Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
D i e f e n o m e n o l o g i e v a n T .T . C l o e t e Hein Viljoen Departement Algemene Taal- en Literatuurwetenskap Potchefstroomse Universiteit vir CHO POTCHEFSTROOM A b s tr a c t T h e p h e n o m e n o lo g y o f T .T . C lo e t e This a rticle is an exploration o f the w a y p h en o m en a a re trea ted in the p o e tr y o f T. T. C loete. F o u r im p o rta n t aspects o f C lo e te 's w ay o f lo o kin g a re discussed, viz. the c o llec tin g e y e th a t co n n ects ev eryth in g w ith everything, th e ey e th a t d iscovers correspondences, the d eo lo g ica l ey e th a t reads sig n s o f G o d ’s p resen ce, a n d th e reflectin g eye. A critiq u e o f reflection is d ev elo p ed b y m eans o f a m ore d eta ile d analysis o f “B lyd ska p ” (Joy). T hese f o u r w ays o f see in g in d ica te lin ks betw een C lo ete's p o e tr y a n d H u s s e r l’s P henom enology. 1. I n le id in g W ie Cloete, soos hy ons self geleer het, op die woord a f lees, kom gou a f op ’n aantal werkwoorde van sterk en durende aksie soos “bedrywig”, “doenig” en “ywerig” wat myns insiens iets belangriks van Cloete se poësie verraai. In “Herbenutting” {An\ 3 )' staan daar byvoorbeeld: “Die dooie pikkewyn d iy f in die see/ bedrywig”. Selfs die dooie dier is nog aktief besig m et hierdie so kenmerkende aksie by Cloete: om aktief deel te word van ’n groter geheel; om die geheel saam te stel. Dit is ’n religieuse soort bedrywigheid hierdie - die Een, veral, wat werk, is God - em stig o f speels, verborge o f op kosmiese skaal. Hy sit o f “[werskaf bedrywig] m et nukleone”. O f Hy is “ywerig veraf lag-lag in wentelende gasmassas aan die werk” (An: 44). Dit is myns insiens belangrik dat hierdie woorde dui op aktief besig wees, m aar sonder dat hulle ’n spesifieke handeling benoem; hulle dui op besig-wees in sy essensie. ‘ Die verskillende bundels word soos volg aangedui; Angelliera met An, Jubitaposisie met J, Allotroop met Al, Idiolek met /, Driepas met D en M et die aarde praat met Ma. L itera to r 16(3) N ov. 199 5:4 3 -5 9 ISSN 0258-2279 43 D ie fe n o m e n o lo g ie van T T. C loete In hierdie artikel wil ek egter op iets anders a f lees: probeer bepaal wat die Cloete-m anier van kyk is. Dit gaan vir my oor hoe die spreker (o f kyker) hom opstel teenoor hierdie ‘voile lewe’, teenoor die verskynsels, en wat dit dan te doen het met weet en begiyp en selfs wetenskap, oor hoe die kykers in Cloete se poësie die dinge self w aam eem . Dit gaan dus, in Cloete se eie woorde in ’n onlangse artikel, oor “die digter se om gaan met die werklikheid” (1994). Een aspek van hierdie verskynsel is fo k a lisa s ie , m aar dan fokalisasie veral as m anier van kyk en nie soseer as ’n verhouding tussen wat die karakter weet en w at die verteller vertel nie^. 2. A a n d u i d i n g s in d i e s e k o n d e r e i i t e r a t u u r G e h eel en sa m eh a n g is baie tipiese Cloete-woorde, nes o o g en oor. Die sam ehangsm otief vorm saam m et die motiewe van bedryf en bedrywigheid, insamel en vergaar en die toestandsverandering van dinge vir Schutte (1984:99100) deel van die “voile lewe” w aam a Cloete se poësie stree f Hierdie voile lewe strek, soos Cloete se lesers sal weet, van triceratops tot by virus, van mot tot by God, van nukleone en disseldons tot by gasm assas en swart gate; kortom van die mikrokosmos tot by die makrokosmos, m et al die mooi, verhewe en lelike banale dinge daartussen ingesluit - veral die m ens en sy doenighede. Die m anier van kyk in Cloete se poësie is al dikwels deur resensente opgemerk. Brink (1985) wys byvoorbeeld op die intiem e sam ehang van waam eem en benoem in “landskap” en “meelyfvoel” uit A llo tro o p , w aaruit blyk dat die kyk self skeef is, m aar dat “al die skeefkyke saam dan tog deelname aan ’n Groot Geheel (...) im phseer”. Grove (1987:149) bemerk verskillende waam em ers in die 3de afdeling, “(hfe is in the eye o f the beholder)”, van Id io lek. Hy meen daar kan onderskei word tussen ’n oog wat w aam eem en wat skep, ’n oog wat “bloot vergaar”, een wat uitsoek, een w at “nagm erries oproep” . Sy slotsom is dat “die beginsel van jukstaposisie” sterk eenheidskeppend in hierdie bundel is: “m oontlikheid teenoor werklikheid, skepping naas na-skepping, duplikasie, transkripsie, perifrase, teks teenoor teks - ’n m anier van kyk wat die basis vorm van Cloete se metaforiek en bepalend is vir die aard van sy vers” . Hoewel dit paradoksaal klink, stem ek saam m et Grové se aanspraak dat jukstaposisie by Cloete nie net ’n digterlike tegniek is nie, m aar ’n m anier van kyk: bykans al 2 44 Hiermee bedoel ek die onderskeid tussen fokalisasie as manier van kyk (as “relatie tussen de visie en datgene wat ‘gezien’, waargenomen word”, soos Mieke Bal, 1980:108) dit sien, en Genette (1980:189) se siening dat dit neerkom op ’n verskil tussen wat die karakter weet en wat die verteller vertel. ISSN 0258-2279 L ite r a to r 16(3) N ov. 1 9 95 :43-59 H ein Viljoen Cloete se gedigte ontplooi binne ’n sterk spanning tussen twee pole - meestal mens en God, m aar baie dikwels ook tussen makrokosmos en mikrokosmos. Grabe (1985) noem die titel A llo tro o p “ ’n karakterisering-in-die-kleine van Cloete se (poëtiese) kyk op die werklikheid; die teenstellende pole van mooi of aangenaani en lelik o f onaangenaam in alle m oontlike verskyningsvorme het ná en náás m ekaar bestaansreg, is interafhanklik en kan albei in en deur die poësie verestetiseer word”. Sy meen ook dat A llo tro o p die saak ’n stap verder voer as A n g elliera en Ju ksta p o sisie deurdat dit uiteenlopende dinge herleibaar maak “tot dieselfde grondvom i”. Venter (1988; 1991) gee myns insiens ’n belangrike aanloop tot ’n beter begrip van Cloete se m anier van kyk. Venter (1988) m aak oortuigend ’n saak daarvoor uit dat die dualisme tussen ’n meganiese liggaam en ’n bewuste gees in die filosofie van Descartes ’n moontlike interteks is vir die vierde afdeling van Ju ksta p o sisie. Sy beklemtoon die rol van die bewussyn in die ‘wysheid’ wat Cloete teenoor die wysheid van Descartes stel en wys op woordooreenkomste tussen die verskillende gedigte, wat veral m et w eet en w ysh eid te doen het. Sy wys op ooreenkomste m et uitsprake van Descartes, soos cogito erg o sum . Haar interessante en breed uitgewerkte siening gaan egter myns insiens nie ver genoeg in die erkenning van die groot belang van die co g ito in Cloete se poësie nie. Sy lees ook nie die sleutelwoord tra n sen d en ta a l myns insiens raak genoeg nie. W aarom tra n sen d en ta a l onder andere so belangrik is, sal myns insiens duidelik word uit ’n analise van vier fasette van Cloete se digterlike kyk. Die vier fasette is die versamelsien, die sien van korrespondensies, die deologiese oog en die fenomenologie van refleksie. 3. V e r s a m e ls ie n : “ S tu k - s tu k v e r b e e l a a n d ie g e h e e l” Soos duidelik is uit die resensies wat ek aangehaal het, sien Cloete dinge van uiteenlopende aard saam. Opposisies soos hoog/laag, heilig/profaan, mooi/lelik word saamgedink. Uit al die onderdele word die groot geheel saamgestel. Daar is ’n d rif om die sam ehang te vind. Die dinge verskyn selde op hulle eie; hulle word altyd deel van die groot sisteem, soos in “Strandwandeling” {J: 44): ... egels en geel seesterre tuimel vermenigvuldig uit die getypoel tot in die verste heme! Reeds A n g elliera is deur Pretorius (1981:83) geprys vir die vindingryke ontginning van die sluitm otief van die harmoniese sam ehang van dinge, en die Goddelike perspektief waardeur hierdie sentrale idee sy uiting vind”. Ander L itera to r 16(3) N ov. 1 99 5:4 3-59 ISSN 0258-2279 45 D ie fe n o m e n o lo g ie van T. T. C loete kere oorskou die kyker die hele kosmos, stap as’t ware met sewemyllaarse daardeur, soos in “big bang” (A/a: 33) w aarin daar ’n geweidige kontras is tussen die onmeetlik uitdyende kosmos en die m enslike praatjies “boud en stout”. Hoe kompleks hierdie “versam elsien” (D: “Herbenutting” (An: 3): 181) van Cloete is, blyk uit Die dooie pikkewyn dryf in die see bedrywig. Sy deel haar stink uitnodigend mee. lewers ooit word alles weer saamgestel uit haar tot eenmalige sel en sel en sel word elke deel deeltyds heel in alle gedaantes van die ewige geheel. Die titel is ’n tegniese, industriële woord, die vehicle van ’n m etafoor wat aandui dat die pikkewyn nugter, wetenskaplik beskou word as deel van ’n universele biologies-ekologiese proses. PerseptueeP is die tyd seker ’n hede, m aar eintlik onbepaald, panchronies (vgl. “ooit”). Daar is egter ook ’n uitsig op die ewige, die alomvattende. Ruimtelik begin die gedig by die pikkewyn in die see, m aar die perspektief word gou universeel, omvattend, onbeperk: ’n “iewers” . Die fokalisasie is dus nie geanker aan ’n spesifieke tyd o f plek nie. D aar is ook geen vaste oriëntasiepunt vir die fokalisasie nie. Die fokalisasie is universeel, nie-gefokaliseer. Dit sou dus beskryf kon word as kosmies, wetenskaplik, universeel, m aar ook dinam ies: daar is ’n universele krag in die pikkewyn wat haar deel laat w ord van die geheel. Psigologies-kognitief word hier ’n redelik wye kennis van biologiese prosesse veronderstel. Daar is m in detail, behalwe die sel en die stink. Die saamstellende kyk by Cloete stel duidelik belang in die prosesse - die boindividuele lewensprosesse. E m otief is die fokalisasie redelik onbetrokke, m aar daar sit tog energie in - die energie van die lewensprosesse. Ideologies word die korrespondensies tussen deel en geheel, die idee dat alles m et alles saam hang, hier sterk uitgedruk. Die rym van deel op geheel en die herhaling van die [E] is ikonies daarvan. Hierdie klankherhalings is ook sterk ikonies van die paradoksale saambestaan van deel en geheel. Let op die frases “deel uitnodigend m ee” en “elke deel deeltyds heel” . “Deel” word veelseggend ^ 46 Die leser sal hierin Rimon-Kenan (1983) se verskillende fasette van fokalisasie herken. Meer kategorieë is myns insiens egter nodig om Cloete se fokalisasie mee te beskryf. ISSN 0258-2279 L ite ra to r 16(3) N ov. 1 9 95:4 3-5 9 __________________________________________________________ H ein Viljoen op “ewige geheel” gerym, nes “sel” rym op die woord vir die geheel, “saamgestel”, waarvan die klanke weer herhaal word in “eenmalige” en “gedaantes”. Hierdie rymwoorde het die klanke van die geheelwoorde, m aar ’n deelbetekenis. “Uit haar tot eenmalige sel” kan sintakties saamgelees word met saamstel, m aar ook met heel word. Hierdie dubbele sintaksis (a pokoinou) druk die deel word van die geheel ook ikonies uit: die “eenmalige sel”, die deel, is sowel die resultaat van die saamstel, as ook weer die begin van ’n nuwe geheel. Die paradoks van afgebreek word tot sel, deel word van geheel, word gemerk deur die apokoinou. Die versamelsien is dus ’n geleerde, universele soort sien (soos blyk uit die biologjese kennis wat hier veronderstel word), wyd en alomvattend, onbeperk, m aar ook ’n ‘taalsien’: seker fasette kan net uitgedruk word met digterlike middele soos rym en herhaling. Die versameloog sien ook ’n sterk dinamiek raak in die paradoksale d ry f van die pikkewyn. 4. D ie r a a k s ie n v a n k o r r e s p o n d e n s ie s : g e l y k e n i s s e {sim ilitu de s) d ie s t e ls e l v a n Die versamelsien is ook die sien van ooreenkomste, co rrespondances soos Baudelaire dit genoem het, oral in die skepping. Vorm s van die verskillende dele van die skepping herhaal mekaar, soos in die beroemde “Landwandeling” (J: 42) o f in “Oog” (A/a: 9), w aar die oog sy vorm terugsien in die aarde en die reënboog, m aar weer beeld word van hoe God in die skepping “sy eie norm is”. Ooreenkomste in vorm is onder andere ook die beginsel onderliggend aan die gedig met die titel “Correspondances” (An: 41): Wimpers en wenkbrou het iets van ’n vlerk van ’n voel in vlug van ’n swael in die swerk, die oog iets van ’n vrug van ’n bessie of kristal ’n juweel, die hare is ’n struweel, die neus dis iets van ’n man gepunt iets hermafrodiets, die mond wat welf en swel wil breek tot ’n blom of ’n wond, die gloeiende blosende vel LU erator 16(3) N ov. 199 5:4 3 -5 9 ISSN 0 2 5 Í-2 2 7 9 47 D ie fe n o m e n o lo g ie van T T. C lo ete het vrugtedons. Daar, wolke bo ’n afgrond, maal onsekerhede rond. H ier sien die digterlike oog ’n hele reeks gelykenisse raak wat op verskillende beginsels berus. D aar is ’n hele rits ooreenkomste in vomi: tussen wenkbroue en vlerke, viieënde voëls o f swaeltjies, tussen die oog en ander ronde dinge soos vrugte o f bessies, tussen die hare en die struweel ( ’n fom iele Nederlandse woord vir “struikgewas”), tussen die neus en die penis. Hierdie gesigsdele m aak ander skeppingsdinge na, weerspieël en herhaal hulle op grond van die tweede beginsel in die stelsel van gelykenisse wat Foucault (1973:17-25) onderskei, naamlik emulasie (aem ulatio). In hoofstuk 2 van The O rd er o f Things beskryf Foucault die episteeni wat oorheers het tot aan die einde van die sestiende eeu - die episteeni waarin gelykenis {resem blance) kennis in die W este bepaal het. Tot op daardie tydstip, “it was resemblance that largely guided exegesis and the interpretation o f texts; it was resemblance that organized the play o f symbols, m ade possible knowledge o f things visible and invisible, and controlled the art o f representing them ” (Foucault, 1973:17). Die heelal het as’t ware op hom self teruggevou soos die verskillende dele en elem ente m ekaar weerkaats. Hierin was die vier beginsels van emulasie, nabyheid, analogie en sim patie essensieel, volgens Foucault. In Cloete se gedig berus die verband tussen “blosende vel” en “vrugtedons” op die eerste beginsel wat Foucault noem: die blosende vel lyk wel soos ’n ryp vrug {aem ulatio), m aar het dan vrugtedons, om dat dit aan die vrug sit. H ier is die beginsel co n ven ien tia , nabyheid: die twee is ruim telik naby aan m ekaar, soos die voël en die swael, die vrug en die bessie, die kristal en die juweel. Dit spreek vanself, binne hierdie stelsel, om m ens en dier m et m ekaar te verbind, w ant hulle lê naby aan m ekaar in die ketting wat afstrek vanaf God, deur die engele tot by dier, plant en m ineraal. Deur hierdie co n v en ien tia word trekke van die gesig dus met dier, plant en m ineraal (in dalende volgorde) vergelyk. Daar is natuurlik ook ’n visuele ooreenkom s en ’n a n a lo g ie (die derde beginsel) tussen gesigshaartjies en vrugtedons: soos mense gesigshare het, het vrugte dons, afgesien daarvan dat ’n vrug die vorm en die kleur van die gesig kan hê. A1 hierdie ooreenkomste word ondersteun deur die rym, veral veelseggend in “m ond”/ “w ond” en “iets”/ “herm afrodiets”. Emulasie, anders as nabyheid, kan oor ’n afstand heen werk; dit is ’n gelykenis w at nie kontak nodig het nie. Volgens hierdie beginsel weerspieël dinge m ekaar, m aar dit is ’n oop stelsel, en die dinge ding met m ekaar mee, volgens Foucault (1973:21), soos twee stoeiende figure, om m ekaar na te m aak, want 48 ISSN 0258-2279 L ite r a to r 16(3) N ov. ]9 9 5 :4 3 -5 9 H ein Viljoen die een is sterker as die ander, die passiewe spieël van die ander. So ding die blora en die wond mee om afskynsels van die m ond te wees en die bessie, kristal en juw eel om die oog na te maak. Die stelsel van emulasie vorm dus nie ’n ketting nie, m aar ’n reeks konsentriese sirkels wat m ekaar weerspieël en met m ekaar meeding. M aar w at van “hermafrodiets”? ’n Hermafrodiet is tweeslagtig en het met ander woorde trekke van albei geslagte. H ier is die neus dus ’n ooreenkoms m et die ander geslag, die man, wat beteken dat dit ’n vrou se gesig is wat hier beskryf word - as ons dit nie reeds besef het uit die vergelyking van die oë met juw ele, die groot klem op die mond en die bloesende vel nie. Die slotverse is moeiliker: waar is daardie “wolke bo ’n afgrond”? Die “daar”, vermoed ek, slaan op die totaliteit wat hier beskryf word, naam lik die gesig van die vrou, die geliefde. Die onsekerhede speel dus o f op die gesig af, o f in die bewussyn, en “wolke bo ’n afgrond” is die hemelse o f geografiese anaiogie daarvan. Hoe ook al, hierdie onseker dinge verteenwoordig ’n breuk met die sekerhede van die korrespondensies wat in die res van die gedig geproklameer word. Die reeks “Landskappe” (D: 52) is vo! sulke korrespondensies, veral oor en weer tussen die landskap en die vroulike liggaam, m aar ook tussen ’n granietkop en ’n ui, byvoorbeeld (“Granietkop Bosveld”). Om dit te kan raaksien, verg dat die konkrete detail vanaf ’n groot afstand gefokaliseer word en dat die detail tot bykans geometriese vorms gereduseer word. Ook in “griekse beelde louvre” (D: 39-40) is daar ’n hele reeks sterk korres­ pondensies waaruit die reduksie tot vorms duidelik blyk: die teer deurskynende marmerplooie pas om ’n vrouebors se rondaweltjie asof deur die wind afgetas en YOU in die naweltjie soos voor ekstase ’n manshand oor ’n teer vrouebors se volte voel met die afwagtende binnekant se lipteer holte Nie alleen eggo die bors en die rondawel m ekaar nie; m anshand en vrouebors herhaal m ekaar, nes die vroulike geslagsopening die m anshand se binnekant herhaal en albei tewens ook die sagtheid van die lip. Die vorms verdubbel m ekaar en pas inm ekaar in, ding m ee m et m ekaar en vervul m ekaar, en die lym versterk hierdie idee. Die kwaliteite - vol, teer, afwagtend - is belangriker as L itera to r 16(3) N ov. 199 5:4 3 -5 9 ISSN 0258-2279 49 D ie fe n o m e n o lo g ie van T. T. C loete liggaamlike detail, en dit gaan bowendien oor universele herhalings en passings soos deur die korrespondensie-oog waargeneem. Die beginsel van gelykenis is hier, naas die em ulering van vorms, die vierde beginsel wat Foucault onderskei, naam lik sim p a tie. Die iiggaamsdele voel met m ekaar, deel m ekaar se gevoelens. Simpatie, soos Foucault (1973:23-25) dit beskryf, is ’n energie wat onm iddellik werk oor alle tye en afstande been, dinge aan die beweeg sit en dreig om alles identies te m aak aan mekaar. Simpatie m oet dus gebalanseer word deur die teenoorgestelde krag van antipatie, wat die apartheid van dinge verseker. Die balans tussen sim patie en antipatie trek die dinge na m ekaar toe sodat hulle met m ekaar ooreenkom, m aar verseker terselfdertyd dat hulle identiteit behoue bly. Dit vorra dus die basis van die drie ander beginsels van gelykenis, omdat alle vorm e van ooreenkom s daarkragtens ontstaan. In “blinde liefde van die blinde m eisie” (/: 43) word “holte” en “volte” ook met m ekaar gerym, pas die geslagsorgane tot abstrakte vorme gereduseer, ook in mekaar, m aar die slotstrofe spel ook ’n dialektiek van wete en leegte uit. Dit is ’n blinde, paradoksale wete van vind met ’n leegte - myns insiens nie soseer liggaam lik nie as eerder ’n wete, ’n verlange wat verseker is dat dit noodwendig vervul sal word, omdat dit so hoort kragtens die korrespondensies en die aantrekkingskrag van simpatie. W at vir my doel egter belangrik is, is dat die korrespondensies op ’n baie abstrakte vlak lê: op die vlak van bykans geometriese vorms, onbesoedel deur die probleme van werklike menseverhoudinge. In “ Paddam an” (D: 171 e.v.) word die lewe in die see volgens dieselfde beginsel beskryf as boordevol herhalings van dinge op land o f in ander dele van die skepping; die seelewe word verbluflfend en raak in term e van ander skeppingsfere gemetaforiseer, soos in “die stervis onthou om die ster na te boots” o f “die pylende inkvis swem snel duikboot”. ’n Gedig soos hierdie, hoe ryk aan metafore o f hoe deurleef ook al, illustreer egter die epistemologiese armoede van die stelsel van korrespondensies: alles herhaal m ekaar, alles is verwant aan m ekaar, m aar op die lang duur word alles eenders, ’n weerkaatsing van steeds dieselfde dinge in m ekaar, ’n verdubbeling daarvan. Geen nuw e kennis kan bykom nie. Dit is ’n ryk van die se lf-sa m e wat ontstaan: elke ding sien hom in elke ander ding weerspieël, sodat daar niks nuuts onder die son is nie. Hierdie soort kennis is gedoem “to never knowing anything but the same thing, and to knowing that thing only at the unattainable end o f an endless journey” (Foucault, 1970:30) - die reis naam lik langs die talle korrespondensies af, nes in “Paddam an”. 50 ISSN 0258-2279 L ite ra to r 16(3) N ov. 1 9 95:4 3-5 9 __________________________________________________________ H ein Viljoen Uit die vooiteelde wat ek aangehaal het, blyk dat Cloete se kyk universeel, alomvattend, nie-gefokaliseer bo tyd en ruirate uitgaan. Die digterlike persona oorskou tyd en geskiedenis am per goddelik, m aar op ’n wyse wat die samehang van uiters uiteenlopende dinge raaksien, m aar dan - en dit is die punt - in hulle essensies, los van tyd en ruimte, spesifieke omstandighede o f spesifieke detail. Ek dink ’n m ens sou kon sê die dinge word gesien in ’n fenomenologiese diniensie - ’n universeel, vaste en betroubaar kenbare dimensie, gereduseer of ingeraam uit die ‘voile lewe’, met dié kwalifikasie daarby dat dié begryplike dimensie ook ’n bo-kognitiewe, liggaamlike o f biologiese dimensie kan wees naas die kognitiewe dimensie van die korrespondensies w at beklemtoon word. Dit is ook ’n kyk van ’n groot afstand af, soos die talle meervoude en die baie “die’s” in Cloete se poësie getuig. Hierdie afstandelike kyk sou dus op ’n sekere armoede in Cloete se werk kon dui - ondanks die rykdom daarvan - ’n armoede in die korrespondensiegedigte, w ant ek m een dat daar ander, nie-korresponderende gedigte van Cloete is (met nam e die gedigte aan Anna) wat hierdie armoede oorkom. M aar om dit te beredeneer, sal my bier te ver voer. 5. D ie d e o lo g ie s e o o g Die probleem met die stelsel van korrespondensies, soos Foucault dit stel, is; hoe weet ’n mens van hulle? W atter m erktekens is daar byvoorbeeld vir die analogic tussen brein en okkem eut wat ons vind in “ landwandeling” (J: 43)? Die antwoord is: hulle lyk na mekaar. Hierdie ooreenkoms is dan die teken dat okkem eute goed is vir die brein en dat hulle groen skille in die 16de eeu aanbeveel is vir die behandeling van kopvelwonde. Daar is dus ’n stelsel van merktekens (signatures) nodig waarmee die korrespondensies ontdek kan word, meen Foucault (1973:28-29), en hierdie stelsel is ju is ooreenkoms, gelykenis. Die stelsel herhaal hom dus in ’n tweede kring van merktekens, m et dié verskil dat die tweede kring net effens verplaas is sodat die teken van simpatie ’n analogic is, dié van analogic setel in emulasic, dié van emulasie in byderhandheid, wat weer simpatie as sy teken nodig het. Dit illustreer hoe stcrk die stelsel met ander woorde deur ooreenkoms, gelykenis bchcers word. In Cloete se poësie dui die tekens op die ooreenkomste en die hele stelsel is teken van God se aanwesigheid. Ons kan dit, in Cloete se cic woorde heel aan die begin van A n g elliera , kcnskets as die “teofanie van ’n dcoioog” (“Suidpool en senit”, An: 2). Dat ’n fossielblaar in ’n sandwoestyn aanleiding gee tot ’n besonderse crvaring van God - ’n teofanie, in die trant van die epifanie w aam a Joyce en W oolf onder andere gestreef het, die oomblik van insig waarin alles decl is van die wonderbaarlike goddelike geheel - is tipies van baie van Cloete L itera to r 16(3) N ov. 1 99 5:4 3-5 9 ISSN 0258-2279 51 D ie fe n o m e n o lo g ie van T. T. C loete se gedigte. Daarom dat die digterspersona hom self deoloog noem; nie teoloog, student van die Bybel en die godsdienswetenskappe nie, m aar student van Deus, van God, en veral dan van God soos Hy “bedrywig w erskaf ’ in die natuur o f Horn daarin verberg. Hier lyk dit o f daar ’n duidelik verband kan wees tussen Totius se soek na oogbewyse en Cloete se werkswyse. Soos Totius oogbewyse soek in die skepping ora horn (Cloete, 1975:104), soek Cloete na spore, tekens, “insinjes” van God. Dat God Horn bly verberg, is veral duidelik in die later bundels. Die groot vraag “Hoe sal ek u betrap’7 , oftewel, w aar vind ek tekens van U?, word gevra in “Ek d u rf vra” {M a\ 31). H ier lys die spreker ’n aantal natuurverskynsels wat hy as tekens van God beskou, m aar verklaar ook dat God Horn op ’n veelvuldige wyse openbaar - “so ingewikkeld en naaldekokerooggeruit” dat eintlik elke w aam eem bare natuurding (sy voorbeelde is wind, lig en lug) as ’n teken van God beskou kan word. Dit geld eintlik alles wat die digter kan raaksien met die drie soorte oë wat Cloete (1994:7) meen die digter nodig het: die mikroskoop, die teleskoop en die oog m et duisend lense van die naaldekoker. “Insinjes” (Ma: 32) wys in heelwat m eer besonderhede hoe die proses werk. Die vorms van stuifmeel en van sneeuvlokkies “wys iets van Hom” in hierdie gedig. HuUe is kortom insinjes: onderskeidingstekens van ’n vereniging o f die waardigheidstekens van ’n rang o f amp, afgelei via Frans uit Latyn in sig n is, in die oog vallend (HAT). “V ir die nuuskieriges na God - gun ons dit - is dit [sneeuvlokkies in verskillende vorms] hiërogliew e” (vers 5 en 6) - ’n baie belangrike gedagte, want hulle is met ander woorde geheim sinnige beeldskriftekens uit die ou dae. Die sneeuvlokkie gee in sy verskillende gedaantes en eienskappe aanduidings van God wat Hom egter ewe vinnig onttrek en “verdoesel met perspektiewe wat in perspektiewe w egraak” (vers 12) as w at die sneeuvlokkie smelt. In plaas daarvan dat God duideliker sigbaar word, word H y in die loop van die gedig eintlik steeds geheim sinniger en onbereikbaarder. Die insinjes wat hier raakgelees word, is veral visuele ooreenkomste met die sneeuvlokkie se heksagoonvorm. Dit word herhaal en uitgebrei, m aar uiteindelik ook opgelos in ooreenkomste m et die kleure van ’n pou se stertvere en ’n m ot se vlerk. W at oorbly, is “iets van ’n vermoede” van Hom in die delikate m ineraalagtige kleure van blomme en voëls in die vroegaand. Die tekens verskuif en ontglip die beperkings van die w aam em er se oog, die aftas langs al die korrespondensies langs, sodat God al m eer verdoesel raak. 52 ISSN 0258-2279 L ite r a to r 16(3) N ov. 19 95 :4 3 -5 9 __________________________________________________________ H ein Viljoen Wat Cloete dus raaklees is nie soos vir Totius, ewigheidsgedagtes o f God se gedagtes in die skepping nie. Dit lyk vir my eerder, as ek m y op A llo tro o p m oet beroep, o f wat raakgelees word, die vormende krag o f energie van God is - sy vermoë om van vorm tot vorm te evolueer en in teken na teken Horn te verberg. Pyn is egter, soos duidelik is uit A llo tro o p , een van die onmiskenbaarste in sin jes van God. Hierdie bundel is daarom eintlik ’n fenomenologie van pyn: verskillende vorme van pyn w at vir die digter onm iskenbaar bewus m aak van God. In hierdie opsig is die bundel dus ook ’n fenomenologie van God - van God se verskyningsvorme, nes die hele natuur in Cloete se poësie tekens, verskynsels, verskyningsvorme, gelykenisse van God is. ’n Gedig wat myns insiens baie tipies is van een soort omgaan van Cloete met die werklikheid is “alle dinghe bounding line” (/: 83) - sy teenhanger van Totius se “Die wêreld is ons woning nie”, wat geëggo word in “smiddags laat” (vers 12) en ander elemente soos die takke, die dakke en die voëls. Die titel van hierdie gedig is waarskynlik afgelei van Hadewijch se vers “Alle dinghe sijn mi te enghe”. W at my in die gedig opval, is die baie detail, m aar veral die vaagheid van daardie detail en die baie meervoude. ’n Kontras word geskep tussen die onbeperktheid en onbepaaldheid van God en die sprekerfokalisator se beperking binne tyd en ruim te en taal, binne “grense en isoglosse”. Daarop volg dan twee strofes w aarin die spreker sy kennis van sy ruim te verklaar: die straat, die huise, die dakke, die voels daarbinne, m aar eintlik nie dem onstreer nie. Ten spyte van die spreker se verklarings word die dinge net genoem, sonder veel detail: “ek ken die hoeke en dakke/ van die geboue en huise/ om my ek weet w aar smiddags laat/ en skemers vroeg die swart vlerm uise/ uitborrel uit watter nokke”. Die kennis word nie aan die leser oorgedra nie, en die verklarings is eerder ’n bevestiging van die spreker se grense en wat hy daarbinne ken. Sy klein huislike wêreldjie word selfs deur die oog van die voëls gesien - tot by die goggas as die kleinste vorm van lewe daarbinne. Presies waar dit in tyd en ruim te gesetel is, bly egter vaag. In sterk kontras daarmee, word God buite dié grense geplaas. Hy stel m eer belang in die sterre, gereduseer tot die geometriese bane - kegelsnitte - waarin hulle dinam ies beweeg, as in die spreker se wêreldjie - ook gereduseer tot ’n geometriese patroon, ’n “klein kegel”. Die paradoks word in die slot geformuleer: God sny as’t ware deur die kegel, m aar is as die Alomvattende ook bereid om Hom tot die spreker se wêreld te beperk. Hierdie paradoks is net formuleerbaar kragtens die skem atisering tot grense en geometriese patrone. Nogtans, suggereer die metafoor van die kegel, is daar ’n analogie tussen die twee wêrelde: die verskillende figure kan herlei word tot snitte in die kegel; die kegel verteenwoordig die raakpunte tussen hulle. L ite ra to r 16(3) N ov. 1 9 95 :43-5 9 ISSN 0258-2279 53 D ie fe n o m e n o lo g ie van T.T. C loete Hieruit is duidelik dat die skeppingsorde by Cloete vas lê binne sy duidelike grense: die mikrokosmos in verhouding tot die makrokosmos, m et die mens as bevoorregte punt daarbinne (vgl. Foucault, 1973:32,22). As hierdie grense nie deur die co g ito , die reflekterende ek opgelê word nie, is die stelsel seker nie fenomenologies nie. Hoe belangrik refleksie egter wel in Cloete se poësie is, is m yns insiens duidelik uit “Blydskap” {J: 108), een van sy bekendste gedigte. 6. “ B ly d s k a p ” e n d ie fe n o m e n o lo g ie v a n r e f le k s ie Ook “Blydskap” is ’n gedig wat sterk op die hier en die nou fokus. Dit word intern gefokaliseer deur ’n ek, m aar die ek-figuur daarin sien baie m eer konkrete en spesifieke detail raak wat tydruim telik oënskynlik ook baie presieser geplaas word as in “alle dinghe bounding line” (/: 83) w at bykans geen konkrete detail van die om gewing verstrek nie. B ly d s k a p Dit is Maandag vandag die sewende van die welige somermaand November dit is in die jaar negentientagtig van die Here. Oorkant my werk ’n man met ’n troffel en emmer met water en steen. Skielik begin in my die dinge een na die ander huUe liefderik bedrywig besin opmekaar. Die steen voel op hem die koggelmander loop. V irdieson blits die troffel. Die wind stuit fladderend teen die biaar. Groot droom iets ontasbaars in ’n kokon klein ’n konkrete mot. Die ruit laat die wolk in hom vaar. Ek hoor die messelende man wat werkende sing bly gevoelig nadenkend nie vergeet nie dat in die plan van God, dat in sy skepping die baie bewus en blydskap weet 54 ISSN 0258-2279 L ite r a to r 16(3) N ov. 1 9 95 :4 3-5 9 __________________________________________________________ H ein Viljoen van die hardste steen en die dofste hout op die presiese plek en die presiese uur van elke vlerk en elke gewig word behoudende sout word suurdeeg wat deursuur en verlig. “Blydskap” handel ook oor eenheid en samehang. Daar is ’n sterk opposisie in die gedig tussen dit wat groot en omvattend is (en nie-telbaar) en die klein (telbare) dinge - dinge wat ook meestal nie-Iewend en ongevoelig is (o f ten minste dan, onbewus). Die steen (nie-lewend) voel die koggelmander; die w ind stuit teen die blaar; die ruit laat die w olk in hom vaar. En veral natuurlik die verse; “Groot droom iets ontasbaars in ’n kokon/ klein ’n konkrete m ot”. Hier kry ons ’n paradoks op twee asse: nie net klein teenoor groot nie, m aar ook abstrak teenoor konkreet. Blydskap is die resultaat van hierdie paradoksale saambestaan van onversoenbaarhede, die bewussyn daarvan, die “liefderik bedrywig besin op m ekaar” (v. 10-1). “Besin” is ’n sleutelwoord wat sam ehang en ’n wedersydse afhanklikheid suggereer, en dit is juis hierdie besinnende relasie w at blydskap produseer. D aannee hang eintlik saam dat die verskillende elemente eienskappe aanneem van die ander elemente waarmee hulle in hierdie besinnende relasie tree. Hulle word dus metafore en daar vind ’n oordrag van eienskappe van die groot/ om vattende/ magtige (of bloot van die tweede element van die koppel - vgl. steen/koggelmander) a f plaas na die ander. In hierdie hele proses word die abstrakte ook konkreet. Die omvattende word dus konkreet, m aar ook bewiis. vol blydskap oor elke element in sy afsonderlike syn. Dit is veral ook ’n wete wat, veelseggend genoeg, op “vergeet” gerym word. Op hierdie stadium kan die kern van die gedig voorlopig saamgevat word as die bewuste wedersydse ken van mekaar as deel van die omvattende. N atuurlik ken die dinge m ekaar nie letterlik nie; dit is ’n m etafoor vir hoe die w aam em er die toneel voor hom begryp. 6 .1 ’n B e s k r y w in g s is t e e m : d ie la n d s k a p v a n b ly d s k a p Die verskillende elemente wat genoem word, is egter nie lukraak saamgegooi nie. Hulle is elemente van die kode vir die beskrywing van dorpslandskappe mense wat werk, ruite, stene, wolke, blare - gewone, bekende dinge wat mens in ’n dorp kan waam eem . Die “d ie’s” dui hulle bekendheid binne die raam van die dorpslandskap aan, m aar hulle is natuurlik ook fyn geselekteerde, eksemplariese dinge van die dorpslandskap waarby ons self m eer kan byvoeg. L ite ra to r 16(3) N ov. 199 5:4 3 -5 9 ISSN 0258-2279 55 D ie fe n o m e n o lo g ie van T T. C loete Die enigste een wat nie in ’n dorpslandskap hoort (bly, ’n tuiste het) nie, is die koggelmander. ’n Mens sou dalk eerder ’n akkedis o f ’n geitjie verwag het m aar “koggelm ander” word deur ’n ander reël as die (vae) reëls vir dorpslandskappe gegenereer: die reël dat elke vierde vers rym. “Koggelmander” m oet dus beskou word as ’n kodering van “(dorps)reptiel wat op stene/klippe loop”, gekodeer binne die (verdere) rymkode van die gedig. “Blydskap” is diis ook die landskap gekenmerk deur blyheid - ’n blyd-skap. In hierdie dorpslandskap is die m ikro-m akro-skem a van die korresponderende kosmos nog sterk aan die werk in die opposisies tussen die omvattende en die kleine - veral die opposisie tussen groot, ontasbaar en klein, konkreet. ’n Mens kan m aklik die weggelate rymwoord daar inlees: “God”. “Groot droom iets ontasbaars” is kodewoorde vir God. M aar die skema word effens verskuil, en dit lyk o f daar in die twee laaste strofes daaruit gebreek word, nes die sin daar neig om te ontspoor. 6 .2 R e d u k s ie s ’n Bietjie m oedswillig kan ’n m ens sê dat die gedig sy effek bereik deur die norm ale verhoudinge tussen dinge/ eleniente van die dorpslandskap om te keer en een stap te modifiseer. Die norm ale uitdrukking “ singend werk” word hier “werkende sing”. “Die wind stuit teen die fladderende blaar” word hier “die wind stuit fladderend teen die blaar” . Dit lyk a so f woorde bloot verskuif is; asof norm ale sintaktiese verhoudings verskuif raak. Kortom, die rigting van die kompeterende gelykenisse word om gedraai: dit is die klein, lokale dinge wat oorheers. Die blydskap is die gevolg van hierdie verskuiwings, en hulle word baie eksplisiet aangebied as subjektief, “in m y”, as effekte w a t in d ie w a a m em e r p la a sv in d . Dit is sy bewussynstoestand, sy subjektiewe fokalisasie wat uitgedruk word. In die laaste strofe m aak hierdie verskuiwing plek vir verskeie reduksies waardeur ’n verheerliking van elke ding in sy uniekheid en veral op sy unieke plek in sy eie unieke tyd (“die presiese plek en die presiese uur”) tot stand kom. Hierdie reduksies berus op ’n weet wat nie rasioneel is nie, m aar hlyd ska p lik. Dit is ’n wete van God, van die om vattende, wat dáárom eintlik die rasionele te bowe gaan en allerlei Bybelse effekte moontlik m aak, soos in die slotstrofe uitgedruk word: dit behou, dit preserveer, dit bewaar, dit suiwer (“deursuur”), dit verlig, dit vreet, pynig dalk selfs. Die gedig is dus ’n verheerliking van die unieke kennis van die plek en tyd, ’n blye wete wat soortgelyke effekte as die evangelic het. Dit verklaar natuurlik, teruggeprojekteer, die baie presiese tydsaanduidings in strofe 1, M aandag, 7 November 1980: dit is ’n bewussyn van hierdie presiese 56 ISSN 0258-2279 L ite ra to r 16(3) N ov. 1 99 5:4 3 -5 9 H ein Viljoen tyd, ’n heilige tyd - die sewende dag (dag van die volmaakte) van die Here se jaar 1980. Daar begin die blydskap al. M aar lees ’n mens die slotstrofe noukeurig, ontstaan daar ’n paar vrae: ... weet van die hardste steen en die dofste hout op die presiese plek en die presiese uur Hout? W aar kom dit dan nou vandaan? Die steen was daar al in strofe 2. Hout is seker m aar daar om ’n mooi, sterk kontras te vorm m et steen. Dit is weliswaar deel van die huis wat die m an vermoedelik aan ’t bou is. Die blydskaplike weet werk hier egter met ’n geweldige reduksie, want die voiheid van water, steen, wolk, blaar, koggelmander, wolk en m ot word gereduseer tot twee opposisies; hard teenoor sag; helder teenoor dof. En dan besef jy ook: die dinge wat genoem word, is nie die bonte veelheid van die natuur o f die landskap self nie, m aar enkele bekende en eksemplariese elemente daarvan - onm iskenbaar aangedui deur die die: die steen, die koggelmander, die son, die troffel, die ruit, die wolk, die messelende m an, die presiese plek en die presiese uur. Dit was dus klaar ’n seleksie, ’n reduksie uit alle moontlike elemente; hoekom nie die buurm an se foksterriër o f die duiwemis op die stoep o f die privetheining o f die lamppaal o f die stopteken ook in die gedig noem nie? En hoekom word so m in individuahserende detail van die steen, die blaar o f die m an gegee? 0 n s weet nie o f die steen rooi o f grys is nie en o f die m an wit o f swart is nie. 0 n s weet trouens nie eers wat “die presiese uur” is nie, al weet ons dis iewers op M aandag, 7 November 1980. Nog m inder weet ons wat die presiese plek is - dit kan op enige plek in SuidAfrika geplaas word. Steen, troíTel, m an, mot, ruit verskyn hier dus in universele gedaantes, in hulle essensies, los van tyd en plek. Daar is nog ’n verdere opvallende reduksie in: die presiese plek en die presiese uur van elke vlerk en elkegew ig Hier verdwyn die dinge en bly net hulle dele o f kwaliteite oor; hulle ligtheid of vlugtigheid en hulle gewig, en dit is hierdie kwaliteite wat bewaar, preserveer, suiwer en verlig. Let daarop dat “gewig” rym op “verlig”. Die vervlugtiging van die substansie maak die verligting moontlik. 6 .3 K r it ie k o p r e f le k s ie ’n Belangrike beginsel van hierdie gedig se konstniksie word myns insiens verberg in die metafoor “die ruit / laat die wolk in hom vaar”. Letterlik: die L ite ra to r 16(3) Nov. 1 995 :4 3 -5 9 ISSN 0258-2279 57 D ie fe n o m e n o lo g ie van T T. C loete ruit weerkaats die wolk. En die omgekeerde natuurlik ook: die ruit erken iets van hom self in die wolk. Juis dit is ’n beginsel wat in al die koppels geld wat genoem word; die een vind iets van hom self in die ander gereflekteer. Hierdie “blydskaplike wete” is ook ’n weerkaatsing van die een ding in die ander. “Vir die son blits die trofTel” - hy gee vir die son sy eie refleksie terug. Die “liefderik bedrywig besin op m ekaar”, die “baie bewus en blydskaplik weet” is ’n selfbewussyn, m aar veral ook ’n selltefleksie, ’n seliweerkaatsing van die dinge. Dit spruit uit die paradoksale wyse waarop die een ding hom self in die ander herken. En globaal genome, spruit dit uit die selfrefleksie van die spreker: hy herken hom self in die ander dinge, projekteer sy bewussyn in hulle, word daardeur verlig. Hierdie blydskaplike wete is ’n selfkennis, op die ou end ’n weerkaatsing van die self - selfbeeld, blote herkenning en glad nie kennis nie. Die be-spiegelende bewussyn kiy sy eie kategorieë teruggekaats: “behoudende sout, suurdeeg wat deursuur / en verlig”. 7. S lo t “Blydskap” is kortom ’n beskrywing van die werking van die cogito, die bespiegelende ek, in Cloete se poësie. Dit is teen hierdie agtergrond dat ’n woord soos “transendentaal” (J: 57; 1: 39) by Cloete ’n wyer resonansie kry; die verskynsels kry hulle betekenis eers in die transendentale ruim te w anneer hulle presiese plek en tyd nie in die gewone tyd en ruim te nie m aar in God se orde bepaal is. Cloete se poësie lyk o f dit ’n digterlike fenomenologie van hierdie orde, van die heilige wete o f ervaring van die dinge van God kan wees. Konkrete detail word uitgeessensialiseer, dinge verskyn as transendentale “fenomene” (/: 52), “eideties” (D: 42). Hierdie woorde suggereer ’n verband met Husserl (1950/1964) se fenomenologie. My gevolgtrekking is dus kortliks dat die Cloete-kyk fenomenologies is: die dinge self word beskou, nie in hulle uniekheid nie, m aar soos hulle verskyn, gestroop van die ‘transendente’, van ‘toevallighede’ van tyd en plek (fenomenologiese reduksie) in die suiwer temporele stroom van die bewussyn. In hierdie ideaal-logiese dim ensie van fenomene ‘sien’ ’n transendentale ego ’n ek wat eweneens fenomenologies gereduseer is - die universele logiese wese van die dinge raak (eidetiese reduksie), en hierdie logiese wese is ’n kennis van God. Die hele stelsel vorm ’n egologie: die kennis van die wese van die dinge kom m unikeer die ego aan ditself in ’n soort alleenspraak waarvoor taal nie eintlik nodig is nie - ’n stelling wat ai dadelik roep om heftige ontkenning; ons praat immers hier van ’n digter, ’n taalkunstenaar! M aar dit is myns insiens ju is die wesenliker sin wat die co g ito , die w aam em ing deur die transendentale ego, in Cloete se poësie bet. Dit tas die insinjes a f op soek na God wat Horn bly verberg. 58 ISSN 0258-2279 L ite r a to r 16(3) N ov. 1 99 5:43 -59 H ein Viljoen B ib lio g r a f ie Bal, M. 1980. D e th eo rie van vertellen en verhalen. M uiderberg : Coutinho. 2de druk. Brink, A.P. 1985. Cloete se nuwe bundel sy kragtigste. R apport, 15(27): 17, Jul. 7. Cloete, T.T. 1975. D ie w êreld is ons w oning nie. Kaapstad ; Tafelberg. Vierde druk. Cloete, T.T. 1980. A n g elliera . Kaapstad : Tafelberg. Cloete, T.T. 1982. Ju ksta p o sisie. Kaapstad : Tafelberg. Cloete, T.T. 1985. A llo tro o p . Kaapstad : Tafelberg. Cloete, T.T. 1986. Id io lek. Kaapstad : Tafelberg. Cloete, T.T. 1989. D riepas. Kaapstad : Tafelberg. Cloete, T.T. 1992. M e t d ie a a rd e p ra a t. Kaapstad : Tafelberg. Cloete, T.T. 1994. Die digter se omgaan m et die werklikheid. E n so vo o rt, 6(l):6-7. Foucault, M. 1973. The O rd er o f Things. New Y o rk : Vintage. Genette, G. 1980. N a rra tive D iscourse. Trans, by Jane E. Lewin. Ithaca, New Y o rk : Cornell University Press. Grabe, I. 1985. Belangrike variasies op vorige teraas. D ie T ransvaler: 6, Jul. 4. Grové, A.P. 1987. Poësiekroniek; Leef uit ’n tradisie. T y d sk rif vir G eestesw etenskappe, 27(2): 148-156, Junie. Husserl, E. 1950. D ie Id e e d e r P hanom enologie. Herausgegeben und eingeleitet von W. Biemel. Den Haag : Nijhoff. Edm und Husserl. Gesammelte W erke Bd. II. Husserl, E. 1964. The Id e a o f P henom enology. Trans, by W.P. Alston and G. N akhnikian. Intro, by G. N akhnikian. The Hague : Nijhoff. 2nd impression 1967. Pretorius, R. 1981. Angelliera-. van twee kante bekyk. T y d s k r if vir L etterku n d e, 19(2):77-83, Mei. Rimon-Kenan, S. 1983. N a rra tive F ictio n ; C o n tem p o ra ry P o etics. London and New York ; Methuen. Schutte, H.J. 1984. ’n Poëtika van korrespondensies: A n g elliera en Ju ksta p o sisie. In: Viljoen, H. e t al. (reds.). In teen d ie g r o o t vergeet. Potchefstroom : PU vir CHO. pp. 93-107. Venter, L. 1988. “Philosophers are hard to kill”. T y d s k r if v ir G eestesw etenskappe, 28(4):357-367, Desember. Venter, L. 1991. Die praktyk van die kyk. T y d sk rif v ir L etterku n d e, 29(3):6975, Augustus. L ite ra to r 16(3) N ov. 1 99 5:43 -59 ISSN 0258-2279 59 60