Vernon Philander
Vernon Philander | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Philander speel vir Suid-Afrika teen Somerset in 2012. | ||||||
Volle naam | Vernon Darryl Philander | |||||
Gebore | 24 Junie 1985 Ravensmead, Bellville, Wes-Kaap, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Pro, V-Dawg, Big Vern | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm vinnig | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 311) | 9 November 2011 v Australië | |||||
Laaste Toets | 24 Januarie 2020 v Engeland | |||||
Toetshempno. | 75 | |||||
EDI debuut (no 86) | 24 Junie 2007 v Ierland | |||||
Laaste EDI | 23 Augustus 2015 v Nieu-Seeland | |||||
EDI hempno. | 24 | |||||
T20I debuut (no 29) | 11 September 2007 v Wes-Indië | |||||
Laaste T20I | 16 Desember 2007 v Wes-Indië | |||||
T20I hempno. | 24 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2001–2009 | Westelike Provinsie | |||||
2004 | Devon | |||||
2004- | Kaapse Kobras | |||||
2008 | Middlesex | |||||
2012 | Somerset | |||||
2013 | Kent | |||||
2013– | Jamaica Tallawahs | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | EDI | 1e rang | A-lys | T20I | |
Wedstryde | 64 | 30 | 168 | 129 | 7 | |
Lopies aangeteken | 1,779 | 151 | 4,941 | 1,418 | 14 | |
Kolfgemiddeld | 24.04 | 12.58 | 25.88 | 23.63 | 3.50 | |
100s/50s | 0/8 | 0/0 | 2/15 | 0/5 | 0/0 | |
Hoogste telling | 74 | 30 | 168 | 79* | 6 | |
Aflewerings geboul | 11391 | 1279 | 29,108 | 5,419 | 83 | |
Paaltjies | 224 | 41 | 580 | 129 | 4 | |
Boulgemiddeld | 22.32 | 24.04 | 21.84 | 32.61 | 28.50 | |
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 13 | 0 | 24 | 0 | 0 | |
10 paaltjies in 'n wedstryd | 2 | n/a | 2 | - | - | |
Beste boulontleding | 6/21 | 4/12 | 7/61 | 4/12 | 2/23 | |
Vangskote/Stonkings | 17/– | 6/- | 41/- | 12/- | 1/- | |
Bron: Cricinfo, 28 Januarie 2020 |
Vernon Darryl Philander (gebore 24 Junie 1985 in Bellville, Kaapstad) is 'n uitgetrede Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy is 'n regterarm-bouler en veelsydige speler, en het voorheen sy land op senior en onder-19 vlak verteenwoordig. Hy speel vir die Kaapse Kobras in plaaslike Suid-Afrikaanse krieket.
Philander maak sy EDI-debuut op sy 22ste verjaarsdag, teen Ierland in Belfast. Hy neem 4 paaltjies vir slegs 12 lopies, wat die wedstryd vir die Proteas beklink het. Hy het onder meer tydens die T20I-wêreldbeker 2007 en Krieketwêreldbeker 2015 vir Suid-Afrika gespeel.
Hy is as die tweede beste bouler en derde beste veelsydige speler in die wêreld gereken deur die IKR (gedurende Mei 2013). Die beste bouler op daardie stadium was Dale Steyn en die beste veelsydige speler Jacques Kallis, beide Suid-Afrikaners.
Philander het Engelse graafskapskrieket gespeel, eers vir Middlesex in April en Mei 2008, Somerset in April en Mei 2012, en laastens vir Kent in Julie 2013.[1] Hy het sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig in Januarie 2020.[2]
Op 20 Desember 2013 neem Philander sy 100ste toetspaaltjie in die eerste toets teen Indië in Johannesburg. Vir sy persoonlike rekord bereik hy die 100-paaltjiemerk in slegs 19 toetswedstryde, die sewende vinnigste bouler ooit. Vroeër dieselfde dag het hy 'n ankerbeurt van 59 lopies (van 86 balle) met die kolf aangeteken, wat bewys het dat hy 'n puik veelsydige speler vir die Proteas was.
Rekords
[wysig | wysig bron]Vyf paaltjies per toetsbeurt
[wysig | wysig bron]Vyf paaltjies per beurt deur Vernon Philander geneem[3] | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Nommer | Syfers | Wedstryd | Teen | Stad/Land | Veld | Begindatum | Uitslag |
1 | 5-15 | 1 | AUS | Kaapstad, Suid-Afrika | Saharapark Nuweland | 9 Nov 2011 | Wen |
2 | 5-70 | 2 | AUS | Johannesburg, Suid-Afrika | Wanderersstadion | 17 Nov 2011 | Verloor |
3 | 5-53 | 3 | SRI | Centurion, Suid-Afrika | SuperSport-park | 15 Des 2011 | Wen |
4 | 5-49 | ||||||
5 | 6-44 | 6 | NZL | Hamilton, Nieu-Seeland | Seddonpark | 15 Mrt 2012 | Wen |
6 | 6-81 | 7 | NZL | Wellington, Nieu-Seeland | Basin Reserve | 23 Mrt 2012 | Gelykop |
7 | 5-30 | 10 | ENG | Londen, Engeland | Lord's | 16 Aug 2012 | Wen |
8 | 5-7 | 13 | NZL | Kaapstad, Suid-Afrika | Saharapark Nuweland | 2 Jan 2013 | Wen |
9 | 5-59 | 15 | PAK | Kaapstad, Suid-Afrika | Saharapark Nuweland | 14 Feb 2013 | Wen |
Beste vertonings van sy loopbaan
[wysig | wysig bron]soos op 25 Desember 2013
Kolf | Boul | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Lopies | Wedstryd | Plek | Seisoen | Boulsyfer | Wedstryd | Plek | Seisoen | |
Toetse | 74 | Suid-Afrika v Pakistan | Centurion | 2013 | 6-44 | Proteas v Nieu-Seeland | Hamilton | 2012 |
EDI | 23 | Proteas v Engeland | Leeds | 2008 | 4-12 | Proteas v Ierland | Belfast | 2007 |
Twintig20 Internasionaal | 6 | Proteas v Engeland | Kaapstad | 2007 | 2-23 | Proteas v Bangladesj | Kaapstad | 2007 |
Eersterangs | 168 | Westelike Provinsie v Griekwaland Wes | Kimberley | 2004 | 7-61 | Kaapse Kobras v Knights | Kaapstad | 2012 |
A-lys | 79* | Suid-Afrika A v Bangladesj A | Oos-Londen | 2011 | 4-12 | Proteas v Ierland | Belfast | 2007 |
Twintig-20 | 56* | Kaapse Kobras v Hoëveldse Leeus | Johannesburg | 2007 | 5-17 | Kaapse Kobras v Natal Dolfyne | Kaapstad | 2010 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Kent sign South Africa all-rounder". BBC Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2013. Besoek op 24 Oktober 2013.
- ↑ (en) "Vernon Philander to retire after England Test series". ESPN Cricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 17 April 2020.
- ↑ (en) "Statsguru: Vernon Philander". Cricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2015. Besoek op 27 November 2013.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vernon Philander. |
- Vernon Philander by CricketArchive
- Vernon Philander by Cricinfo