Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Bugatti

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bugatti Automobiles S.A.S.

Tipe Société par actions simplifié (S.A.S.)
Gestig Oorspronklik 1909,
herstigting in 1987 en 1998
Hoofkwartier Molsheim, Frankryk
Sleutelpersone Oorspronklik Ettore Bugatti,
tans Volkswagen
Industrie Motorvervaardiger
Produkte Motorvoertuie
Inkomste
Aantal werkers
Slagspreuk
Webruimte www.bugatti.com

Bugatti was 'n motorvervaardiger in Molsheim, Elsas (tans Frankryk) wat deur die Italiaans-gebore Ettore Bugatti gestig is. Bugatti-motors is tussen 1909 en 1963 vervaardig, en ná 'n pouse van vier dekades het die Duitse motorvervaardiger Volkswagen AG die historiese motorhandelsmerk in 2005 laat herleef.

Bugatti Type 35B. Musée National de l'Automobile, Mulhouse, Frankryk
Bugatti Veyron 16.4. Konsepmotor, Volkswagen-skouwinkel in Friedrichstraße, Berlyn, Duitsland

Bugatti word by die legendariese motorhandelsmerke van Europa gereken. Motors, wat deur Bugatti ontwerp en vervaardig is, was van die edelste en beste sport- en sedanmotors van hul tyd en het 'n legende van dié vervaardiger gemaak. Die oorspronklike Bugatti-motorfabriek is ná die Tweede Wêreldoorlog gesluit. Sedertdien is Bugatti twee keer nuwe lewe as motorhandelsmerk gegee.

In 1987 het Romano Artioli die maatskappy Bugatti Automobili SpA in Italië gestig. Die ontwerp- en naamregte is in 1998 deur die Duitse Volkswagen AG oorgeneem. Sedertdien bestaan Bugatti weer as Bugatti Automobiles S.A.S.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]