Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Tsjetsjnies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tsjetsjniërs.
 
Tsjetsjnies
Нохчийн Мотт / Noxçiyn Mott / نَاخچیین موٓتت / ნახჩიე მუოთთ
Nokhchiin mott 
Uitspraak: [ˈnɔx.t͡ʃiːn mu͜ɔt]
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland 
Gebied: Tsjetsjnië
Totale sprekers: 1,5 miljoen[1]
Taalfamilie: Noordoos-Kaukasies
 Nach
  Wainach
   Tsjetsjnies 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet
Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Rusland Rusland
Gereguleer deur: geen
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NE Nie bedreig nie
Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: ce
ISO 639-2: che
ISO 639-3: che 
Verspreiding van Tsjetsjnies
Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Tsjetsjnies (Нохчийн Мотт / Noxçiyn Mott / نَاخچیین موٓتت / ნახჩიე მუოთთ, Nokhchiin mott, [ˈnɔx.t͡ʃiːn mu͜ɔt]) word deur 1,5 miljoen mense wêreldwyd gepraat, maar veral in Tsjetsjnië, Rusland, waar dit ’n amptelike taal is. Dit is saam met Ingoesjeties en Bats lid van die Nach-tak van die Noordoos-Kaukasiese taalfamilie. Daar is verskeie dialekte.

Grammatika

[wysig | wysig bron]

Tsjetsjniese selfstandige naamwoorde val in ses klasse of geslagte, elk met ’n spesifieke voorvoegsel waarmee die werkwoord of byvoeglike naamword ooreenstem. Werkwoorde word nie beïnvloed deur die getal van die onderwerp nie.

Daar is agt naamvalle (nominatief, genitief, datief, ergatief, instrumentaall, substantief, komparatief en lokatief) en ’n hele paar agtersetsels om die rol van die selfstandige naamwoord in die sin aan te dui.

Skryfstelsels

[wysig | wysig bron]

Verskeie inskripsies in die Georgiese alfabet is in die bergagtige dele van Tsjetsjnië gevind, maar almal was nie in Tsjetsjnies nie. Later is ’n Arabiese skryfstelsel ontwikkel wat onder meer in 1910, 1920 en 1922 hersien is. Terselfdertyd is ’n alfabet ontwikkel met Cyrilliese, Latynse en Georgiese letters wat vir akademiese doeleindes gebruik is. In 1911 is dit ook hersien, maar dit het nooit onder die Tsjetsjniërs self gewild geword nie.

Die Latynse alfabet is van 1925 af gebruik, maar van 1938 tot 1992 is net die Cyrilliese alfabet gebruik:

Cyrillies Naam Mod. Latyns Naam IPA
А а а A a a /ə/, /ɑː/
Аь аь аь Ä ä ä /æ/, /æː/
Б б бэ B b be /b/
В в вэ V v ve /v/
Г г гэ G g ge /ɡ/
ГӀ гӀ гӀа Ġ ġ ġa /ɣ/
Д д дэ D d de /d/
Е е е E e e /e/, /ɛː/, /je/, /ie/
Ё ё ё yo /jo/ etc.
Ж ж жэ Ƶ ƶ ƶe /ʒ/, /dʒ/
З з зэ Z z ze /z/, /dz/
И и и I i i /ɪ/
Ий ий Ii ii /iː/
Й й
(я, ю, е)
доца и Y y doca i /j/
К к к K k ka /k/
Ккх ккх Kk kk /kː/
Кх кх кх Q q qa /q/
Кхкх кхкх Qq qq /qː/
Къ къ къа Q̇ q̇ a /qʼ/
КӀ кӀ кӀа Kh kh kha /kʼ/
Л л лэ L l el /l/
М м мэ M m em /m/
Н н нэ N n en /n/
О о о O o o /o/, /ɔː/, /wo/, /uo/
Оь оь оь Ö ö ö /ɥø/, /yø/
П п пэ P p pe /p/
Пп пп Pp pp /pː/
ПӀ пӀ пӀа Ph ph pha /pʼ/
Р р рэ R r er /r/
РхӀ рхӀ Rh rh /r̥/
С с сэ S s es /s/
Сс сс Ss ss /sː/
Т т тэ T t te /t/
Тт тт Tt tt /tː/
ТӀ тӀ тӀа Th th tha /tʼ/
У у у U u u /uʊ/
Ув ув Uu uu /uː/
Уь уь уь Ü ü ü /y/
Ф ф фэ F f ef /f/
Х х хэ X x xa /x/
Хь хь хьа Ẋ ẋ a /ʜ/
ХӀ хӀ хӀа H h ha /h/
Ц ц цэ C c ce /ts/
ЦӀ цӀ цӀа Ċ ċ ċe /tsʼ/
Ч ч чэ Ç ç çe /tʃ/
ЧӀ чӀ чӀа Ç̇ ç̇ ç̇e /tʃʼ/
Ш ш шэ Ş ş şa /ʃ/
Щ щ щэ
(Ъ) ъ чӀогӀа хьаьрк Ə ə ç̇oġa ärk /ʔ/
(Ы) ы ы
(Ь) ь кӀеда хьаьрк
Э э э E e e /e/ etc.
Ю ю ю yu /ju/ etc.
Юь юь юь /jy/ etc.
Я я я ya /ja/ etc.
Яь яь яь /jæ/ etc.
Ӏ Ӏ Ӏа J j ja /ʡ/, /ˤ/

Van 1992 af is ’n nuwe Latynse alfabet gebruik, maar ná die val van die afskeidingsregering is die Cyrilliese alfabet weer in gebruik geneem.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Chechen". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 22 Augustus 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Tsjetsjnies