Edenville
Voorkoms
Edenville | |
---|---|
NG kerk Edenville | |
Koördinate: 27°33′S 27°40′O / 27.550°S 27.667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Fezile Dabi |
Munisipaliteit | Ngwathe |
Stigting | 1912 |
Oppervlak | |
• Totaal | 5,00 km2 (1,93 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 433 |
• Digtheid | 87/km2 (230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 0.9% |
• Swart mense | 94.7% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 88.0% |
• Afrikaans | 4.7% |
• Zoeloe | 3.2% |
• Gebaretaal | 1.0% |
• Ander | 3.1% |
Poskode (strate) | 9535 |
Poskode (posbusse) | 9535 |
Edenville is 'n klein landboudorp in die Noord-Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is 48 km noordoos van Kroonstad en 50 km suidwes van Heilbron.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Edenville is op 29 Oktober 1912 op die plase Welgelegen, Landgoed en Erfdeel-Noord aan die bolope van die Doringspruit geproklameer nadat die plaaslike gemeenskap petisies vir 'n nuwe dorp ingedien het. Die dorp het in 1922 'n munisipaliteit geword. Die naam verwys blykbaar na die Bybelse Hof van Eden.[2]
Die NG gemeente Edenville is op 13 Augustus 1913 gestig. Die kerkgebou, een van Johannes Rienk Burg se vyf NG kerk-ontwerpe, is op 7 April 1922 deur ds. J.D. Kestell ingewy.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die belangrikste produkte geproduseer is mielies, vleis en suiwelprodukte. Daar is ook 'n groot graanmeule op die dorp.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Edenville". Sensus 2011.
- ↑ "Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)". Human Science Research Council. p. 151.