Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Rog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Rog
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Klade: Commelinids
Orde: Poales
Familie: Poaceae
Subfamilie: Pooideae
Genus: Secale
Spesie:
S. cereale
Binomiale naam
Secale cereale
L., (1753)

Rog (Secale cereale) is ’n grassoort (familie Poaceae) wat algemeen as ’n graan, dekplant of weiding geplant word. Dit is lid van dieselfde tribus as koring, naamlik Triticeae, en naby verwant aan gars (genus Hordeum) en koring (Triticum). Rog word gebruik om meel, rogbrood, rogbier, whisky en veevoer te maak. Dit kan ook soos hawersemels rou geëet word.

Geskiedenis en gebruik

[wysig | wysig bron]

Rog is een van die spesies wat wild in Turkye en omliggende streke groei. Dit is sedert die Neolitikum as kos aangeplant, aanvanklik in klein hoeveelhede[1] maar sedert die Bronstyd in Sentraal-Europa (omstreeks 1800-1500 v.C.)[2] meer algemeen.

Korrels rog.
Secale cereale

Plinius die ouere was nie baie beïndruk met rog nie en het geskryf dit is ’n "baie swak kossoort" en moet net voorgesit word "om hongersnood te vermy".[3]

Sedert die Middeleeue is dit in groot hoeveelhede in Sentraal- en Oos-Europa verbou. Dit is in die meeste gebiede oos van die Frans-Duitse grens en noord van Hongarye die belangrikste graansoort vir brood. Dit word ook in Suid-Europa verbou.

Rog word in ’n meel fyngemaal. Rogmeel bevat baie gliadien, maar min glutenien. Dit het dus ’n laer gluteninhoud as koringmeel. Dit bevat ook ’n hoër proporsie verteerbare vesel. Rogbrood word van rogmeel gemaak en is ’n belangrike kossoort in Noord- en Oos-Europa.[4][5]

Die graan word gebruik vir die maak van alkoholiese dranke, soos rogbier en -whisky asook vir kwas en kruiemedisyne bekend as rogekstrak. Dit word ook aangeplant as ’n dekgewas en vir groen kunsmis, en rogstrooi word gebruik vir diere om op te slaap.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Hillman, Gordon (1978). "On the Origins of Domestic rye: Secale Cereale: The Finds from Aceramic Can Hasan III in Turkey". Anatolian Studies. 28: 157–174. doi:10.2307/3642748. JSTOR 3642748 – via JSTOR.
  2. Zohary, Daniel; Hopf, Maria; Weiss, Ehud (2012). Domestication of Plants in the Old World: The Origin and Spread of Domesticated Plants in Southwest Asia, Europe, and the Mediterranean Basin. Oxford: Oxford University Press. p. 62. ISBN 978-0-19-954906-1 – via Google Books.
  3. Evans, L. T.; Peacock, W. J. (19 Maart 1981). Wheat Science: Today and Tomorrow. Cambridge University Press. p. 11. ISBN 978-0-521-23793-2 – via Google Books.
  4. "Grains: Rye" (in Nederlands) bakkerijmuseum.nl
  5. Prättälä, Ritva; Helasoja, Ville; Mykkänen, Hannu (2000). "The consumption of rye bread and white bread as dimensions of health lifestyles in Finland". Public Health Nutrition. 4 (3): 813–819. doi:10.1079/PHN2000120. PMID 11415489. Besoek op 15 Julie 2016.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]