt: ? benede seevlak
Landskapstruktuur
Bosse: 22,3 %
Waterliggame: ? %
Landbou: 59,7 %
Ander: ? %
Administratiewe verdeling
Selfregerende stede: 5
Powiat (distrikte): 37
Munisipaliteite: 314

Masowië (Pools: Województwo Mazowieckie) is die grootste woiwodskap in Sentraal-Pole met meer as 5 miljoen inwoners, die hoofstad is Warskou. Die woiwodskap is op 1 Januarie 1999 gestig.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Masowië is 'n landskap van vlaktes met swak grond en tradisionele rietdak-huisies wat wyd uitgestrek rondom die Poolse hoofstad Warskou lê. Dit is – behalwe vir die streke naby Warskou – van oudsher 'n relatief arm gewes waar inwoners 'n karige bestaansboerdery beoefen het.

'n Historiese graanskuur in Górzno

Reeds in die 11de eeu is pogings onderneem om hier 'n onafhanklike ryk te vestig. Sedert 1138 is Masowië deur die plaaslike selfstandige Piaste-dinastie geregeer. Dit het nie deel gevorm van die in 1320 nuut gestigte Poolse koninkryk nie en was 'n tyd lank selfs 'n Luxemburgse leenstaat.

Op politieke gebied het die Masowiese vorste hulle in die spanningsveld tussen Poolse kroon en die Duitse Ordenstaat beweeg, en eers in 1526, toe die twee laaste heersers kinderloos gesterf het, is die gebied by die Pools-Litause Gemenebes ingelyf. Masowië het danksy sy strategiese ligging tussen Pole, Litaue en die Oossee in die volgende dekades 'n sentrale rol in die koninkryk begin speel. Nogtans was die plaaslike adel vanweë sy behoudende en provinsiale karakter allesbehalwe 'n dryfveer vir politieke en ekonomiese vooruitgang in die Pools-Litause staat.

Sodoende is daar in Masowië vandag minder argitektoniese en ander trekpleisters as byvoorbeeld in Groot- en Klein-Pole. Bekende besienswaardighede sluit die Romaanse kerkgeboue langs die Weichsel-rivier, die Gotiese baksteenkastele van die Masowiese vorstehuis, geboue volgens ontwerpe van die Italiaanse boumeester Gianbattista da Venezia in nedersettings soos Brochów of Pułtusk, en adellike landgoedere in byvoorbeeld Nieborów of Arkadia wat volgens die barok- en romantiese styl gebou is.

Grootste stede

[wysig | wysig bron]
Stede met meer as 30 000 inwoners in 2006
  1. Warschau1 700 536 (517,90 km²)
  2. Radom226 895 (111,71 km²)
  3. Płock127 224 (88,06 km²)
  4. Siedlce76 074 (31,87 km²)
  5. Pruszków55 452 (19,15 km²)
  6. Ostrołęka53 579 (29,00 km²)
  7. Legionowo50 553 (13,60 km²)
  8. Ciechanów45 888 (32,84 km²)
  9. Otwock42 881 (47,33 km²)
  10. Żyrardów40 892 (14,35 km²)
  11. Sochaczew37 998 (26,13 km²)
  12. Mińsk Mazowiecki37 544 (13,12 km²)
  13. Piaseczno37 506 (16,33 km²)
  14. Wołomin36 710 (17,32 km²)
  15. Mława30 817 (35,50 km²)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Woiwodskappe van Pole

Ermland-Masurië | Woiwodskap Groot-Pole | Heilig Kruis | Subkarpate | Klein-Pole | Kujawië-Pommere | Lebus | Łódź | Lublin | Masowië | Neder-Silesië | Opole | Podlachië | Pommere | Silesië | Wes-Pommere