Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Filum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
LeweDomeinKoninkrykFilumKlasOrdeFamilieGenusSpesie

'n Filum, of ook stam, is 'n woord wat gebruik word in die wetenskaplike klassifikasiestelsel om alle lewendige wesens te klassifiseer. Die oorspronklik Griekse woord (φῦλον, phulon, stam) is aangepas van die familiegroepgebaseerde phylai, Griekse stemgroepe in destydse stadstate. Die filum verteenwoordig die hoogste groepering van organismes. Dit word egter wel soms voorafgegaan deur superfilums.

Daar is ongeveer 35 filums, waarvan nege die oorgrote meerderheid spesies bevat. Talle filums kom uitsluitlik in seewater voor, en net een filum kom glad nie in die wêreld se oseane voor nie: die Onychophora of fluweelwurms. Die bekendste dierefilums is die weekdiere, stekelselliges, platwurms, rondewurms, gesegmenteerde wurms, geleedpotiges, en spinaalkoordiges, die filum waaraan die mens behoort.

Lys van dierefilums

[wysig | wysig bron]
Filum Betekenis Volksnaam Onderskeidende kenmerke Spesies bekend
Acanthocephala Doringkoppe Doringkopwurms Omdopbare stekelrige steeksnuit ongeveer 850
Acoelomorpha Sonder derms Geen mond of spysverteringskanaal
Annelida Ringetjies Gesegmenteerde wurms Veelvuldige sirkelvormige segmente ongeveer 15 000
Arthropoda Gelede pote Geleedpotiges Chitieneksoskelet meer as 1 134 000
Brachiopoda Armpotiges Lampskulpe Langgerekte strukture of "arms" tussen 300 en 500 nog bestaande
Bryozoa Mosdiere Mosdiere, seematte Lofofoor, geen stingeltjie, vangarms met trilhare ongeveer 5 000 lewende spesies
Chaetognatha Langharige kake Pylwurms Chitienagtige stekels aan weerskante van die kop, vinne ongeveer 100 spesies nog bestaande
Chordata Rugkoorde Diere met rugkoorde 'n Hol dorsale senukoord meer as 63 000
Cnidaria Stekelselliges Holtediere Nematosiste ongeveer 10 000
Ctenophora Kamdraers Kamjellies Agt "gekamde rye" van saamgesmelte trilhare ongeveer 100 huidige spesies
Cycliophora Wieldraendes Simbiont Sirkelvormige mond omring deur klein trilhare ten minste 3
Echinodermata Stekelrige velle Vyfvoudige radiale simmetrie, mesodermale versteende stekels ongeveer 7 000 spesies wat nog bestaan
Echiura Stekelsterte Lepelwurms 'n Stel hoeke aan die agterent ongeveer 140
Entoprocta Anus aan die binnekant Bekerwurm Anus aan die binnekant van 'n ring trilhare ongeveer 150
Gastrotricha Harige mae Meiofauna Twee terminale kleefbuise ongeveer 450
Gnathostomulida Kaakopenings Kaakwurms
Hemichordata Halwe koorde Akkerwurms 'n Stomokoord in 'n boordjie ongeveer 100 lewende spesies
Kinorhyncha Beweeglike snoete Modderdrake Elf segmente, elk met 'n dorsale plaat ongeveer 150
Loricifera Borsrokdraers Borselkoppe Sambreelagtige skubbe aan elke ent ongeveer 21
Micrognathozoa Klein kaakdiere Konsertina-agtige uitstootbare borskas 1
Mollusca Dun doppe Weekdiere Gespierde voet en 'n mantel rondom die dop ongeveer 70 000
Myxozoa Slymdiere Polêre kapsules wat soos nematosiste lyk ten minste 12 000
Nematoda Garingagtiges Rondewurms 'n Ronde kruisdeursnit, keratienvliesie 80 000 tot 1 miljoen
Nematomorpha Garingagtige vorms Perdehaarwurms ongeveer 320
Nemertea Seenimfe Striklintwurms ongeveer 1 200
Onychophora Kloudraers Fluweelwurms Chitienagtige kloue aan die punt van die pote ongeveer 110 wat nog bestaan
Orthonectida Reguit swemmers ongeveer 20
Phoronida Uit die mitologie: 'n meisie genaamd Io op wie Zeus verlief was Perdeskoenwurms 'n U-vormige spysverteringstelsel 20
Placozoa Buisdiere 1
Platyhelminthes Platwurms Platwurms ongeveer 25 000
Porifera Porie-draers Sponse 'n Geperforeerde binnewand meer as 5 000
Priapulida Peniswurms Peniswurms Terugtrekbare snoet omring deur papille 17
Rhombozoa Ruitvormige diere 'n Enkele aksiale sel omring deur trilhaarselle 75
Rotifera Wieldraers Radardiertjies 'n Skynbuikholte ongeveer 2 000
Sipuncula Klein buisies Grondboontjiewurms 'n Mond omring deur omkeerbare gryparms 144-320
Tardigrada Stadige stappers Waterbere 'n Liggaam en kop in vier segmente ongeveer 750
Xenoturbellida Vreemde platwurms Trilhaaragtige deuterostoom 2
TOTAAL 1 375 000+

Lys van die belangrikste protistafilums

[wysig | wysig bron]
Filum Betekenis Volksnaam Onderskeidende kenmerke
Rhodophyta Rooi plante Rooi alge Alge sonder selle, met 'n sweephaar
Chromista Gekleurdes Geen Alge met bladgroen
Alveolates Klein holtetjies Geen Ooreenkomste binne dié filum is geneties
Excavates Uitgrawers Geen Ooreenkomste binne dié filum is geneties
Rhizaria Van wortels Geen Ameboiede met skynvoete
Amoebozoa Veranderende diere Ameboiede Beweeg deur die vloei van sitoplasma
Choanozoa Tregterdiere Geen 'n Sweephaar omring deur mikrovilli
Talle ander minder belangrike filums binne die protista is nie hier gelys nie

Lys van plantafdelings

[wysig | wysig bron]
Afdeling Betekenis Volksnaam Onderskeidende kenmerke
Anthophyta Blomplante Plante wat blom Maak blomme en vrugte
Bryophyta Mosplante Mos en kruie Diploiede spore, sonder 'n vaatsisteem
Pteridophyta Varingplante Varings Diploiede spore en 'n vaatsisteem
Pinophyta Gom/pikplante Kegeldraende plante Keëls met sade
Sphenophyta Wigplante Perdesterte Fotosintetiese, hol, gelede en gerifde stingels
Cycadophyta Palmplante Broodbome Sade, met 'n kroon van saamgestelde blare
Ginkgophyta Ginkgoplante Ginkgo, Venushaarvaring Sade nie deur vrugte beskerm nie
Gnetophyta Geen Gnetofiete Sade en 'n houtagtige vaatsisteem

Lys van swamfilums

[wysig | wysig bron]
Filum Betekenis Volksnaam Onderskeidende kenmerke Spesies bekend
Chytridiomycota Potjiesampioene Skynskimmels Sellulose in die selwande, sweephaargamete ongeveer 900[1]
Deuteromycota Tweede sampioene Onperfekte swamme Plant slegs aseksueel voort ongeveer 17 000[2]
Zygomycota Eiergeelsampioene Zigomisete Dit meng gametangia om 'n zigosporangium te vorm ongeveer 900[3]
Glomeromycota Balsampioene Geen Vorm swamwortels met plante ongeveer 200[4]
Ascomycota Wynsaksampioene Sakswamme Maak spore in 'n spoorsakkie ongeveer 32 000[1]
Basidiomycota Basidiumsampioen Geen Maak spore van 'n 'basidium' ongeveer 30 000[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Webster, J. en Weber, R. 2007. Introduction to fungi. pp.127-164.
  2. https://cals.arizona.edu/classes/plp427L/lab12.html
  3. James, Timothy Y. and Kerry O'Donnell. 2007. Zygomycota. Microscopic 'Pin' or 'Sugar' Molds. Version 13 July 2007 (under construction). http://tolweb.org/Zygomycota/20518/2007.07.13 in The Tree of Life Web Project, http://tolweb.org/
  4. Sarah C. Watkinson, Lynne Boddy, Nicholas Money. The Fungi. Derde uitgawe. Academic Press; 2005. https://search.ebscohost.com/login.aspx?direct=true&AuthType=sso&db=nlebk&AN=485511&site=eds-live&scope=site
  5. http://tolweb.org/tree?group=Basidiomycota&contgroup=Fungi

Notas

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.