Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Katy Perry

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Katy Perry
Agtergrondinligting
GeboortenaamKatheryn E. Hudson
Gebore25 Oktober 1984 (1984-10-25) (40 jaar oud)
OorsprongSanta Barbara, Kalifornië, VSA
GenresPop, synthpop, gospel
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem, kitaar
EtiketteCapitol, Columbia
Webwerfkatyperry.com

Katheryn Elizabeth Hudson (gebore 25 Oktober 1984), beter bekend onder haar verhoognaam Katy Perry, is 'n Amerikaanse sangeres-liedjieskryfster en musikant. Perry het in 2007 roem verwerf met haar internettreffer "Ur So Gay" en het verdere aansien behaal met haar deurbraakenkelsnit "I Kissed A Girl" (2008).

Hudson is in Santa Barbara, Kalifornië gebore en is deur Christen-pastoorouers grootgemaak. Sy het slegs na Christelik-evangeliese musiek geluister terwyl sy grootgeword het. Ná haar eerste jaar van hoërskool het sy begin om 'n musiekloopbaan te volg. Sy het 'n selfgetitelde evangeliealbum in 2001 as Katy Hudson vrygestel. Nadat sy 'n platekontrak met Capitol Music Group in 2007 onderteken het, het sy die verhoognaam Katy Perry aangeneem en het sy haar eerste hoofstroomalbum, One of the boys, vrygestel.

Diskografie

[wysig | wysig bron]
  • Katy Hudson (2001)
  • One of the Boys (2008)
  • Teenage Dream (2010)
  • Prism (2013)
  • Witness (2017)
  • Smile (2020)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]