Vrystaat
Vlag |
Wapen |
Hoofstad | Bloemfontein |
Grootste stad | Bloemfontein |
Oppervlakte – Totaal |
Geranglys 3de 129 480 vk km |
Bevolking[1] – Totaal (2011) – Bev.digtheid |
Geranglys 8ste 2 745 590 21 / vk km |
Tale | Suid-Sotho (64,2%), Afrikaans (12,7%), Xhosa (11,5%), Tswana (5,2%), Engels (2,9%), Zoeloe (1,4%) |
Etniese verdeling | Swart mense (87,6%), Wit mense (8,7%), Bruin mense (3,1%), Asiërs (0,4%) |
Premier | Maqueen Letsoha-Mathae (ANC) |
Die Vrystaat (Suid-Sotho: Foreistata, Engels: Free State) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Sy hoofstad is Bloemfontein wat ook Suid-Afrika se geregtelike hoofstad is.
Op 'n landkaart lyk die Vrystaat nog net soos die ou Boererepubliek van die negentiende eeu, die Oranje-Vrystaat – in die landelike hartland van Suid-Afrika. Maar in die twintigste eeu is sy landelikheid veral in die noorde dramaties verander deur die ontdekking van goud en die vervaardiging van olie uit steenkool. Die ou naam Oranje-Vrystaat is in Junie 1995 tot Vrystaat verkort.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Sien Oranje-Vrystaat
Demografie
[wysig | wysig bron]- Bevolking (2017-skatting): 2 890 000.
- Tale: Suid-Sotho (64,4%), gevolg deur Afrikaans (14%).
- Meeste van die wit- en bruinmense praat Afrikaans, die meeste Indiërs praat Engels en meeste van die swartmense praat Suid-Sotho.
Geografie
[wysig | wysig bron]Oppervlakte: Sowat 129 825 km².
Ligging en topografie
[wysig | wysig bron]Die Vrystaat lê tussen die Oranje- en die Vaalrivier en word omring (kloksgewys van bo af) deur Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes. Die provinsie is geleë op die Hoëveld, die groot plato waarop 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland lê. In die verre weste is die Vrystaat plat en yl begroei, maar die res van die provinsie word deur uitgebreide grasvlaktes gekenmerk. Die landskap raak heel aanskoulik in die Oos-Vrystaat namate 'n mens die Drakensberge nader.
Distrikte
[wysig | wysig bron]Daar is 4 distrikte in die provinsie Vrystaat, naamlik:
- Fezile Dabi (voorheen Noord-Vrystaat)
- Lejweleputswa (voorheen Gold Fields)
- Thabo Mofutsanyana
- Xhariep
Dorpe en stede
[wysig | wysig bron]- Arlington
- Bethlehem
- Bethulie
- Bloemfontein
- Bothaville
- Brandfort
- Clarens
- Ficksburg
- Frankfort
- Gariepdam
- Harrismith
- Heilbron
- Hennenman
- Hobhouse
- Jagersfontein
- Koffiefontein
- Koppies
- Kroonstad
- Ladybrand
- Odendaalsrus
- Parys
- Petrus Steyn
- Phuthaditjhaba
- Reddersburg
- Reitz
- Rouxville
- Sasolburg
- Senekal
- Smithfield
- Thaba Nchu
- Theunissen
- Trompsburg
- Virginia
- Vrede
- Vredefort
- Welkom
- Winburg
- Zastron
Ekonomie
[wysig | wysig bron]Die Vrystaat is 'n belangrike mynbou-provinsie in die middel van Suid-Afrika en goud, diamante en steenkool word ontgin. Sintetiese brandstof word in Sasolburg uit steenkool vervaardig. Op die koop toe is die provinsie 'n vername landbousentrum waar 'n groot verskeidenheid van gewasse gekweek word, waaronder mielies, aartappels, sonneblomsaad, koring en sorghum. Die meeste van die land se kersies word in die Ficksburg-gebied geoes; daar vind ook jaarliks 'n kersiefees plaas. Suiwel- en skaapboerdery dra ook grootliks tot die ekonomie by.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "2011-sensus" (PDF). Statistiek Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2015. Besoek op 13 November 2015.
Bronne
[wysig | wysig bron]- van Schoor, M.C.E.: Die Vrystaat. In: Ons Land. 'n Reeks van 65 praatjies uitgesaai in die Afrikaanse diens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie van 1 September tot 16 November 1967.
- Vrystaat by Mieliestronk - Met toestemming gebruik
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vrystaat. |
- (en) Toerisme-inligting oor Vrystaat op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Vrystaat.
Provinsies van Suid-Afrika | |
---|---|
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap |