Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Bruinkol-kurper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bruinkol-kurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
(Regan, 1920)[1]
Spesie:
S. thumbergi
Binomiale naam
Serranochromis thumbergi
(Castelnau, 1861)[2]

Die Bruinkol-kurper (Serranochromis thumbergi) is 'n varswatervis wat in die Okavango-, Kunene- en Kafueriviere en boonste gedeelte van die Zambezirivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Brownspot largemouth.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die wyfie is grysbruin en die vinne is blougrys met ligte blou rante. Die mannetjie is olyfbruin en die skubbe is roesrooi in die middel. Die onderkant van die kop en onderkant van die vis is roomkleurig en die pensvinne is geel terwyl die stert- en dorsalevinne olyf is met geel rante. Die anale vin is liggeel met oranje kolle op. Die vis word tot 33 cm lank en weeg ongeveer 1.2 kg. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 0.215 kg.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Die vis leef in vloedvlaktes, kanale en lagunes maar verkies oop water. Hulle vreet insekte, krappe en vis. Die vis is hoofsaaklik 'n sportvis.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Regan, C. T. 1920. The classification of the fishes of the family Cichlidae.--I. The Tanganyika genera. Ann. Mag. Nat. Hist. (Ser. 9) v. 5 (núm. 25): 33-53.
  2. BioLib (en)