Dagestan
Republiek van Dagestan | |
---|---|
Ligging van die Republiek van Dagestan in Rusland | |
Land | Russiese Federasie |
Russiese naam | Республика Дагестан |
Status | Republiek |
Stigting | 20 Januarie 1921 |
Federale distrik | Noord-Kaukasiese |
Ekonomiese streek | Noord-Kaukasiese |
Hoofstad | Machatsjkala |
Oppervlakte | 50 300 km² |
Rang: oppervlakte | 52 |
Bevolking | 2 576 531 (2002) |
Rang: bevolking | 22 |
Tale | Russies, Aghul, Avar, Azeri, Tsjetsjnies, Dargwa, Koemik, Lak, Lezgies, Nogai, Rutul, Tabasaran, Tat, Tsakhur[1] |
President | Moechoe Alijef |
Premier | Sjamil Zainalof |
Amptelike webtuiste | www.e-dag.ru |
Kentekennommer | 5 |
Wapen |
Lêer:FlagofDaghestan.svg Vlag |
Die Republiek van Dagestan (Russies: Респу́блика Дагеста́н, Respoeblika Dagestan) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Dit is die grootste republiek in die Noord-Kaukasus wat grootte en bevolking betref.
Die woord "Dagestan" beteken "land van berge". Dit word in die Arabiese alfabet geskryf as داغستان.
Geografie
Dagestan is in die Noord-Kaukasiese berge geleë. Dit is die mees suidelike gebied van Rusland. Dit is 50 300 km² groot en grens aan Kalmikië, Tsjetsjnië, Stawropol-krai, Azerbeidjan, Georgië en die Kaspiese See.
Die grootste deel bestaan uit berge en die hoogste punt is Berg Bazardjoezi, wat 4 466 meter hoog is. Daar is sowat 1 800 riviere, waarvan die belangrikstes die Soelak, Samoer en Terek is.
Demografie
Vanweë die berge wat reis en kommunikasie bemoeilik, is die republiek etnies uiteenlopend. Anders as in die res van Rusland groei die bevolking vinnig. Volgens die 2002-sensus maak Avars, Dargins Tabasaranins en Lezgins 80% van die bevolking uit, Koemiks en Nogai 15% en Russe 4%. Daar is ook talle ander groepe. Ondanks die etniese verskeidenheid is sowat 95% van die bevolking Moslems.
Die taal wat die meeste gepraat word, is Russies, maar meer as 30 plaaslike tale word ook gepraat.
Ekonomie
Die volgende sektore word onderskei:
- 24% nywerheid
- 35% landbou
- 26% konstruksie
- 9% handel en dienste
- 5% vervoer en telekommunikasie
- 1% ander
Van die belangrikste produkte wat vervaardig word, is kos, krag, olie, masjiene, chemiese stowwe en instrumente. Vis, wyn, brandewyn en vrugte is van die belangrikste landbouprodukte.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
- ↑ Volgens Artikel 11 van die Grondwet van Dagestan is die amptelike tale "Russies en die tale van die volke van Dagestan"