Universiade
Die Universiade is 'n internasionale sportbyeenkoms vir universiteitstudente. Die geleentheid word deur die FISU (International University Sports Federation of Fédération internationale du sport universitaire) georganiseer. Die naam is 'n kombinasie van die woorde "Universiteit" en "Olimpiade". In Engels word dit ook soms die "World University Games" of "World Student Games" genoem.
Die Universiade word elke twee jaar gehou. Dit bestaan uit 'n somer- en 'n winterprogram. Beide vind meestal in dieselfde jaar plaas. Die somer- en winterprogramme word afsonderlik van mekaar deur 'n gasstad georganiseer. Ongeveer 8 000 studente neem aan die somer-, en sowat 3 500 aan die winterprogram deel.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1923 is 'n "International Universities Championship" reeds in Parys gehou. Dit is deur die "Union Nationale des Étudiants Français" (UNEF) georganiseer. Vanaf 1924 organiseer die "Confédération Internationale des Étudiants" (CIE) elke somer 'n sportbyeenkoms vir studente, wat in 1930 die naam "International University Games" kry. Die byeenkoms is vir die laaste keer in 1939 aangebied.
In 1947 organiseer die "Fédération Internationale du Sport Universitaire" (FISU) weereens 'n sportbyeenkoms. In 1957 kry die byeenkoms die naam "World University Games", en in 1959 die naam Universiade.
Sportsoorte
[wysig | wysig bron]- Sport by die somerprogram is: atletiek, basketbal, fietsry, skermsport, sokker, gimnastiek, ritmiese gimnastiek, swem, sierduik, waterpolo, judo, roei, tennis, tafeltennis, taekwondo, en vlugbal.
- Sport by die winterprogram is: alpeski, landloop-ski, skispring, Noorse kombinasie, kunsskaats, yshokkie, kortbaanskaats, tweekamp, sneeuplankry, langbaanskaats en ysbal.
Plekke
[wysig | wysig bron]Die onderstaande tabel wys die gasstede van die somer- en winter-universiades respektiewelik.
Jaar | Spele | Somer-universiade | Spele | Winter-universiade |
---|---|---|---|---|
1959 | I | Turyn, Italië | — | |
1960 | — | I | Chamonix, Frankryk | |
1961 | II | Sofia, Bulgarye | — | |
1962 | — | II | Villars-sur-Ollon, Switserland | |
1963 | III | Porto Alegre, Brasilië | — | |
1964 | — | III | Špindlerův Mlýn, Tsjeggo-Slowakye | |
1965 | IV | Boedapest, Hongarye | — | |
1966 | — | IV | Sestriere, Italië | |
1967 | V | Tokio, Japan | — | |
1968 | — | V | Innsbruck, Oostenryk | |
1970 | VI | Turyn, Italië | VI | Rovaniemi, Finland |
1972 | — | VII | Lake Placid, Verenigde State | |
1973 | VII | Moskou, Sowjetunie | — | |
1975 | VIII | Rome, Italië | VIII | Livigno, Italië |
1977 | IX | Sofia, Bulgarye | — | |
1978 | — | IX | Špindlerův Mlýn, Tsjeggo-Slowakye | |
1979 | X | Meksikostad, Meksiko | — | |
1981 | XI | Boekarest, Roemenië | X | Jaca, Spanje |
1983 | XII | Edmonton, Kanada | XI | Sofia, Bulgarye |
1985 | XIII | Kobe, Japan | XII | Belluno, Italië |
1987 | XIV | Zagreb, Joego-Slawië | XIII | Štrbské Pleso, Tsjeggo-Slowakye |
1989 | XV | Duisburg, Wes-Duitsland | XIV | Sofia, Bulgarye |
1991 | XVI | Sheffield, Verenigde Koninkryk | XV | Sapporo, Japan |
1993 | XVII | Buffalo, Verenigde State | XVI | Zakopane, Pole |
1995 | XVIII | Fukuoka, Japan | XVII | Jaca, Spanje |
1997 | XIX | Sisilië, Italië | XVIII | Muju, Suid-Korea |
1999 | XX | XIX | Poprad Tatry, Slowakye | |
2001 | XXI | Beijing, Volksrepubliek China | XX | Zakopane, Pole |
2003 | XXII | Daegu, Suid-Korea | XXI | Tarvisio, Italië |
2005 | XXIII | Izmir, Turkye | XXII | Innsbruck en Seefeld, Oostenryk |
2007 | XXIV | Bangkok, Thailand | XXIII | Turyn, Italië |
2009 | XXV | Belgrado, Serwië | XXIV | Harbin, Volksrepubliek China |
2011 | XXVI | Shenzhen, Volksrepubliek China | XXV | Turkye Erzurum, Turkye |
2013 | XXVII | Kazan, Rusland | XXVI | Trentino, Italië |
2015 | XXVIII | Gwangju, Suid-Korea | XXVII | Osrblie, Slowakye (skansspring en tweekamp), Strbske Pleso, Slowakye (noordse kombinasie en langlaufen) Granada Spanje (orige items) |
2017 | XXIX | [1] Taipei, Republiek China | XXVIII | Kasakstan Alma-Ata, Kasakstan |
2019 | XXX | Napels, Italië | XXIX | Krasnojarsk, Rusland |
2023 | XXXI | Chengdu, Volksrepubliek China | XXXI | Lake Placid, Verenigde State |
2025 | XXXII | Ryn-Ruhr-streek, Duitsland | XXXII | Turyn, Italië |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Republiek China (Taiwan) gebruik om politieke redes tydens internasionale sportbyeenkomste (soos die Universiade) die naam "Chinees Taipei" en 'n spesiale vlag.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Universiade. |