Salzburg
Salzburg is die hoofstad van die gelyknamige Oostenrykse deelstaat en met 'n bevolking van 148 521 die vierde grootste stad in die land ná Wene, Graz en Linz. Die agglomerasie van Salzburg het sowat 210 000 inwoners.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Oostenryk |
Deelstaat | Salzburg |
Koördinate | 47°48′N 13°2′E / 47.800°N 13.033°O |
Stigting | 15 v.C. (Iuvavum) |
Stadstatus | Voor 1120 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 65,678 vk km |
Hoogte bo seevlak | 424 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2012) | 148 521 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 261/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Heinz Schaden (SPÖ) |
Amptelike Webwerf | Stadt Salzburg |
Dikwels word na Salzburg as die "Mozartstad" verwys aangesien dit die geboortestad van die beroemde komponis is en ook die plek waar hy meer as die helfte van sy lewe deurgebring het. Danksy die verwysing na 'n aartsbiskoplike stadsregter in 'n historiese dokument uit die tydperk tussen 1120 en 1130 is Salzburg die oudste nedersetting met stadstatus in die gebied van die huidige Oostenryk.
Die stad het sy naam en oorspronklik ook sy welvaart aan sout, die "wit goud", te danke, terwyl die onafhanklike vorsbiskoppe, wat die stad tot in die vroeë 19de eeu geregeer het, aan die stad 'n sterk Italiaanse karakter gegee het sodat na Salzburg dikwels as die "Rome van die Noorde" verwys word. Die historiese stadskern - met sy kenmerkende stadshorison wat die vesting Hohensalzburg, die domkerk in die Barokstyl, die Fransiskane- en Universiteitskerk aan die voet van die Mönchsberg insluit - is deur UNESCO in 1997 as wêrelderfenisgebied gelys.
Fotogalery
wysig-
Panoramiese uitsig
-
Salzach-rivier
-
Sigmund-Haffner-Gasse
-
Red Bull Hangar 7
-
Mirabellgarten
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Salzburg.
- (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy