Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- Van die Duitse Kalender, wat weer van die Latynse calendarium afkomstig is.
- ka•len•der
- Tabel wat die verdeling van die jaar in dae, weke of jare aandui, met vakansiedae, naweke, ens.
- Gebeurtenisse en aktiwiteite wat chronologies vooruit beplan is.
- Jaartelling volgens 'n bepaalde kalenderstelsel (Gregoriaanse kalender, Griekse kalender, Juliaanse kalender, ens.)
- Ons gaan in die eerste week van Februarie visvang, teken dit op jou kalender aan.
- Het het al die kerk se kalender vir 2018 ontvang?
- Die Gregoriaanse kalender, wat tans regdeur die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender.
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor kalender.