Page 1 of 8
Original Research
D(i)e verhouding prediking, mus(z)iek en liturgie
Authors:
Cas Wepener1
Mirella Klomp2
Affiliations:
1
Department of Practical
Theology, Faculty of
Theology, University of
Pretoria, South Africa
Protestantse Theologische
Universiteit, The Netherlands
The relationship between preaching, music and liturgy. In the Reformed liturgy in South
Africa the sermon has traditionally been reserved a special place, taking precedence over the
liturgy and music. In this article an argument is put forward for a better balance between
preaching, liturgy and music in the Reformed liturgy in churches in South Africa. In order
to do so, the South African Reformed liturgical context is briefly sketched and thereafter a
theological and liturgical-historical argument is presented. Existing approaches with regard
to the relationship between liturgy, music and preaching by some established scholars are
discussed before the implications of the argument are examined in conclusion.
2
Note:
Cas Wepener is an
associate professor and
Head of the Department
Pratical Theology, Faculty
of Theology, University of
Pretoria, South Africa. He
is a lecturer in Liturgical
Studies and Homiletics.
Mirella Klomp is a Protestant
theologian specialising in
Practical Theology, more
specifically in Ritual Liturgical
Studies. Her research focus
is often on music. She
works as Senior Researcher,
Lecturer in Practical Theology
and Executive Officer of
IRiLiS at the Protestant
Theological University
in Amsterdam. She is a
research associate of Prof.
Wepener in the Department
Practical Theology, Faculty
of Theology, University of
Pretoria
Correspondence to:
Cas Wepener
Email:
cas.wepener@up.ac.za
Postal address:
Private Bag X20, Hatfield
0028, South Africa
Dates:
Received: 07 Apr. 2015
Accepted: 29 Apr. 2015
Published: 24 Aug. 2015
Read online:
Scan this QR
code with your
smart phone or
mobile device
to read online.
Die Suid-Afrikaanse Gereformeerde konteks met
betrekking tot preek, musiek en liturgie
Wat is die mees algemene opmerking wat voorgangers en erediensgangers hoor na afloop van
’n erediens? Tradisioneel in die Gereformeerde tradisie in Suid-Afrika setel die kommentaar,
waarderend of dan juis nie, om die preek. Erediensgangers sal hulle belewenis van die liturgie
uitdruk met opmerkings soos ‘dit was ’n goeie preek’ of ‘’n slegte preek’ of ‘vandag se preek
was vir my bedoel’. In sekere gemeentes sal dit ook goedskiks gebeur dat predikers óf dieper
ingevra óf uitgedaag word ten opsigte van die preek wat hulle gelewer het. Op ’n soortgelyke
wyse word daar in die Gereformeerde tradisie in Suid-Afrika gedurende die teologiese opleiding
van studente van klaspreke en ’n proefpreek gepraat en tradisioneel nié van klaseredienste of
’n proeferediens of proefliturgie nie. In verschillende protestantse tradities in Nederland wordt
sinds jaar en dag ook van ‘preekconsent’ gesproken en is de situatie in dit opzicht vergelijkbaar.
Die klem op die preek of selfs voorrang van die preek ten opsigte van die erediens in die
Gereformeerde tradisie in verskeie wêrelddele is alombekend en word gewoon aanvaar as hoe
dit nie alleen is nie, maar ook hoe dit behoort te wees. Selde hoor predikante na afloop van die
erediens ’n uitdrukking soos: ‘Dominee, jy het my vandag werklik gehelp om God te aanbid.’
Die taalgebruik van beide predikante en erediensgangers met betrekking tot die preek en liturgie
spreek boekdele oor die onderliggende teologiese oortuigings en insgelyks oor die belang van
beide liturgie en prediking. In die lig van die ontwikkeling rakende liturgie in die gees van die
negentiende en twintigste eeu se Liturgiese Beweging is dit haas tyd dat hierdie stand van sake
onder die loep geneem word, te wete om weer na te dink oor óf die onderwaardering van die
liturgie óf die oorwaardering van die prediking en nog ’n rondte te dink oor die verhouding
tussen die twee en die aksent wat elk behoort te kry.1 Dit is presies wat in hierdie artikel beoog
word en daaromrede sit ’n Nederlandse en Suid-Afrikaanse liturgis koppe bymekaar om vanuit
hulle onderskeie kontekste oor hierdie onderwerp te reflekteer, alhoewel die eksplisiete oogmerk
van die artikel is om ’n bydrae in hierdie verband te lewer vir die Suid-Afrikaanse Gereformeerde
liturgiese konteks.
Saam met die vraag rakende die verhouding preek en liturgie kan die vraag in ons eie dag
ook tereg gevra word na nie alleen die plek van die preek in die liturgie nie, maar ook van
musiek in die liturgie. In de eredienst waarin de preek een hoofdrol speelt, wordt soms nogal
argeloos omgegaan met psalmen en hymnen: als de boodschap van de preek leidend is voor de
coupletkeuze van een lied (‘Gemeente, wij zingen nu van Psalm 74 de coupletten 1, 4, 7 en 13’)
dan is de muziek duidelijk ondergeschikt aan de prediking. Alsof niet de tekst van zo’n psalm
of hymne zélf een geheel is – een compositie met een zekere opbouw en onderlinge samenhang
1.Die outeurs is bewus daarvan dat die tema wat hulle aanroer nie ’n nuwe tema is nie, maar desnieteenstaande is die diskussie hieroor
verseker nog nie finaal beslis nie. Dit is onses insiens juis nou die tyd dat hierdie tema weer aangeroer word in ons eie spesifieke
kulturele en denominasionele kontekste van beide Suid-Afrika en Nederland.
How to cite this article: Wepener, C. & Klomp, M., 2015, ‘D(i)e verhouding prediking, mus(z)iek en liturgie’, HTS Teologiese Studies/
Theological Studies 71(3), Art. #2992, 8 pages. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v71i3.2992
Copyright: © 2015. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.
http://www.hts.org.za
doi:10.4102/hts.v71i3.2992
Page 2 of 8
van de verzen – maar een verzameling losse zinnen waaruit
het vrij kiezen is. Dit was insiggewend om in ’n hoofstuk van
prof. G.M. Pellissier te lees hoedat hy sy ongelukkigheid ten
opsigte van die stand van die erediens in sy eie dag in SuidAfrika, meer as sestig jaar gelede, uitdruk. Ons haal Pellissier
(1958:144) aan: ‘Die prediking het dus alle belangstelling tot
hom gesuig en die res van die diens net ‘n décor vir homself
gemaak.’ Op ’n ander plek in die hoofstuk sê hy:
Hoe haas die prediker hom nie soms van die votum tot by die
tweede Gesang- of Psalmvers om by die aankondiging van sy
teks te kom nie. ’n Aaneengeskakelde geringskatting! Welke
sondes van sleurwerk, roetinering en outomatismes tree hier nie
in nie! Welk ’n verantwoording voor sy Here! (bl. 144)
Dit wil dus voorkom asof dit ’n voortdurende roeping is
van liturgiste en himnoloë binne die groter Protestantse
en spesifiek ook Gereformeerde tradisie om ten minste die
aandag op hierdie verhouding te vestig, kritiese vrae in
hierdie verband te vra en ook te poog om roetemerkers in
hierdie verband aan te stippel in hulle eie dag.
In hierdie artikel word die verhouding preek, musiek en
liturgie dus verken en ook wel vanuit ’n verskeidenheid
van invalshoeke te wete histories en teologies, en in die
proses word ’n argument uitgewerk vir ’n komplimentêre
benadering ten opsigte van preek, musiek en liturgie binne
die hedendaagse Gereformeerde tradisies in Suid-Afrika en
Nederland.
Die hoender of die eier? Bybel of
liturgie en musiek?
’n Vraag wat uit hierdie eerste kort inleidende skets van die
Suid-Afrikaanse Gereformeerde liturgiese, himnologiese
en homiletiese konteks voortvloei, is wat bepalend is vir
of primaat het bo die ander, te wete prediking, liturgie of
musiek? Hierdie mag na ’n baie eenvoudige vraag klink
wat sommer vinnig beantwoord kan word, te wete dat die
Skrif die voorrang moet geniet, bepalend is vir die preek
en dat die liturgie en ander elemente soos die musiek
gewoon net daar is om die boodskap te dien (Small 2003).2
So byvoorbeeld is aanddienste dikwels gesien as preke met
Gesang-toebroodjies wat duidelik die voorrang van die
prediking bo beide liturgie en musiek verklap. Die vraag na
die verhouding preek, liturgie en musiek is egter nie so heel
eenvoudig nie en daarom vra dit om kwalifisering en gee ons
dus eers een groterige tree terug om weer later terug te kom
op hierdie vraag.
Die tree wat ons eers terug wil gee is die vraag na die
verhouding prediking en liturgie en daarna ook musiek en
liturgie vanuit ’n historiese perspektief en daarvanuit dan
ook om te vra watter een van die twee in beide gevalle die
vorm van watter een bepaal. Saam daarmee sal iets van
die rol van die amp met betrekking tot prediking, liturgie
2.Small lewer ʼn pleidooi vir ʼn herwaardering van die sakramente in die Gereformeerde
liturgiese tradisie en voer ʼn argument wat baie nou saamhang met die argument
wat ons hier aanbied. Sien in hierdie verband ook die reeks artikels oor Nagmaal in
die NG Kerk (Burger 2002; Wepener 2002a, 2002b).
http://www.hts.org.za
Original Research
en musiek ook beter uit die verf kom. Onses insiens kan
ons nie ’n pasklare liturgie of liturgieë inklusief musiek uit
die Bybel aflei nie, maar het die Bybel wel in die ritme van
die feeste, die samekomste, die seisoene – kortom, in die
liturgie, ontstaan. Natuurlik kan dit ook net mooi andersom
geargumenteer word, te wete dat die liturgie ook saam
met die ontstaansgeskiedenis van die Bybel vorm gekry
het. So byvoorbeeld ontwikkel die sinagoge-liturgie as
oorlewingstrategie van Israel in Babilonië om te kan onthou
(White 2000) en later ook die tafel-tradisie as een vorm uit
die tyd van die vroeë kerke. Hetzelfde geldt voor muziek:
wat gezongen en gespeeld werd in liturgische praktijken
heeft deels een plaats gekregen in de Bijbel. Omgekeerd geldt
ook dat gezangen in de Bijbel – het boek der Psalmen (dat
eigenlijk een liedboek is), Hooglied en Cantica3 – de liturgie
mede hebben gevormd, en daarin klinken tot op de dag van
vandaag.4
Ons kernvraag is dus: moet die preek/(teks)(te) die liturgie
en musiek bepaal of hoe kan daar oor hierdie verhouding
gedink word? Ons glo hierdie vraag help ons ook met die
vraag na die plek van die preek in die liturgie en die groter
samehang van die geheel van preek, liturgie en musiek. Dit
wil voorkom of die verhouding histories komplementêr was,
’n soort én-én resiprositeit tussen teks en liturgies-musikale
konteks. En dit is juis dan ook ons uitgangspunt waardeur
ons die vraag van die plek van die preek in die liturgie met die
musiek benader oftewel die plek van die liturgie en musiek
om die preek benader. Ons lyn van argumentasie klink dalk
vir sommige lesers nou baie voor die hand liggend, maar dit
is gegewe die Gereformeerde liturgiese tradisie eintlik heel
radikaal om so daaroor te praat. Hiermee wil ons geensins
afbreuk doen aan die plek en belang van die preek in die
erediens nie, maar wel net ’n lansie breek dat die liturgie,
inklusief die musiek, net soveel klem as die preek behoort te
kry en dat die ontwikkeling van die liturgie, musiek en preek
ook op ’n komplimentêre wyse moet geskied.
’n Kort geskiedenis
In het nu volgende deel ondernemen we een historische
excurs, eerst ten opzichte van de preekdienst en vervolgens
ten opzichte van muziek in de liturgie. Aan de hand van
deze historische verkenningen trachten we aan te tonen
dat het primaat van de preek bóven liturgie en muziek als
benadering in de voorreformatorische liturgie niet bekend is.
Die preekdiens
Hierdie historiese ekskurs ten opsigte van die sogenaamde
pronaus (voor die tempel) oftewel preekdiens as deel van die
liturgie bring iets in beeld van die wederkerigheid tussen
preek en liturgie deur die eeue. Die aksent word hier op veral
3.Cantica: aan de Schrift ontleende lofliederen zoals bijvoorbeeld het lied van Mozes
en van Mirjam (Ex 15) en de lofzangen van Hanna (1 Sam 2), Debora (Richt 5),
Simeon (Luc 2), Zacharias (Luc 1) en Maria (Luc 1).
4.In de vieringen van de gebedsgetijden hebben drie kantieken een vaste plaats
gekregen. In het ochtendgebed (de lauden) is dat de lofzang van Zacharias (het
Benedictus), in de vespers de lofzang van Maria (het Magnificat) en in de completen
aan het eind van de dag de lofzang van Simeon (het Nunc dimittis).
doi:10.4102/hts.v71i3.2992
Page 3 of 8
twee aspekte gelê, te wete die plek van die prediking in die
liturgie asook die rol van die amp (priester/predikant) met
betrekking tot liturgie, musiek en prediking. Ons begin met
die ontstaan van die sinagogediens tydens die Babiloniese
ballingskap.
Oorspronklik het die sinagogediens ’n nasionalistiese
funksie (White 2000:152) wat soos reeds genoem gemik
was op die oorlewing van Israel in Babilonië. Die verhale
is gelees en die dade van God met Israel in herinnering
geroep. Psalm 137:4 se tragiese vraag: ‘Hoe kan ons die lied
van die Here sing in ’n vreemde land?’ moes beantwoord
word en die liturgiese antwoord was die sinagogediens wat
grotendeels ’n woorddiens was. Die resultaat was ’n diens
wat iewers tussen aanbidding en lering geplaas kan word.
’n Ander voorbeeld in hierdie verband is natuurlik die diens
in Nehemia 8 wat bestaan uit lesings en oordenkings van
die lesings. Hugh Old (2002:60–61) wys juis ten opsigte van
Nehemia en die oorsprong van die diens van die woord hoe
die amp tydens die ballingskap verander het en priesters
daar predikers geword het. In Lukas 4 kan heelwat hiervan
waargeneem word, te wete die lesings uit beide die wet en
die profete en die oordenking (prediking) van die tekste as
uitleg en toepassing met teologies gesproke ’n spesifieke
mens as kern van beide die prediking en aanbidding. Wat
ons hier beredeneer is nie ’n eenvoudige kontinuïteit tussen
die Joodse en Christelike liturgiese tradisies nie, maar eerder
dat die aksent op die rol van die amp met betrekking tot
liturgie en prediking deur die eeue gewissel het. Priester
wie se primêre liturgiese taak die kultus was, het mettertyd
verskuif na ’n primêre klem op die prediking. Hierdie soort
ossilasie rakende die klem betreffende die primêre take van
die amp van die priester/predikant/pastoor is ook in die
loop van 2000 jaar se liturgiegeskiedenis waarneembaar
en is belangrik rakende die betoog wat in hierdie artikel
gevoer word. (Liturgie)historici se menings verskil ten
opsigte van die presiese ontwikkelinge met betrekking tot
die woorddiens en tafeldiens en daaromrede word meerdere
kenners se menings hier gelug.
Een andere visie is dat er geen parallellen moeten worden
gesuggereerd tussen synagogale liturgie en dienst van de
Schrift/Woorddienst enerzijds en tussen de sacramentele
cultus van de Jeruzalemse tempel en dienst van de Tafel/
Anaphora/eucharistie anderszijds (Boon 1970:4–5, voetnoot
4). Aan de eucharistieviering zou aanvankelijk een samenzijn
vooraf gegaan zijn, waarin onder meer plaats zou zijn
ingeruimd voor een verkondiging uit de Schriften. Dit
samenzijn zou echter van het geheel van de eucharistieviering
een onderdeel hebben gevormd. De vroegchristelijke
liturgie mag volgens deze interpretatie dus niet worden
gepresenteerd als samensmelting van twee oorspronkelijk
los van elkaar staande typen samenkomsten (met essentiële
verschillen in karakter en herkomst): het gaat veeleer om een
onderscheid tussen twee momenten binnen het kader van
één liturgische viering. Volgens deze zienswijze ontstonden
vroeg-christelijke liturgische praktijken uit een combinatie
van oudere tradities en liturgische elementen. Hoe dan
ook: er was volgens deze opvatting geen sprake van een
http://www.hts.org.za
Original Research
tweedeling tussen de verkondiging van het woord en de
‘rest’ van de liturgische viering. Daarmee is in ieder geval
duidelijk gemaakt dat in de voorreformatorische liturgie
elk accent op of primaat van de prediking ontbrak. Deze
laatste bewering wordt ondersteund door de liturgische
verantwoordelijkheid van de bisschop: vanuit zijn ambt
fungeert hij in de vroege kerk bij de tafelviering (de anaphora)
als priesterlijke pater familias van de gemeente als huisgezin
van God. In het voorafgaande deel van de viering (de proanaphora) heeft hij vooral een leidende rol en gaat hij zelf
(slechts) voor in een enkel gebed en de predikatie (Boon
1970:218–219). Gezien vanuit de primaire taken van het
priesterambt staan Schrift/Woord en Tafel/eucharistie in
deze periode duidelijk op gelijke voet.
Ons slaan hier groot historiese dele oor, aangesien ons
spesifieke interesse lê ten opsigte van die verhouding
preek en liturgie asook die rol van die amp in hierdie opsig
en daarom lig ons slegs enkele sake eksemplaries uit. Met
die ontwikkeling van die tafelgemeenskap in die Nuwe
Testamentiese tyd en na die uitbanning van die Christene uit
die sinagoges vind ’n fusie van sinagogediens en tafeldiens
plaas volgens White (2000:154), wat dus inderdaad ’n
ander siening is as die van Boon. Wat hier van belang is, is
die komplementêre punte van woord en sakrament as een
van die kenmerke van die geskiedenis van die liturgie oor
tweeduisend jaar, maar juis ook die reeds vermelde ossilasie
met betrekking tot die aksent wat gelê word ten opsigte van
die rol van die voorgangers. So byvoorbeeld is die vierde
eeu gesien as die goue eeu met betrekking tot prediking
en die plek van die woord in die liturgie met predikers
soos Chrisostomos, Ambrosius en Augustinus wat nog
in die sfeer van die klassieke retorika meesters was in die
kuns van prediking (vgl. o.a. Barnard 1998:213–214; Old
2002:64–68). Daar is in hierdie tydperk verseker sprake van
’n ontwikkeling ten opsigte van plek en rol van die tafel of
altaar in die liturgie, alhoewel die belang van en klem op die
prediking in hierdie periode nie oorgesien moet word nie,
veral in die lig van ontwikkelinge in die eeue wat gevolg het.
Gedurende die Middeleeue verskuif hierdie klem op die
prediking aansienlik en word die fokus veel meer op die
altaar geplaas. In hierdie tyd het prediking minder belangrik
geword en in sekere plekke heeltemal verdwyn uit die liturgie.
Karel die Grote het dit probeer herstel deur vir die monnik
Alcuin te vra om die leesrooster te hersien en ’n preekrooster
te skryf wat gebaseer is op die leesrooster (Old 2002:68). In
so ’n preekrooster was voorbeeld-preke opgeneem wat maar
eenvoudige homilieë was wat deur die priesters gebruik kon
word.5 Belangrik egter om waar te neem is dat die pendulum
met betrekking tot die klem op die rol van die voorganger in
5.Daar was ook ’n paar ligpunte rakende prediking in die Middeleeue: Bernardus
van Clairvaux het in die elfde eeu gesorg vir die hergeboorte van Christelike
prediking. Hy is bekend daarvoor dat hy gepreek het vir die kruisvaarders en ook
verder vir monnike in kloosters. Bekend is sy ongeveer 80 preke oor Hooglied.
Ware verandering rakende prediking kom in die dertiende eeu met Franciscus van
Assisi en die Dominikane. Franciscus preek vir die armes en baseer sy boodskappe
grotendeels op die Bybel. Soos Franciscus uitstekende preke lewer vir die armes, so
preek Dominicus teen allerlei dwaalleringe in sy dag. In die veertiende eeu in Italië,
nog voor die aanbreek van die Reformasie, was daar byvoorbeeld ’n man met die
naam Bernardino de Siena wat dikwels hele stede tot bekering gebring het deur sy
prediking (kyk Old 2002).
doi:10.4102/hts.v71i3.2992
Page 4 of 8
hierdie tydperk verskuif en die aksent val op die liturgie en
liturgiese voorgaan met ’n klem op die sakramentsbediening,
eerder as op die prediking.
Tydens die Reformasie word die bestaande ellips in die
liturgie van woord- en tafeldiens geskei en kan ons dit veral
terugvoer na Zwingli, al was dit juis Zwingli se bedoeling dat
Gereformeerde Christene meer gereeld aan die tafel aansit
as die Rooms Katolieke erediensgangers in sy dag (vgl.
Wolterstorff 1992:294). Alhoewel die bedoeling by verskeie
reformatore (Zwingli, Luther, Calvyn) eerder ’n dubbele
aksent op beide liturgie en prediking was, is die realiteit in
die Gereformeerde tradisie (veral Zwingli en Calvyn) dat om
verskeie redes die aksent veel eerder op die prediking geval
het en as sodanig ook ten koste van die sakramentsbediening.
Benamings vir die amp in hierdie tradisie soos Verbi Divini
Minister en predikant is ook duidelike aanduidings waar die
aksent geplaas is, te wete die prediking, eerder as priester
wat sou dui op ’n beklemtoning van die liturgiese voorgaan
en diens by die altaar.
Volgens Barnard (1998:212) kan ’n mens die geskiedenis
van die preek in die kerkdiens aflees van die plek van die
kansel. Beginnende in die eerste eeue na Christus kry ons
die Cathedra/thronos waar die biskop sit terwyl hy sy
kommentaar op die skriflesing bied. Ons sien iets hiervan
in Lukas 4 waar Jesus ook gaan sit om te preek. In ’n later
periode word die preek vanaf die ambo (‘anabainoo’ opklim)
gehou wat natuurlik die begin van die preekstoel is voor
in die kerkgebou. Hierdie preekstoel of kansel word later
in die doksaal, wat die skip en koor van die kerk skei
opgeneem gedurende die Middeleeue en langs die altaar
met die altaar in die middel, en is die klem en fokus van
die erediensgangers dus op die altaar wat sentraal staan.
Gedurende die Reformasie skuif die preekstoel na die
middel van die liturgiese ruimte en is dit nou sentraal soos
wat die altaar sentraal is in die Rooms Katolieke kerke. Die
geskiedenis van die prediking tydens die Reformasie is
uiteraard ’n komplekse geskiedenis. Belangrik hier is om te
sien hoe woord en tafel of altaar hier in die Gereformeerde
tradisie grotendeels geskei word, ten dele onbedoeld,
maar desnieteenstaande, en verder ook die teologiese
aksentuering van die Woord en die Gees wat nooit buiteom die Woord werk nie. Die huidige situasie ten opsigte van
die verhouding prediking en liturgie in die Gereformeerde
tradisie kan alleenlik in die lig van die Reformasie se klem
op die Woord verstaan word.
’n Redelik nuwe ontwikkeling onder invloed van die
Liturgiese Beweging is die kombinasie van preekstoel en
tafel met óf ’n kommunie-opstelling óf die preekstoel agter
die tafel en dus staan beide sentraal. Sodoende word die
klem gelê op beide die woordbediening en die sakrament,
dus ’n klem op beide preek én liturgie. ’n Verdere tendens is
natuurlik om net ’n kateder op ’n verhoog te hê sonder ’n tafel
binne die meer Charismatiese tipe dienste en in sommige
eredienste is daar ’n herlewing van die gebruik om te sit
en preek. Laastens kan genoem word dat daar wêreldwyd
Gereformeerde kerke is wat tans weer besin oor die rol
http://www.hts.org.za
Original Research
van die amp van die predikant en ook met betrekking tot
die liturgie ruimer begin dink. Op hierdie ontwikkelinge in
Suid-Afrika en Nederland sal in die laaste deel teruggekom
word.
Die musiek
De volgende historische uitweiding over muziek laat zien
dat gezang – al dan niet ondersteund of overgenomen door
instrumenten – al ten tijde van de vroeg kerk, maar ook ten
tijde van de Reformatie een onlosmakelijk deel was van de
liturgie.
Al in het vóór-christelijke, met name joodse, milieu
waarbinnen de vroeg-christelijke eredienst is ontstaan,
klonk muziek. We weten dat met name in de joodse liturgie
vormen van zang bestonden. In de tempel werden door
Levieten psalmen gezongen en in de synagoge werd al heel
vroeg gebruik gemaakt van (eenvoudige) melodieën bij het
lezen van bijbelpassages en het bidden van vaste gebeden
(Rouwhorst 2000:31). Zeker is dat er in de eerste eeuwen
ook in de kerken gezongen werd. In sommige christelijke
(vooral oosterse en dan met name Syrische) kerken lijken
hymnen populair te zijn geweest. Ook is goed mogelijk dat
bijbelteksten werden gedeclameerd of gereciteerd op een
manier die verwant was met de synagogale praktijk en die
wij waarschijnlijk als ‘zingen’ zouden betitelen. Volgens
Rouwhorst (2000:33) moet daarbij gebruik gemaakt zijn
van een bepaalde reciteertoon of van bepaalde cadensen.
Hier is wel belangrijk ons te realiseren dat begrippen als
‘zingen’, ‘lezen’ en ‘zeggen’ in de beeldcultuur van de 21e
eeuwse westerse wereld veel duidelijker onderscheiden
zijn dan in andere culturen en andere tijden. In de orale
traditie van het bijbelse Israel, maar bijvoorbeeld ook
in de rhetorica van de klassieke Oudheid, liggen deze
begrippen veel dichter bij elkaar en was er voor ritmische
en melodische elementen veel meer ruimte. De vroegchristelijke vormen van zang beschouwen wij nu derhalve
als uiterst elementair. En hoewel de apostel Paulus in zijn
brief aan de Kolossenzen (3:16) de gelovigen oproept om
‘psalmen, hymnen en geestelijke liederen’ te zingen, duiden
ook termen als ‘psalmen’ en ‘hymnen’ meer op ‘geestelijk
loflied’ dan op helder van elkaar onderscheiden genres,
bepaalde vormen, bepaalde inhoud of herkomst (Zijlstra
2001:13). Het christelijke gebruik van psalmzingen in de
liturgie, dat in de derde eeuw ontstond, is vermoedelijk
niet rechtstreeks ontleend aan de synagoge, maar heeft zich
op eigen wijze en min of meer onafhankelijk van joodse
liturgische gebruiken ontwikkeld. Pas in de vierde eeuw
raakt het psalmzingen in misvieringen in zwang en krijgt
het, getuige Augustinus en andere kerkvaders, populariteit.
Naar alle waarschijnlijkheid komt het in verschillende
vormen voor: zowel responsoriaal (waarbij het volk
één vers als een soort beurtzang herhaalt) als antifonaal
(waarbij koor of gemeente in twee groepen gesplitst zijn en
afwisselend een psalmvers reciteren).
Wij slaan ook hier grote delen van de geschiedenis over
om ons te richten op de ontwikkelingen van muziek (en
doi:10.4102/hts.v71i3.2992
Page 5 of 8
preek) en liturgie gedurende de Reformatie. Vanaf de
vierde eeuw werd de kerkmuziek gaandeweg steeds meer
door geestelijken en specialisten uitgevoerd. Toen Luther
en Calvijn zich er in de zestiende eeuw voor inzetten dat
de gemeente zingend deelnam aan de liturgie, was de
gemeente passief, luisterde en keek. Gemeentezang klonk
bij uitzondering in de liturgie, de rol van gelovigen was
minimaal en marginaal. Luther was ervan overtuigd dat er
geen beter middel is dan het lied om de gelovige gemeente
bij de boodschap van het evangelie te betrekken; zelf schreef
hij bijna veertig kerkliederen in de volkstaal. Met in totaal
438 verwijzingen naar de Bijbel hadden deze Lutherliederen
een hoog ‘Woordgehalte’ (Boendermaker 2001:175). Calvijn
zette zich in voor de totstandkoming van een complete
psalmberijming (verschenen in 1562) met melodieën die het
mogelijk maakten dat de gemeenten waarin hij voorging de
psalmen in de eigen taal konden zingen. In zijn theologie van
muziek is zingen in de kerkdienst van groot belang. Zingen
is verkondigen; de gezongen verkondiging heeft voor hem
zelfs meer kracht dan de gesproken verkondiging. Is aan een
tekst een melodie toegevoegd, dan is de werking van die
tekst groter dan wanneer die alleen gesproken wordt (Luth
2001:219).
Het gebruik van het orgel in en rond de eredienst is een
punt van discussie geweest in de calvinistische traditie. Die
discussie ontstond toen de calvinisten na de Reformatie in
bezit kwamen van kerken met orgels. Deze orgels waren
eigendom van de overheid en mochten niet verwijderd
worden. Orgelspel voor en na de eredienst was gebruikelijk
en aanvankelijk de enige vorm van orgelgebruik. In
Nederland bepaalde de Synode van Dordrecht in 1574 echter
dat het orgelspel na afloop van de dienst moest worden
afgeschaft. Daarvoor waren vier argumenten; één ervan
was dat orgelspel de preek deed vergeten (Luth 2001:248).
Kennelijk was de preek toen al zeer belangrijk en werd
ook onderkend dat muziek een grote invloed had. Vóór de
eredienst werd van organisten verwacht dat ze psalmen
speelden. Dit repertoire was acceptabel en het maakte de
gemeenteleden vertrouwd met de psalmmelodieën die in
de dienst – nog lange tijd zónder orgelbegeleiding – zouden
worden gezongen.
De eredienst in de Gereformeerde traditie is dus gevormd
door vóór- en vroeg-christelijke muzikale gebruiken in de
eredienst (waarin zang en instrumenten een belangrijke
plaats hadden) en door de Reformatie met haar nadruk op
het Woord (waarmee níet een onderscheid tussen spreken
en zingen wilde zijn gegeven), maar zeker ook door latere
ontwikkelingen in Reformatorische kringen, die sterk
contextueel bepaald waren. In de loop der eeuwen en dan
vooral ná de Reformatie is men prediking, liturgie en muziek
in deze traditie als steeds meer gaan zien als onderscheiden
van elkaar, terwijl ze voorheen een meer organische eenheid
vormden.
Met hierdie historiese oorsig word daar nou gegaan na
enkele bestaande teorieë aangaande die verhouding preek,
liturgie en musiek.
http://www.hts.org.za
Original Research
Bestaande teorieë rakende preek,
liturgie en musiek
Tom Long
’n Besonder goeie bydrae kom uit die pen van die homileet
Tom Long (2001:42–52; vgl. ook Van der Merwe 2009:165–180)
in sy Beyond the worship wars waarin hy die sogenaamde
drama van die liturgie behandel. In essensie kom dit vir Long
daarop neer dat ’n erediens alreeds dramaties is en nie soseer
dramaties gemaak hoef te word nie. Verder het elke soort
erediens, byvoorbeeld ’n klassiek-Gereformeerde diensorde,
’n Ekumeniese-diensorde, ’n Misstruktuur en ’n Lof- en
Aanbiddingsdiens, alreeds ’n inherente dramatiese struktuur.
Die vraag is of die voorganger bewus is van die drama of die
storie van die betrokke liturgie waarin hy of sy voorgaan en as
sodanig daardie dramatiese struktuur uit die verf kan laat kom.
In ’n meer resente boek pas Long (2009) hierdie selfde beginsel
toe op die begrafnisliturgie en vra dan juis ook wat die verhaal
of storie is wat begrafnisdienste in ons eie dag vertel. Long
se uitdaging aan liturge is die vraag of hulle die storie van
die erediens kan vertel. Ons kom weer terug op diensordes
en die verhale wat hulle vertel. Wat hier verder belangrik is,
is om te sien hoedat Long se benadering nou aansluit by die
ou liturgiese spreuk lex orandi lex credendi te wete dat die wyse
waarop ons (aan)bid heelwat verklap rakende die inhoud van
ons geloof, dit is heeltemal toepasbaar op die diensorde as lex
orandi wat ’n bepaalde teologie as lex credendi kommunikeer
(vgl. ook Small 2003:317). En binne hierdie geheel vind die
preek ’n bepaalde plek. Benewens die geheel van die liturgie
en die sogenaamde verhaal of drama, is Long van mening
dat elke aparte toneel (skene) ook individuele aandag verdien.
Hierdie oortuiging van hom beteken dan dat die preek-deel
van die diens nie die ‘eintlike’ deel is, en dat al die ander
tonele soos toetrede, tafel en uitsending as bykomende
elemente gesien word nie, maar as tonele wat elk waarde in
eie reg toevoeg. Long se gedagte van die drama en eenheid
van die liturgie is geen onbekende gedagte in die kunste nie.
Integrale visie op liturgie en klank
Wagner het ten opsigte van die genre van die opera van
’n Gesamtkunstwerk (cf. Moss, 2013) gepraat, te wete dat
die elemente in ’n opera: musiek, sang, toneelspel, dekor,
kostuums, ensovoorts ’n koherente geheel moet vorm as een
sogenaamde gesamentlike kunswerk. Die Suid-Afrikaanse
himnoloog Elsabe Kloppers het hierdie konsep ook al
diensbaar vir die liturgie gemaak in haar eie navorsing. In
’n artikel getiteld ‘Die erediens as omvattende kunswerk’
(Kloppers 2003) voer sy veral ’n argument dat al die sintuie
gelyktydig aandag kry in die erediens. Hierdie argument geld
ook ten opsigte van die verskillende liturgiese elemente en
bewegings wat as een geheel saam ’n omvattende kunswerk
vorm en dat die preek daardie geheel dien soos al die ander
dele dit ook dien en sodoende dien Kloppers se insigte die
argument wat ons hier voer.
In Nederlandse liturgisch-rituele studies is de integrale
benadering van kerkmuziek in de eredienst ook conceptueel
doi:10.4102/hts.v71i3.2992
Page 6 of 8
verbreed. In The sound of worship (Klomp 2011) wordt
muziek bezien als onderdeel van het bredere klankspectrum
van de eredienst, wat de aandacht vestigt op het aspect
van de ‘performance’ van het totale liturgische gebeuren.
Een overweging op papier is nog geen preek, gedrukte
gebedsformules nog geen gebed en bladmuziek nog geen
motet of orgelspel. Het gemeenschappelijke van preek, gebed
en muziek is dat ze er pas daadwerkelijk zijn wanneer ze tot
klinken worden gebracht/worden uitgevoerd.
Geen van deze drie auteurs – Long, Kloppers en Klomp –
poogt de verschillende elementen van een kunstwerk/
van liturgie of performance op één hoop te vegen of hun
onderscheiden eigenschappen te bagatelliseren. Zij pogen
juist de diverse elementen te zien en waarderen als onderdelen
van een groter geheel, waardoor zij in een ander licht komen te
staan dan wanneer ze als losstaande liturgische elementen
worden beschouwd.
Marcel Barnard
In die boek Als een leerling leren preken (2008:35–49) skryf
Marcel Barnard ’n hoofstuk getitel ‘Tekst en context/
preek en liturgie’. Barnard kies soos ons vir die teologiese
samehang van preek en liturgie en gee dan ook praktiese
raad in hierdie verband. Die praktiese vrae wat Barnard vra
is: (1) hoe vier die gebou mee? (2) hoe funksioneer die musiek
in die erediens? (3) in watter soort diens word die preek
gelewer? Prakties toegepas op eredienste in die Nederduitse
Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vandag beteken dit
dat die gewoonte om byvoorbeeld die musiek-deel van die
erediens aan die willekeur van die orrelis of musiekleier
oor te laat met min of geen kommunikasie tussen prediker
en ander mede-voorgangers in die betrokke liturgie nie,
die idee van die samehang en waarde van preek en liturgie
ondermyn.
Ordinarium en proprium
Daar is verskeie woorde wat gebruik kan word vir hierdie
konsepte, maar in kort kom dit neer op die oorkoepelende
orde (ordinarium) en die verskillende individuele
elemente (proprium) in die liturgie (Immink 2011).
Julian Müller (1990) verwys na hoekstene en boustene,
maar hierdie onderskeid is hier ook belangrik, aangesien
die plasing van die hoekstene en boustene bepalend is
vir die drama of storie van die liturgie. Die publikasie
Woord en fees van Communitas praat al sedert die jare
negentig in hierdie verband van sogenaamde vaste- en
verskuifbare handelinge in die liturgie. In die nuutste
NG Kerk eredienshandleiding uit 2010 word daar nie
alleen liturgie nie, maar liturgiese kategese aangebied
deurdat die oorsprong en betekenis van individuele
elemente soos die votum en wet verduidelik word. Hierdie
ontwikkeling is goed en juis handig vir liturge om so die
gebruiksmoontlikhede van ’n liturgiese element beter
in sig te kry en dan as sodanig aan te wend binne die
groter geheel en is presies wat White (2000:169–173) ook
aanbeveel vir eredienste binne die Gereformeerde tradisie.
http://www.hts.org.za
Original Research
James F. White
Onder die opskrif ‘Pastoral concerns of the service of the
Word’ argumenteer White (2000:169–173) dat daar besondere
uitdagings ten opsigte van liturgie in die Gereformeerde,
‘Frontier’ en Metodistiese tradisies is, aangesien vele
predikante in daardie tradisies dit verkies om hulle eie
diensordes vir die erediens saam te stel. As gevolg van die
sluimerende gevaar van willekeur in hierdie benadering bied
White dan enkele kriteria aan. Eerstens die sentraliteit van
die Skrif wat beteken dat nie net een of twee versies gekies
en gelees word nie, maar groter dele. Hy breek in dieselfde
hoofstuk ook ’n lansie vir die gebruik van die leesrooster
wat volgens hom die kans vergroot dat ’n katolieke kanon
aangeroer word in die liturgie eerder as ’n plaaslike dominee
se kanon van gunstelinge. Tweedens is hy van mening dat
daar ’n gevoel van ontwikkeling in ’n diens moet wees
waarmee hy bedoel dat die vloei van votum tot seën sinvol
moet wees. In noue aansluiting hierby is hy van mening dat
die voorgangers die funksie van die onderskeie liturgiese
elemente goed moet verstaan om sodoende helderheid te kry
oor hoe die onderskeie dele of elemente skakel.
Enkele implikasies
In essensie kom al hierdie benaderings neer op ’n én-én
komplimentêre benadering ten opsigte van preek en liturgie
en musiek en dat die belang van ’n sinvolle geheel ten opsigte
van die liturgie met ’n sinvolle plek vir die preek binne die
groter geheel nie genoegsaam beklemtoon kan word nie.
Op die lange duur is nie alleen die preek nie, maar die hele
liturgie, en ons wil bysê, veral ook die liedkeuse integraal ten
opsigte van die erediensgangers se teologiese dieet en kan ’n
groter waardering van so ’n komplimentêre benadering help
om teologiese wanvoeding te bekamp.
Die voorafgaande verkenning laat dit ook blyk hoe belangrik
dit is dat beide teks en konteks gesamentlik aandag kry in
die voorbereiding van die liturgie. Beide teks en konteks is
medebepalend vir die storie van die liturgie van ’n betrokke
Sondagerediens of ander liturgie. Met konteks word ’n
gelaagde geheel bedoel wat insluit die globale, nasionale,
plaaslike en gemeentelike konteks, maar juis dan ook
die betrokke liturgiese konteks wat sake sal insluit soos
die tradisie (Gereformeerd, Luthers, Presbiteriaans), die
kerkjaar (in watter seisoen bevind die kerk haar tans), die
gemeentelike program (dalk besig met ’n reeks, 40 dae van
iets). Dit beteken gelyktydige eksegese van beide teks en
konteks om die preek en die vorm van die liturgie te bepaal.
Ten einde ’n argument vir ’n komplimentêre benadering te
voer binne die Gereformeerde tradisie sonder om hand in
eie identiteitsboesem te steek, sal ons nie besonder ver bring
nie. ’n Interessante plek wat vir ons duidelik die NG Kerk
se oortuigings in hierdie verband wys, is natuurlik artikel
9 in die Kerkorde en ook die formulier vir die bevestiging
van bedienaars van die Woord in die Handleiding vir die
erediens. Daardie tekste wys duidelik dat die kerntake van
die predikant in die Gereformeerde tradisie gesien word as,
doi:10.4102/hts.v71i3.2992
Page 7 of 8
Original Research
in die woorde van John Leith, ‘preaching, teaching and pastoral
care’, alhoewel die onlangse uitbreiding daarvan duidelik
ook ‘die leiding van die eredienste’ as ’n afsonderlike taak
uitsonder wat ’n baie goeie ontwikkeling is. In die formuliere
in ons eredienshandleiding hang die liturgies-teologiese
onderrok van die NG Kerk egter steeds uit sodat wanneer die
gemeente byvoorbeeld opgeroep word om die dienskneg te
ontvang aan die einde van die eerste formulier, is die oproep:
‘Neem die boodskap wat hy/sy volgens die Heilige Skrif
sal verkondig aan, nie as mensewoorde nie, maar soos dit
waarlik is, as die Woord van God.’ En die tweede formulier
noem die verkondiging van die Woord van God onomwonde
die ‘belangrikste taak’ en bevestig dit met die ritueel van die
oorhandiging van die Kanselbybel aan die proponent of
leraar wat bevestig word. Wanneer ons na die tekste kyk, vra
ons onsself dikwels af: ‘Hoe kan ons die lied van die Here
sing in ’n vreemde (liturgiese) land?’
veronderstelling uiteraard dat die proeferediens ’n volledige
preek insluit. En vanaf 2011 word Liturgie, Himnologie en
Homiletiek sover as moontlik in semestermodules as een
geheel gedoseer in fases (liturgies, himnologies, homileties)
maar dan juis in kombinasie en ook dat die fases ten dele
vervloei. Aan de Protestantse Theologische Universiteit in
Amsterdam volgen studenten in hun opleiding tot predikant
de cursus ‘Voorgaan in de eredienst’, waarin zij zich
voorbereiden op hun eerste dienst (en dus ook hun eerste
preek). In lijn met de holistische visie op de eredienst – en in
weerwil van de term ‘preekconsent’ die in de kerkorde van
de Protestantse Kerk in Nederland wordt gebruikt – bezigen
enkele docenten in het veld van homiletische en liturgische
studies het woord ‘voorgangersconsent’. Ons glo hierdie
gesprek is belangrik aangesien die keuses wat ons in hierdie
verband maak ’n invloed het op hoe die gemeentes waarin
ons voorgaan en preek, onthou en hoop.
Daar is alreeds goeie werk gedoen rakende die amp van die
predikant en in verskeie Gereformeerde tradisies word die
liturgiese bediening van die predikant deesdae ook waardeer
as ’n kerntaak en roeping. Onses insiens is hierdie deel van
’n eeueoue ossilasie tussen ’n klem op predikerskap en
priesterskap met betrekking tot die amp. Ons het reeds in die
historiese oorsig gesien hoedat dit geskuif het tussen priester
en prediker. Vanuit die Liturgiegeskiedenis wil dit voorkom
asof die klem na die vierde eeu weer geskuif het na priesters
en tydens die Reformasie in die Gereformeerde en sommige
ander Protestantse tradisies weer na die van prediker. Wat
ons bepleit is baie eenvoudig: die amp van priester-predikers
met betrekking tot die erediens. Voorgangers se selfverstaan
in hierdie verband is krities. Kyk gewoon net hoe Long
(2005:18–51) kyk na die meeste metafore vir predikers en
die teologie wat daarin opgesluit is. Die meeste predikers
sal hulself kan vereenselwig met een van die metafore van
boodskapper, storieverteller, pastor of getuie, maar het ons
al goed gedink oor ’n metafoor vir onsself as liturge? John
Witvliet (1999:1) stel die metafoor gasvrye bemagtigers voor.
Erkenning
Miskien lê ’n voorlopige antwoord daar waar die metafore
van Long en Witvliet op ’n sinvolle wyse gekombineer kan
word wat dan as sodanig iets verbeeld van die verskeidenheid
van liturgiese opdragte van die diens van die Woord, die
diens van die gebede, die diens van musiek en die diens van
die tafel om enkeles uit te sonder.
Mededingende belange
Die outeurs verklaar dat hulle geen finansiële of persoonlike
verbintenis het met enige party wat hulle nadelig of voordelig
kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Outeursbydrae
Beide outeurs, C.W. (Universiteit van Petoria) en M.K.
(Protestantse Theologische Universiteit) het gelyke aandeel
in die skryf van die artikel gehad.
Literatuurverwysings
Barnard, M., 1998, ‘Prediking’, in P. Oskamp & N. Schuman (reds.), De weg van de
liturgie: Tradities, achtergronden, praktijk, pp. 210–216, Meinema, Zoetermeer.
Barnard, M., 2008, ‘Text en context/preek en liturgie’, in H. van der Meulen (red.), Als
een leerling leren preken: Preekvoorbereiding stapsgewijs, pp. 34–49, Uitgeverij
Boekencentrum, Zoetermeer.
Boendermaker, J.P., 2001, ‘De Lutherse traditie’, in J. Luth, J. Pasveer & J. Smelik
(reds.), Het kerklied – Een geschiedenis, pp. 165–215, Uitgeverij Boekencentrum,
Zoetermeer.
Boon, R., 1970, De joodse wortels van de christelijke eredienst, Mededelingen
aflevering 40, Prof. Dr. G. van der Leeuw-Stichting, Amsterdam.
Burger, C.W., 2002, ‘Nagmaal in die NG Kerk – Tussen tradisie en vernuwing, deel 2’,
Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 43(3/4), 661–669.
Immink, G., 2011, Het heilige gebeurt: Praktijk, theologie en traditie van de
protestantse kerkdienst, Meinema, Zoetermeer.
Klomp, M.C.M., 2011, The sound of worship: Liturgical performance by Surinamese
Lutherans and Ghanaian Methodists in Amsterdam, Peeters Publishers, Leuven/
Paris/Walpole, MA. (Liturgia Condenda 26).
Kloppers, E., 2003, ‘Die erediens as omvattende kunswerk’, Nederduits Gereformeerde
Teologiese Tydskrif 44(1/2), 80–88.
Slot
Long, T.G., 2001, Beyond the worship wars: Building vital and faithful worship, The
Alban Institute, Rowman & Littlefield, Lanham, MD.
As outeurs is ons eie verstaan van die verhouding preekliturgie-musiek in die voorbereiding van eredienste
én-én: teks (tekskeuse, eksegese, hermeneuse), liturgie
(kerkjaar, leesrooster, tipe liturgie) en musiek werk op ’n
komplementêre wyse saam om ’n omvattende kunswerk te
lewer. Die verhaal wat oorgelewer word week na week is
dieselfde verhaal en tog heeltemal anders tegelykertyd.
Long, T.G., 2005, The witness of preaching, rev. edn, Westminster John Knox Press,
Louisville, KY.
Long, T.G., 2009, Accompany them with singing: The Christian funeral, Westminster
John Knox Press, Louisville, KY.
Luth, J., 2001, ‘De calvinistische traditie’, in J. Luth, J. Pasveer & J. Smelik (reds.), Het
kerklied – Een geschiedenis, pp. 217–249, Uitgeverij Boekencentrum, Zoetermeer.
Moss, S., 2013, ‘A to Z of Wagner: G is for Gesamtkunstwerk’, in Stephen Moss’s
A to Z of Wagner, viewed 26 November 2014, from http://www.theguardian.com/
music/ musicblog/2013/apr/18/a-z-wagner-gesamtkunstwerk
Müller, J., 1990, Die erediens as fees, NGKB, Pretoria.
Sedert 2013 word dosente en studente aan die Universiteit
van Pretoria se Fakulteit Teologie aangemoedig om van ’n
proeferediens te praat, eerder as ’n proefpreek, maar met die
http://www.hts.org.za
Old, H.O., 2002, Worship: Reformed according to Scripture, Westminster John Knox
Press, Louisville, KY.
Pellissier, G.M., 1958, Professor G.M. Pellissier: Lewenskets, waardering, laaste preke,
oor die erediens, N.G. Kerk-Uitgewers, Kaapstad/Pretoria.
doi:10.4102/hts.v71i3.2992
Page 8 of 8
Rouwhorst, G., 2000, ‘De vormgeving van het gezongen eucharistisch gebed in
de traditie’, in A.C. Vernooij (red.), Liturgie en muzische taal: Het gezongen
eucharistisch gebed, pp. 20–47, Gooi & Sticht, Kampen.
Small, J.D., 2003, ‘A church of Word and Sacrament’, in L. Vischer (ed.), Christian
worship in Reformed churches past and present, pp. 311–323, Eerdmans, Grand
Rapids, MI.
Van der Merwe, I.J., 2009, ‘Ontdek die bewegings in die erediens’, in C.J. Wepener,
& I.J. van der Merwe (reds.), Ontdekkings in die erediens, bl. 165–180, Lux Verbi,
Bybel-Media, Wellington.
Wepener, C.J., 2002a, ‘Nagmaal in die NG Kerk – Tussen tradisie en vernuwing, deel 1’,
Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 43(3&4), 641–651.
http://www.hts.org.za
Original Research
Wepener, C.J., 2002b, ‘Nagmaal in die NG Kerk – Tussen tradisie en vernuwing, deel 2’,
Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 43(3&4), 652–660.
White, J.F., 2000, Introduction to Christian worship, 3rd edn., revised and expanded,
Abingdon, Nashville, TN.
Witvliet, J., 1999, So you have been asked to lead a worship service? Faith Alive
Christian Resources, Grand Rapids, MI.
Wolterstorff, N., 1992, ‘The Reformed liturgy’, in D.K. McKim (ed.), Major themes in
the Reformed tradition, Eerdmans, Grand Rapids, MI.
Zijlstra, M., 2001, ‘De vroege kerk en de Middeleeuwen’, in J. Luth, J. Pasveer & J. Smelik
(eds.), Het kerklied – Een geschiedenis, pp. 13–41, Uitgeverij Boekencentrum,
Zoetermeer.
doi:10.4102/hts.v71i3.2992