Faf du Plessis
Francois du Plessis | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Francois du Plessis | |||||
Gebore | 13 Julie 1984 Pretoria, Transvaal, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Faf | |||||
Lengte | 1,80 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig ortodoks | |||||
Boulstyl | Regterarm bybreek | |||||
Rol | Veelsydige kolwer | |||||
Familie | Hardus Viljoen (swaer) | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 314) | 22 November 2012 v Australië | |||||
Laaste Toets | 4 Februarie 2021 v Pakistan | |||||
Toetshempno. | 18 | |||||
EDI debuut (no 101) | 18 Januarie 2011 v Indië | |||||
Laaste EDI | 6 Julie 2019 v Australië | |||||
EDI hempno. | 18 | |||||
T20I debuut (no 52) | 8 September 2012 v Engeland | |||||
Laaste T20I | 1 Desember 2020 v Engeland | |||||
T20I hempno. | 18 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2004–2011 | Noordelikes | |||||
2005– | Titans | |||||
2008–2009 | Lancashire | |||||
2011–2015 | Chennai Super Kings | |||||
2012 | Melbourne Renegades | |||||
2016–2017 | Rising Pune Supergiants | |||||
2018– | Chennai Super Kings | |||||
2018 | Paarl Rocks | |||||
2019 | Kent | |||||
2020 | Peshawar Zalmi | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | EDI | T20I | 1ste rang | ||
Wedstryde | 69 | 143 | 50 | 150 | ||
Lopies aangeteken | 4163 | 5507 | 1528 | 8798 | ||
Kolfgemiddeld | 40,03 | 47,47 | 35,53 | 39,27 | ||
100s/50s | 10/21 | 12/35 | 1/10 | 18/52 | ||
Hoogste telling | 199 | 185 | 119 | 199 | ||
Aflewerings geboul | 78 | 192 | 8 | 2558 | ||
Paaltjies | 0 | 2 | 0 | 41 | ||
Boulgemiddeld | – | 94,50 | – | 36.02 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | – | 0 | – | 0 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | – | 0 | – | 0 | ||
Beste boulontleding | – | 1/8 | – | 4/39 | ||
Vangskote/Stonkings | 63/– | 81/– | 24/– | 141/– | ||
Bron: ESPNcricinfo, 17 Februarie 2021 |
Francois du Plessis (gebore 13 Julie 1984 in Pretoria, Transvaal) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat op internasionale vlak vir die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan, die Proteas, speel en die vorige kaptein van die span in al drie vorme van die spel was. Hy is 'n regshandige middelkolwer wat ook deeltyds draaiballe boul. Du Plessis het plaaslike krieket vir Noordelikes en die Titans gespeel, sowel as wedstryde vir Lancashire, die Chennai Super Kings en die Melbourne Renegades. Hy maak sy toetsbuiging in November 2012 en word slegs die vierde Suid-Afrikaner wat 'n toetshonderdtal tydens sy debuutwedstryd aanteken.[1] Du Plessis was ook T20I-kaptein van die Proteas sedert die Twintig20-reeks teen Nieu-Seeland in Februarie 2013.[2] Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011, 2015 en 2019, die Kampioenetrofeë in 2013 en 2017, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2012, 2014 en 2016 vir Suid-Afrika gespeel.
Hy is in 2019 as Suid-Afrika se krieketspeler van die jaar en eendagkrieketspeler van die jaar aangewys.[3] Op 17 Februarie 2021 het Faf du Plessis sy uittreding uit toetskrieket aangekondig.[4]
Uitbeelding
[wysig | wysig bron]Du Plessis matrikuleer by die Afrikaanse Hoër Seunskool, 'n openbare skool in Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika. Hy het saam met mede-Titanskrieketspelers AB de Villiers, Heino Kuhn en Jacques Rudolph skoolgegaan. Hy is ook 'n gegradueerde van die Universiteit van Pretoria.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Scorecard, Wisden India, http://www.wisdenindia.com/scorecard/Australia-v-South-Africa-Test-Series-2012/2nd-Test/Australia-vs-South-Africa/34883.html, besoek op 26 November 2012
- ↑ (en) Du Plessis takes over as T20 skipper, Wisden India, archived from the original on 5 Desember 2013, https://web.archive.org/web/20131205035940/http://www.wisdenindia.com/cricket-news/du-plessis-takes-t20-skipper/51575, besoek op 20 Februarie 2013
- ↑ (af) Johann Gresse (4 Augustus 2019). "Faf is Suid-Afrika se krieketspeler van die jaar". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2019. Besoek op 4 Augustus 2019.
- ↑ (en) "'Time is right to walk into a new chapter' – Faf du Plessis retires from Test cricket". ESPNcricinfo. 17 Februarie 2021. Besoek op 17 Februarie 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Faf du Plessis by ESPNcricinfo
- (en) Faf du Plessis by CricketArchive