Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Nieuwegein

Koördinate: 52°01′00″N 5°05′00″O / 52.01667°N 5.08333°O / 52.01667; 5.08333
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nieuwegein
Munisipaliteit
Amsterdam-Rijnkanaal vanaf die Nieuwegeinse Brug
Amsterdam-Rijnkanaal vanaf die Nieuwegeinse Brug
Vlag van Nieuwegein
Vlag
Wapen van Nieuwegein
Wapen
Ligging van Nieuwegein-munisipaliteit in Utrecht
Ligging van Nieuwegein-munisipaliteit in Utrecht
Koördinate: 52°01′00″N 5°05′00″O / 52.01667°N 5.08333°O / 52.01667; 5.08333
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Utrecht
Regering
 • BurgemeesterFrans Backhuijs (VVD)
Oppervlak
 • Totaal25,68 km2 (9,92 vk. myl)
 • Land23,75 km2 (9,17 vk. myl)
 • Water1,93 km2 (0,75 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal60 765
 • Digtheid2 559/km2 (6 630/vk. myl)
Poskode
3430-3439
Skakelkodes030
Webwerfwww.nieuwegein.nl

Nieuwegein is 'n munisipaliteit en voormalige groeikern in die Nederlandse provinsie Utrecht, suid van die stad Utrecht, aan die rivier de Lek. Naby IJsselstein in die weste en Vianen in die suide (aan die oorkant van die Lek). Dit is met 61 765 inwoners (1 Februarie 2012) na Utrecht self die grootste munisipaliteit (Ned.: gemeente) van die agglomerasie Utrecht. Nieuwegein het op 1 Julie 1971 ontstaan na 'n samevoeging van die vroeëre munisipaliteite Jutphaas en Vreeswijk.

In Julie 2020 het Nieuwegein se gemeenteraad besluit om bande met die Poolse susterstad Puławy te verbreek. Die Poolse nedersetting, wat sowat 80 myl vanaf Warskou geleë is, is een van sowat 100 munisipaliteite wat hulself tot "LGBT-vrye sones" verklaar het en geen finansiële steun aan nie-regeringsorganisasies wil bied wat gelyke regte vir almal bevorder nie.[1][2]

Ontstaan

[wysig | wysig bron]

In die jare '60 en '70 was daar sprake van 'n grootskaalse verstedeliking in Nederland; mense het weggetrek uit die groot stede en hulle gevestig in die omringende plekke. In Nederland het metropool as 'n ring van stedelike gebied ontstaan, die Randstad, met as stedelike sentrums Amsterdam in die noorde, Den Haag in die weste, Rotterdam in die suidweste en Utrecht in die suidooste. Die hart van die ring het landelik gebly, die Groene Hart.

Die regering het altyd probeer om die Groene Hart te beskerm, wat beteken dat in plekke in die Groene Hart geen grootskaalse bouprojekte gedoen mag word nie. Die gevolg van verstedeliking was dat daar meer vraag ontstaan in dit soort plaatse na woonruimte.

Die regering het gevoel dat daar kompensasie nodig was en het 'n aantal dorpe en stede aangewys vir grootskalige woningbou, die groeikerns. In die agglomerasie rond Utrecht sou dit moet gebeur ten suide van die stad Utrecht. Na jare van beplanning is besluit om die gebied tussen die dorpe Vreeswijk en Jutphaas volledig te gebruik vir woningbou en die gebied tussen die beide dorpe uit te brei met die wyke Zandveld en Wijkersloot, . Hierdeur sou 'n nuwe stad ontstaan wat beide dorpe volledig sou insluit.

In die gebied tussen Jutphaas en Vreeswijk het vroeër 'n nedersetting gestaan met die naam "'t Gein". Die nedersetting het in 1294 stadsregte gekry en is in 1333 verwoes in 'n oorlog tussen die biskop van Utrecht en die graaf van Holland. Vandag herinner alleen die Kasteel van Oudegein nog aan hierdie tyd. Nadat die bestuur van Vreeswijk en Jutphaas 'n tyd lank gedebatteer het oor die nuwe naam van die stad het hulle die besluit die nuwe stad te noem naar die oue nedersetting. Nieuwegein is 'n saamtrekking van "nieuw" (=nuut) en Gein.

Openbare vervoer

[wysig | wysig bron]

Nieuwegein is ingesluit deur drie motorsnelweë, die A2, de A12 en de A27. Dit staan daarom ook bekend om sy sentrale ligging. 'n Sneltrem versorg die openbare vervoer met die stad Utrecht en ook met IJsselstein. Met Vianen bestaan 'n bus- en voetveerverbinding oor die Lek.

Geografie

[wysig | wysig bron]

Deur en langs Nieuwegein stroom 'n aantal kanale, soos die Amsterdam-Rijnkanaal, die Lekkanaal en die Merwedekanaal. Vanuit die Merwedekanaal ontspring die rivier die Hollandse IJssel en vanuit die Hollandse IJssel die riviertjie die Kromme IJssel.

Nieuwegein is in de volgende stadswyke verdeel:

  • Batau-Noord
  • Batau-Zuid
  • Blokhoeve
  • De Wiers
  • Doorslag
  • Fokkesteeg
  • Galecop
  • Het Klooster (kantore) (geplan)
  • Hoge Landen (buitegebied)
  • Hoog Zandveld
  • Huis de Geer
  • Lekboulevard
  • Laagraven (industrie)
  • Merwestein
  • Oudegein (park)
  • Plettenburg (kantore)
  • Stadscentrum
  • Vreeswijk
  • Wijkersloot-Jutphaas
  • Zandveld
  • Zuilenstein

Beroemde (eks-)inwoners

[wysig | wysig bron]

Naburige munisipaliteite

[wysig | wysig bron]
Utrecht
IJsselstein Houten
Vijfheerenlanden

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. The Guardian, 16 Julie 2020: Dutch city ends ties with Polish twin declared 'gay-free zone'. Besoek op 16 Julie 2020
  2. "Nieuwegein beëindigt vriendschap met Poolse stad vanwege lhbt-vrije zone. Besoek op 16 Julie 2020". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2020. Besoek op 16 Julie 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]