Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Dagestan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek van Dagestan

Ligging van die Republiek van Dagestan in Rusland
Land Russiese Federasie
Russiese naam Республика Дагестан
Status Republiek
Stigting 20 Januarie 1921
Federale distrik Noord-Kaukasiese
Ekonomiese streek Noord-Kaukasiese
Hoofstad Machatsjkala
Oppervlakte 50 300 km²
Rang: oppervlakte 52
Bevolking 2 576 531 (2002)
Rang: bevolking 22
Tale Russies, Aghul, Avar, Azeri, Tsjetsjnies, Dargwa, Koemik, Lak, Lezgies, Nogai, Rutul, Tabasaran, Tat, Tsakhur[1]
President Moechoe Alijef
Premier Sjamil Zainalof
Amptelike webtuiste www.e-dag.ru
Kentekennommer 5

Wapen
Lêer:FlagofDaghestan.svg
Vlag

Die Republiek van Dagestan (Russies: Респу́блика Дагеста́н, Respoeblika Dagestan) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Dit is die grootste republiek in die Noord-Kaukasus wat grootte en bevolking betref.

Die woord "Dagestan" beteken "land van berge". Dit word in die Arabiese alfabet geskryf as داغستان.

Geografie

’n Paartjie in tradisionele klere. Sergei Prokoedin-Gorski, omstreeks 1907 tot 1915.

Dagestan is in die Noord-Kaukasiese berge geleë. Dit is die mees suidelike gebied van Rusland. Dit is 50 300 km² groot en grens aan Kalmikië, Tsjetsjnië, Stawropol-krai, Azerbeidjan, Georgië en die Kaspiese See.

Die grootste deel bestaan uit berge en die hoogste punt is Berg Bazardjoezi, wat 4 466 meter hoog is. Daar is sowat 1 800 riviere, waarvan die belangrikstes die Soelak, Samoer en Terek is.

Demografie

Vanweë die berge wat reis en kommunikasie bemoeilik, is die republiek etnies uiteenlopend. Anders as in die res van Rusland groei die bevolking vinnig. Volgens die 2002-sensus maak Avars, Dargins en Lezgins 75% van die bevolking uit, Koemiks en Nogai 16% en Russe 5%. Daar is ook talle ander groepe. Ondanks die etniese verskeidenheid is sowat 90,4% van die bevolking Moslems.

Die taal wat die meeste gepraat word, is Russies, maar meer as 30 plaaslike tale word ook gepraat.

Ekonomie

Die volgende sektore word onderskei:

Van die belangrikste produkte wat vervaardig word, is kos, krag, olie, masjiene, chemiese stowwe en instrumente. Vis, wyn, brandewyn en vrugte is van die belangrikste landbouprodukte.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Volgens Artikel 11 van die Grondwet van Dagestan is die amptelike tale "Russies en die tale van die volke van Dagestan"