Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Kraakbeenvisse

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kraakbeenvisse
Tydperk: 461–0 m. jaar gelede[1]
Ordovician tot vandag
'n Witdoodshaai, Carcharodon carcharias
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Chondrichthyes

Huxley, 1880
Klas

Elasmobranchii
Holocephali

Die Kraakbeenvisse (Chondrichthyes) is 'n superklas visse wat aan die filum van die Gewerweldes behoort. Die superklas maak voorsiening vir alle tipe visse waarvan die skelet uit kraakbeen bestaan onder andere: haaie, rôe, saagvisse, sandkruipers en pylsterte. Kraakbeenvisse het nie 'n swemblaas of operkulums (kieu-deksels) nie.

Visse waarvan die skelet uit been bestaan ressorteer onder die superklas Osteichthyes.

Chondrichthyes het twee klasse: Elasmobranchii en Holocephali.

Visordes

[wysig | wysig bron]

Die volgende ordes is deel van die superklas en kom in Suider-Afrika voor:

Nommer Orde Beskrywing Klas Superklas
1 Carcharhiniformes Grondhaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse
2 Chimaeriformes Chimaeras Holocephali Kraakbeenvisse
3 Hexanchiformes Koei en Frilletjieshaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse
4 Lamniformes Haringhaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse
5 Myliobatiformes Pylstertagtiges Elasmobranchii Kraakbeenvisse
6 Orectolobiformes Tapythaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse
7 Pristiformes Saagvisse Elasmobranchii Kraakbeenvisse
8 Rajiformes Sandkruipers en Rôe Elasmobranchii Kraakbeenvisse
9 Squaliformes Hondhaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse
10 Torpediniformes Drilvisse Elasmobranchii Kraakbeenvisse

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Botella, H., P.C.J. Donoghue en C. Martínez-Pérez (Mei 2009). "Enameloid microstructure in the oldest known chondrichthyan teeth". Acta Zoologica 90 (Supplement 1): 103–108.