Die Profeet
()
About this ebook
Kahlil Gibran
Kahlil Gibran (1883-1931) was one of the twentieth century's most inspirational poets and authors. He drew upon his personal faith to write such bestsellers as The Prophet and Jesus Son of Man.
Related to Die Profeet
Related ebooks
Stories uit 'n Straat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkepelinge: Aanloop tot 'n roman: Aanloop tot ’n roman Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKersvader Kom Dorp Toe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPadlangs Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKatalekte: (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStil punt van die aarde Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIn gesprek met God Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKennis van die aand Rating: 3 out of 5 stars3/5Die verleiding van Eva de Winter Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLot se vrou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie dao van Daan van der Walt Rating: 4 out of 5 stars4/5Vry- Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie uur van die engel: Stemme 3 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHierdie mens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie ewigheid in my hart: 'n Gebed vir elke dag uit die Psalms Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Klein lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSomersneeu Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVleiswond Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDwaalstories Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSonneblomme en sneeu in Oekraïne Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie blou van onthou Rating: 3 out of 5 stars3/5Siegfried Rating: 4 out of 5 stars4/5Die boek van toeval en toeverlaat Rating: 3 out of 5 stars3/5Frats Rating: 0 out of 5 stars0 ratings’n Hart is so groot soos ’n vuis Rating: 4 out of 5 stars4/5Blou Maandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAsbesmiddag Rating: 4 out of 5 stars4/5Die Portier Rating: 3 out of 5 stars3/5Klimtol Rating: 4 out of 5 stars4/5
Reviews for Die Profeet
0 ratings0 reviews
Book preview
Die Profeet - Kahlil Gibran
DIE PROFEET
ALMUSTAFA, die uitverkorene en die geliefde, wat soos ’n daeraad vir sy dag was, het twaalf jaar lank in die stad van Orphalese op die skip gewag wat sou terugkeer om hom na die eiland van sy geboorte terug te voer.
En in die twaalfde jaar, op die sewende dag van Ielool, die maand van die oes, het hy die heuwel buitekant die stadsmure bestyg en seewaarts getuur; en hy gewaar sy skip wat met die mis aangeseil kom.
Toe is die deure van sy hart oopgegooi en sy vreugde het ver oor die see gevlieg. En hy het sy oë gesluit en daar was aanbidding in die stiltes van sy siel.
Maar terwyl hy van die heuwel afklim, het hy bedroef geword en in sy hart gedink:
Hoe sal ek in vrede vertrek en sonder verdriet? Nee, ek sal hierdie stad nie sonder ’n verwonde gees verlaat nie.
Lank was die dae van pyn wat ek binnekant sy mure deurgebring het en lank was die nagte van eensaamheid; en wie kan van sy pyn en sy eensaamheid afskeid neem sonder leedwese?
Te veel brokkies van die gees het ek in hierdie strate rondgestrooi en te menigvuldig is die kinders van my verlange wat nakend tussen hierdie heuwels rondloop en ek kan my nie van hulle onttrek sonder opoffering en smart nie.
Dit is nie ’n kledingstuk wat ek hierdie dag uittrek nie, maar ’n vel wat ek met my eie hande afskeur.
Ook is dit nie ’n gedagte wat ek agterlaat nie, maar ’n hart soet gemaak deur honger en deur dors.
Nogtans kan ek nie langer vertoef nie.
Die see wat alle dinge na haar toe roep, roep ook my en ek moet skeepgaan.
Want om te bly, al brand die ure in die nag, is om te vries en te kristalliseer en in ’n vorm vasgegiet te word.
Gewilliglik sou ek alles wat hier is met my wou saamneem. Maar hoe kan ek?
’n Stem kan nie die tong dra en die lippe wat daaraan vleuels gegee het nie. Allenig moet dit die eter binnegaan.
En allenig en sonder sy nes moet die arend voor die son vlie.
Toe hy die voet van die heuwel bereik het, draai hy weer na die see en hy sien dat sy skip die hawe nader en op haar voorstewe die seevaarders, manne van sy eie land.
En sy siel het na hulle uitgeroep en hy sê:
Seuns van my oue moeder, julle ruiters van die getye,
Hoe dikwels het julle my drome binnegevaar. En nou kom julle in my ontwaking, wat my diepere droom is.
Gereed is ek om te gaan en met siele gespan wag my gretigheid op die wind.
Nog net een asem wil ek in hierdie stille lug adem, nog net een liefdevolle blik na agter werp.
En dan sal ek tussen julle staan, ’n seevaarder tussen seevaarders.
En jy, ontsaglike see, slapende moeder,
Wat alleen vrede en vryheid vir rivier en stroom is,
Nog net een kronkeling sal hierdie stroom maak, nog net een gemurmel in hierdie bos,
En dan sal ek na jou toe kom, ’n grenslose druppel na ’n grenslose oseaan.
En terwyl hy loop, sien hy van ver af mans en vrouens wat hulle landerye en wingerde verlaat en na die hekke van die stad haas.
En hy hoor hulle stemme sy naam noem en van akker tot akker roep om mekaar te vertel van die koms van sy skip.
En hy sê vir homself:
Sal die dag van skeiding die dag van samekoms wees?
En sal dit gesê word dat my aand in werklikheid my môrestond was?
En wat sal ek aan hom gee wat sy ploeg in die middel van die voor gelos het, of aan hom wat die wiel van sy wynpers laat staan het?
Sal my hart ’n boom word, swaar belaai met vrugte, sodat ek kan pluk en aan hulle kan uitdeel?
En sal my begeertes soos ’n fontein vloei sodat ek hulle bekers kan volmaak?
Is ek ’n harp dat die hand van