Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

Gemeenskap Quotes

Quotes tagged as "gemeenskap" Showing 1-5 of 5
Jaco Strydom
“Ek het al dikwels gesien hoe mense wat ons Echo-gemeenskap besoek, aanvanklik heel beïndruk is, maar gou ’n mate van ontnugtering beleef as hulle ons eers beter leer ken. Daar is dalk liefde en selfopoffering, maar daar is ook baie chaos en konflik. Ek wonder soms, wat het hulle verwag, St Franciscus se happy band of brothers? I wish!”
Jaco Strydom, Confessions oor kerkwees

Jaco Strydom
“Die alternatief vir krummels-gooi vir die armes is nie om brode te gooi nie, maar om 'n maaltyd te deel.”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Jaco Strydom
“Kom ons reël 'n braai, dan moan ons bietjie oor hoe sleg dit gaan in die nuwe Suid-Afrika.”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Jaco Strydom
“God is ’n vreemde Kunstenaar. Hy skilder skilderye wat self ook kan skilder.”
Jaco Strydom

Jaco Strydom
“Ons is geneig om te soek na bewyse wat ons angstigheid regverdig. Ons doen dit, dikwels onbewustelik, deur die stories wat ons vrese bevestig ernstig op te neem, en dié wat die teendeel bewys met agterdog te beluister.
Onbekend is onbemind. Die enigste teenvoeter vir groeiende vooroordele en die vrese wat daarmee saamgaan, is dat ons dit doelbewus nader aan mekaar waag, en dat ons leer om met ons ore te luister en nie met ons ego’s nie.”
Jaco Strydom, Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense