25143 Itokawa
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Lincoln Labs Socorro |
Datum | 26 September 1998 |
Alternatiewe name | 1998 SF36 |
Kleinplaneet-kategorie | Apollo-asteroïde[1] |
Etimologie | Hideo Itokawa, Japannese vuurpylingenieur |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Epog 2458600.5 (17-Apr-'19) | |
Afelium | 1.695094727(3) AE |
Perihelium | 0,953190591(4) AE |
Halwe lengteas | 1,324142659(2) AE |
Wentelperiode | 1,52 jr. |
Gem. omwentelingspoed | km/s |
Gem. anomalie | 288.876412(10) ° |
Baanhelling | 1,6213540(2) ° |
Lengteligging van stygende nodus | 69,08062(5) ° |
Periheliumhoek | 162,824302(5) ° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 0,33 km |
Massa | 3,51 10+10 kg |
Gem. digtheid | 1,9 [g/cm3] |
Rotasieperiode | 12,132 uur[1] |
Spektraaltipe: | S(IV) |
Absolute magnitude | 19,2[1] |
25143 Itokawa is 'n asteroïde. Dit is 'n naby-aarde-voorwerp (NAV).
Sy grootte is 535x294x209 m. Die gemiddelde deursnee is 320 meter. Die wentelperiode is 12,1 uur, die digtheid 1,9 cm3 en dit wentel in retrograde rigting. Die onreëlmatige vorm van die kleinplaneet word soms met 'n drywende seeotter s'n vergelyk. Die grootste klip meet omtrent 50x30x20 meter. Dit lê naby die "regtervoet" van die "liggaam" en word Yoshinodai genoem.[2]
Hayabusa
[wysig | wysig bron]Op 20 November 2005 het die Japannese ruimtetuig Hayabusa die eerste poging aangewend om op die kleinplaneet te land maar het baie probleme ondervind. Op 25 November volg die tweede poging. Die landing en die latere vertrek het geslaag, maar die projektiel wat vir die monsterneming benodig was het nie afgevuur nie. Gelukkig is deur statiese elektrisiteit tog deeltjies versamel wat op 13 Junie 2010 op aarde aangekom het. Die missie het ondanks baie probleme tog uiters waardevolle inligting opgelewer.[2]
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Die resultate van die sigbare en naby-infrarooi-spektra wys dat Itokawa kenmerkend is vir 'n S-tipe-asteoïde met 'n breë absorpsieband naby 1 um. Dit bevestig wat vanaf die aarde reeds gesien is. Die materiaal waaruit die kleinplaneet bestaan kom met 'n LL5-6 chondriet ooreen. Die wentelperiode het toegeneem van 6,5 uur omtrent 100 000/180 000 jaar gelede deur die sogenaamde YORP-effek en daar is aanwysings dat Itokawa uit twee verskillende liggame saamgestel is wat taamlik in digtheid verskil het (omtrent 1750 en 2850 kg/m3). Die huidige kleinplaneet is eintlik net 'n hoop puin wat oorgebly het van 'n katastrofale botsing.
Die stofdeeltjies wat die missie na die aarde gebring het is met talle wetenskaplike tegnieke ondersoek. Hulle bestaan hoofsaaklik uit die minerale olivien, Ca-ryke en Ca-arme pirokseen, plagioklaas en troiliet met klein hoeveelhede kamasiet, taeniet, chromiet, kaliumveldspaat, apatiet en merrilliet. Die chemiese samestelling en die suurstofisotoopanalise kom ooreen met 'n LL chondriet wat in ewewig is. Die yster II/III-verhouding in plagioklaas is omtrent 50-50 wat wys dat die materiaal onder taamlik oksiderende omstandighede gevorm is. Dit is normaal vir LL-chondriete.
Die kleinplaneet het waarskynlik ontstaan uit 'n groter LL-chondrietliggaam van 20 km-deursnee wat deur radioaktiewe verhitting veroorsaak deur die nou uitgestorwe oerisotoop aluminium-26 'n temperatuur van omtrent 800 °C bereik het. Die maksimum temperatuur is dalk na 4 miljoen jaar bereik. Later het 'n katastrofale botsing plaasgevind en puin daarvan het deur die swaartekrag weer saamgekom, eers as 'n binêre stelsel. Later het die kop en die liggaam een geheel gevorm.
Itokawa het deur ν6-sekulêre resonansie uit die hoofgordel van die asteroïde in 'n baan naby die aarde gekom en is nou waarskynlik reeds 60-75 jaar daar teenwoordig.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 JPL
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Asteroids IV Patrick Michel, Francesca E. DeMeo, William F. Bottke University of Arizona Press, 2015, ISBN 0-8165-3218-4, ISBN 978-0-8165-3218-6