Helana het 'n BA-graad, 'n nagraadse diploma en 'n lisensiaat in spraak en drama. Ná 'n onderwysloopbaan en werk as vryskutvertaler begin sy haar eie Spraak-en-Drama-Ateljee. Tans is sy op die Uitv...view moreHelana het 'n BA-graad, 'n nagraadse diploma en 'n lisensiaat in spraak en drama. Ná 'n onderwysloopbaan en werk as vryskutvertaler begin sy haar eie Spraak-en-Drama-Ateljee. Tans is sy op die Uitvoerende Komitee van die South African Association of Speech and Drama Teachers en doen beoordelings vir Spraak en Drama feeste. Sy woon in Durban waar sy amateur-berading by haar kerk doen, onder meer met mense met eetsteurnisse. Sy geniet tennis en gholf in haar vrye tyd. Helana het verskeie ongepubliseerde skoolverhoogstukke, passiespele en eenvrouvertonings geskryf waarvan sy self die regie gedoen het. Sy was 'n bydraer tot Durban in a Word wat saamgestel is deur Dianne Stewart en is ook die samesteller van Ware verhale van hoop, Ware verhale van geloof en Ware verhale van vergifnis.view less