Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- Hulp:IPA: [pɑs]
- pas
- 'n Pad oor 'n berg.
- Verlofbrief; paspoort.
- Stap; masjeer; vooruitgang van gebeure.
- Montagupas is 'n skilderagtige pas wat 'n groot aantal toeriste trek.
- Sy het haar pas verloor.
- Jy moet die pas hou.
- «Iemand die blou pas gee.»
- Iemand afsê of in die pad steek.
- Reg sit; groot genoeg wees en goed lyk.
- Twee dinge wat bymekaar hoort; goed saamgaan.
- Wat reg is met iemand; geleë wees.
- Die jas pas jou goed. Die soen pas perfek.
- Jou kouse pas nie by mekaar nie.
- Sal dit jou pas as ek more daarlangs kom?
- «As die skoen jou pas, trek hom aan.»
- As jy skuldig voel, moet jy wat gesê is, op jouself toepas.
- «Dit pas so in my kraam.»
- Iets is presies soos iemand dit wil hê.
- «'n Mou aan iets pas.»
- 'n Oplossing vind.
- «Wie nie pas op sy tyd, is sy maaltyd kwyt.»
- Wie laat kom, kry geen kos nie.
- 'n Kort tydjie gelede.
- Skaars of net.
- Ek het pas afgestudeer.
- Ek het pas gaan lê, toe lui die deurklokkie.