Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Nie van hoorsê nie, Here
Nie van hoorsê nie, Here
Nie van hoorsê nie, Here
Ebook109 pages1 hour

Nie van hoorsê nie, Here

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Waar die dood gewoontlik vir ons iets is wat ons ten alle koste probeer vermy, word dit vir die skrywer ’n baie groot werklikheid wanneer hy deur sy dokter meegedeel word dat hy ’n siekte het wat sy lewe kan kos. Skielik word al die klein dingetjies wat jy jou altyd oor bekommer baie klein. En met dit kom ’n hele lot vrae en vertwyfelinge. Waarom word ons siek? Is dit omdat ons sondaars is en God ons so wil straf? Is dit miskien makliker vir ’n gelowige as vir ’n ongelowige om met die dood gekonfronteer te word? Waarom gryp God nie in as ons om hulp smeek nie? Aan die hand van die Bybelverhale van mense soos Job, Elia, Johannes en Jesus, asook ervarings met mense wat hy persoonlik ken, beredineer Frits sy lot. Hy kom dan tot die besef dat, hoewel hy ook wanhopig kan wees en hy maar mag huil, dit nie tevergeefs sal wees om groot dinge van God te verwag nie. In hierdie boek vertel Frits hoe die nuus van sy siekte hom en sy naastes geraak het. Van sy worsteling om tot berusting te kom. Hy skryf ook oor die Christen se benadering tot die dood, en oor die nuwe insigte wat hierdie tyd hom in die Woord van God gegee het. Hierdie is ’n nuwe uitgawe (met ’n nawoord) van hierdie boek wat in 1975 verskyn het.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateMay 15, 2013
ISBN9780796316684
Nie van hoorsê nie, Here

Related to Nie van hoorsê nie, Here

Related ebooks

Related articles

Reviews for Nie van hoorsê nie, Here

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Nie van hoorsê nie, Here - Frits Gaum

    Vir Laurie

    1

    22392.jpg

    Op ’n dag …

    Wat maak ’n mens as jy vyf-en-dertig is en in ’n dokter se spreekkamer sit en hy sê vir jou dat jy ’n siekte het wat jou jou lewe kan kos?

    Dit was ’n dag soos elke ander dag. En warm – midsomer, 1975. Deur die venster kon ek die stadsgewoel ver ondertoe sien met mense wat hulle daaglikse gang gaan. Oor die stad het die rookwolke laag gelê. Die koerant het dit juis weer dié oggend oor die lugbesoedeling gehad wat in Kaapstad ’n yslike probleem geword het. Waaroor het die koerant tog nie alles geskryf nie … Inflasie. Televisie. Die goudprys. Terroriste.

    Vreemd hoe onbelangrik al dié belangrikhede in ’n oogwenk vir my geword het. My wêreld het gekrimp tot ’n wit spreek­kamer en ’n dokter wat met geleerde oë agter ’n blink bril na my kyk.

    U sal onmiddellik geopereer moet word, sê hy vir my.

    Onmiddellik? Maar Dokter … ek het ’n klomp sake wat ek agtermekaar sal moet kry. Volgende week dalk?

    U sal dié dinge maar vanaand moet gaan reël. Môreoggend om sewe-uur moet u by die hospitaal wees.

    Maar Dokter …

    Die dokter kyk stil na my. En ek weet daar is niks verder te sê nie. Al die vername sake wat my elke dag so besig hou dat ek soms skaars tyd het om ’n goeie man vir my vrou en ’n goeie pa vir my kinders te wees, word sonder meer deur die dokter opsy gevee.

    Môreoggend om sewe-uur.

    Meteens is dit die ene bedrywigheid in die spreekkamer. Die ontvangsdame soek mense op ander plekke in die gebou dringend met die binnetelefoon – ’n narkotiseur, ’n assistent-snydokter – en sorg dat ’n operasiesaal bespreek word. Iemand kom by die deur in: Wat roep julle so? ’n Mens sou sweer die wêreld vergaan … en hy lag dawerend. Ja, hy sal met die operasie kan help, sal maar net móét, dis dan doodsake. Liewe land, onthou die ontvangsdame, ons het nog nie vir die meneer ’n bed bespreek nie. Dis nou vir jou te sê: alles is gereël en dan vergeet ’n mens amper die bed.

    Ek staan eenkant en ’n koudheid kruip op tot in my hart.

    Dis nou oor mý dat daar so haastig gereël word. Dis mý bed wat die ontvangsdame nog moet bespreek, mý operasie wat almal hulle reëlings meteens laat verander. Hulle praat óór my, reël vír my, maar ek staan buite alles en voel alleen, van God en mens verlate.

    Later, buitekant, gaan die lewe oustryk om my voort. Die son skyn nog, ’n trein rammel verby, die verkeer beur vorentoe. Niks het verander nie. Een mens se ellende maak nie veel verskil nie. Op stuk van sake: hoe baie ander ellendes is daar nie. Maar, gelukkig, die wêreld vergaan nog nie.

    Maar mý wêreld is aan die vergaan.

    Die ondenkbare het gebeur. Uit die bloute het dit getref. Is ons getref.

    Want dit gaan om óns. Ons klein kring van vyf. Ek, Henda, die drie kinders. Ons ouers ook, ja. Ons familie. Maar in ’n heel besondere sin: ons vyf.

    Verlede week nog, wanneer, het Henda gesê: Dit gaan met ons so goed, ek word glad bang. As ’n mens na ander rondom jou kyk, weet jy jou dag moet ook kom. Jou onheilsdag wanneer die telefoon sal lui of iemand by die voordeur sal opdaag met die nuus …

    En as ’n mens die slag oor sulke dinge pieker, wonder jy: Hoe sal ek reageer as mý dag kom? As ek slegte nuus ontvang en my lewe in ’n ommesientjie onherroeplik verander word? Sal ek kan sterk staan (soos ek as goeie dominee baiekeer vir ander gesê het: Wees sterk … kyk boontoe … glo … die hoop word nie beskaam nie …) of sal ek in die krisis oorbluf wees, lamgeslaan, selfs wanhopig?

    Toe ek daardie middag huis toe ry, was ek naby die wanhoop.

    Vyf-en-dertig.

    ’n Vrou en drie klein kinders.

    En nou dit.

    Dis dalk net ’n droom. Soos die nare drome van kleintyd waaruit ’n mens natgesweet wakkerskrik om met oorstelpte verligting te besef: niks daarvan is waar nie. Dit was alles net bangmaak-skimme en die gevolg van te veel vleis die vorige aand.

    Maar nee, die genadige wakkerword bly dié keer uit. Novembermaand se son skyn met alle geweld op die motor neer en my hande klem wit om die stuurwiel. Dis alles waar, dis alles werklikheid.

    Helfte, driekwart van die ellende is om dit tuis te gaan vertel. Want Henda vermoed niks. Sy weet nie eens dat ek vandag by die dokter was nie. Hoe kom ’n mens met so iets by die huis aan; hoe vertel jy daarvan?

    Dis erger as wat ek verwag het.

    By die huis is daar groot vrolikheid. Ons pa is hier! roep Henda opgeruimd, en die kinders en hulle maters swerm om my. As Pa stad toe was, is die tuiskomslag altyd ’n okkasie. Wie weet, dalk het hy op die koop toe nog iets saamgebring ook.

    Dit borrel oor van al die dinge wat die dag gebeur het. Groot dinge. Die honde het na die bure se kind gehap – Ons sal sowaar plan moet maak met die twee honde. Hulle kan nie so los rondloop nie. Netnou het ons rêrig sonde met die bure – hulle het dit al klaar met óns! – en die stoof het ingegee. Dit lyk nie of die tuinman plan het om weer sy verskyning te maak nie. Hulle het geskakel, die kultuurraadsvergadering is uitgestel. En ek moet my baadjie gaan uittrek en my das afhaal, dan drink ons saam tee in die sitkamer.

    In die slaapkamer vou ek die nota wat die ontvangsdame vir my gegee het, weer oop, en lees en herlees die besonderhede oor die saal waar en die tyd wanneer ek my by die hospitaal moet aanmeld. Daar staan dit. Koue woorde, swart op wit. Dis die werklikheid, soos die onnutsige honde en die gebreekte stoof en die ontroue tuinman en die koppie tee die werklikheid is.

    Later bedaar die roesemoes in die huis en is ons twee alleen. Ek het heelpad gedink oor die regte woorde, gesoek na ’n manier om dit te sê. Maar nou weet ek glad nie hoe nie; ek het die ding dan nog self nie verwerk nie.

    Henda …

    En sy wat my so goed ken, weet dadelik.

    Daar is fout. Ek sien dit nou. Wat is dit?

    Toe vertel ek. Dis ’n damwal wat breek. Alles moet gesê word, gou gesê word: Sy moet weet. Dis ons onheilsdag.

    Sy sit bleek teenoor my, meteens heeltemal weerloos.

    Hoekom het jy my nie gesê daar is fout en dat jy spesialis toe …

    Sal sy verstaan as ek sê dit was omdat ek nie wou hê dat sy haar onnodig moet bekommer nie? Omdat ek vas geglo het dat daar geen rede vir bekommernis is nie?

    Maar as ek geweet het, was jy nie so alleen nie, was alles vir jou draagliker …

    Dis waar. Maar ek was so seker.

    Meteens is sy by my, is ons in mekaar se arms, hou ons mekaar vas, huil ons by mekaar. Ons het mekaar lief en ons het mekaar nodig. Ons wil nog saam met mekaar oud word, ons kinders groot sien, ons nageslag …

    Dis tog die versugting van die skrywer van die psalm-vir-die-huisgesin, Psalm 128.

    Mag die Here jou seën uit Sion, só staan dit daar van die man wat die Here dien, dat jy jou kindskinders mag aanskou! (1953-vertaling).

    En in ons huis word die Here gedien. Kan dit dan wees dat Hy sal toelaat dat ons gesin nou al uitmekaar geruk word?

    Ons kniel en bid saam.

    O God, wees ons genadig.

    Maar die rus en kalmte

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1