Die Uittog
()
About this ebook
Op 20 Julie 2010, het die Here die volgende vir my gesê: “Jy gaan ‘n boek skryf oor die eindtyd. Dit is jou skeppingsdoel.” Ek het ervaar dat die Here vir my sê dat dit nie maklik gaan wees nie omdat mense dit nie gaan aanvaar nie. Slegs die oorblyfsel (“remnant”) gaan dit aanvaar. Die boek sal wees vir Sy Bruid, die oorblyfsel (“remnant”). Die boek sal gaan oor die voorbereiding vir die Koning se terugkeer en sodat die wat nie weet nie gewaarsku kan word. “Die boek sal ‘n geskenk vir My Bruid wees. Dit is vir die wat My liefhet, en vir die wat die waarheid soek, wat uitroep: ‘Vertel ons meer, Here, net die waarheid, Here!’ Die boek sal oor Jesus handel. Jesus is die sleutel. Jesus moet julle fokus wees en Jesus is julle bestemming.”
Al hierdie is opgeneem in die eerste boek, Die Finale Roep, wat op 22 April 2011 begin het toe die Here my opdrag gegee het om alles neer te skryf wat Hy sê. Die tweede boek, Die Uittog, wat op 1 Julie 2011 begin het, openbaar hoe die Here Sy kinders uit Egipte (die wêreld) uitroep om vir die Beloofde Land (Millenium) voor te berei. Die boek wat jy in jou hand hou, My seun Dawid, is die derde boek.
Ek is slegs gehoorsaam om die wil van die Vader te doen. In 2009 het ek begin bid dat die Here my die absolute waarheid oor Hom en die eindtyd sal wys. Hy openbaar inderdaad die waarheid aan my. En, soos ek vryelik ontvang het, so moet ek vryelik gee.
Deborah Melissa Möller
The Lord said the following to me: 'You are going to write a book about the end-time. It is your creation purpose.' I then sensed the Lord saying that it was not going to be easy, because people would not take it, except for the remnant. The book would be for the remnant, for His Bride. The book would be about the preparation for the King's return and for those who did not know, to be warned. 'This will be a gift for My Bride. It is for those who love Me, for those who are seeking the truth, who called out 'Lord, tell us more, only the truth Lord'. The book will be about Jesus. Jesus is the key, Jesus must be your focus and Jesus is your destiny.' My name, Melissa, means honey bee. The Lord revealed to me that in the Millennium my name will change to Deborah, which surprisingly also means honey bee. Thus my fruit will be the same. I sensed the Lord saying that as a honey bee, I would give honey to the Bride. 'It will be like Rebecca. This book will prepare the readers for the King, because the King is coming. Because you were prepared to stand up before people and tell them what I have delivered you from. So had I lifted you up before the Father. 'Before I formed you in the womb, I knew you; And before you came forth from the womb, I sanctified you. I have appointed you as a prophet to the nations.' (Jer. 1:5)
Read more from Deborah Melissa Möller
Die Finale Roep Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMy Seun Dawid Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to Die Uittog
Related ebooks
Moses 1 Aan Hom Wat Oorwin Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLandbouweekblad Hart tot hart Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie ewigheid in my hart: 'n Gebed vir elke dag uit die Psalms Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBaie is Geroep Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBreek familievloeke: Eis jou vryheid Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDraaipunt: 'N Ware Verhaal Van Liefde Oorvloedig Rating: 0 out of 5 stars0 ratings15 Minute Bybelstudies: Vol. 1 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHerfs Gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsUit die Beek 2020: 366 dagstukkies Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDraers van die Lig: 200 oordenkings vir vandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsUit die Beek 2019: 365 dagstukkies Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRyker as Dawid: Oordenkings oor Psalms Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Waarheid maak vry! Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOntvang die Salwing Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk glo nie, Ek Weet Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOntmoet God in gebed Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Palet vol vreugde: 366 dagstukkies Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVertel hulle: 120 redes waarom jy 'n sielewenner moet wees Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGod van Abraham, Isak en Jakob Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDiegene wat gevaarlike seuns is Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNogtans-geloof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsUit die beek 2014 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Krag Van Opoffering Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHulle wat Jou Verlaat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie bedrieËr: Nie net ontrouheid nie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGebede vir elke vrou Rating: 5 out of 5 stars5/5Vroue van die Bybel 2: Nader aan God Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Uur van lig: 365 Dagstukkies vir vroue Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHoe jy n sterk Christen kan word Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for Die Uittog
0 ratings0 reviews
Book preview
Die Uittog - Deborah Melissa Möller
INLEIDING
Terwyl ek lees in Matt 3:3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
, het die Here met my begin praat.
Die Here het gesê: Hier is dit, My kind. Jy staan op die rand van jou skeppingsdoel. Dit is waarvoor Ek jou geskape het. Hou tred met My, Ek sal jou louter, want die taak wat jy nou gaan doen, vereis groot verantwoordelikheid. Soos my dienaar Moses
.
Ek het toe vir die Here gesê dat ek soveel foute en swakhede en sonde het – en dat Hy my net nie hiervoor kan gebruik nie.
Die Here het geantwoord: "Ek kies jou. Ek het jou vir hierdie doel geskape, wat nou gaan oopswaai soos dubbel-deure. Jy sal My verteenwoordiger wees. Ek sal jou salf as My eindtyd-Moses. Jy sal baie uit Egipte lei. Die soekendes sal luister.
Dit sal die inleiding wees vir die tweede boek wat jy nou gaan skryf. Jy sal My stem wees, want baie kan My nie hoor nie as gevolg van afgode en verharde harte en baie maak nie tyd vir My nie. Soos in die dae van ouds gaan Ek My profete oprig en hulle sal spreek met outoriteit wat deur die Vader gegee is.
Heelwat dinge gaan nou op aarde gebeur. Waarlik, ons is by die begin van die einde. My ‘Johannes-die-dopers’ sal uitroep vanuit die wildernis: …Berei die weg van die Here, maak Sy paaie reguit!
My kind, wees gehoorsaam en wees net lief vir My soos jy is. Ek sal jou lei en met jou praat. Doen presies wat Ek jou opdrag gee om te doen.
Godsdiens sal teen jou kom, maar leer van My. Godsdiens het ook teen My gekom. Hoe meer Ek die waarheid gepraat het, hoe meer het godsdiens My bevraagteken en hoe meer het hulle My vervolg. Daarom, ag jouself geseënd dat jy vir My Naam se onthalwe vervolg word."
"Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die
hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle
gewees het." (Matt. 5:10,12)
Hardloop met die perde My kind!
As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde?…
(Jer. 12:5)
Ek sal jou pad tot in geregtigheid lei. Ek sal jou na My toe lei en reguit tot in die Vader se boesem. Die Vader en Ek is een
.
DIE REIS
Op 20 Julie 2010, het die Here die volgende vir my gesê:
Jy gaan ‘n boek skryf oor die eindtyd. Dit is jou skeppingsdoel.
Ek het ervaar dat die Here vir my sê dat dit nie maklik gaan wees nie omdat mense dit nie gaan aanvaar nie. Slegs die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’) gaan dit aanvaar. Die boek sal wees vir Sy Bruid, die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’). Die boek sal handel oor die voorbereiding vir die Koning se terugkeer en sodat dié wat nie weet nie, gewaarsku kan word. Die boek sal ‘n geskenk vir My Bruid wees. Dit is vir diegene wat My liefhet, en wat na die waarheid soek, en uitroep: ‘Vertel ons meer, Here, net die waarheid, Here!’ Die boek sal oor Jesus handel. Jesus is die sleutel. Jesus moet julle fokus wees en Jesus is julle bestemming.
Al hierdie is opgeneem in die eerste boek, Die Finale Roep, wat op 22 April 2011 begin het toe die Here my opdrag gegee het om alles neer te skryf wat Hy sê. Die boek wat jy in jou hand hou, Die Uittog, is die tweede boek. Die Here het aan die