Oorwinningsgeheime
()
About this ebook
Dag Heward-Mills is die skrywer van baie boeke, insluitend die topverkoper “Lojaliteit en dislojaliteit”. Hy is die stigter van 'n denominasie van meer as 'n duisend kerke met die naam Lighthouse Chapel International.
Dag Heward-Mills
Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.
Related to Oorwinningsgeheime
Related ebooks
Duiwels en hoe om hulle te hanteer Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOorlog teen Okkultisme, Toorkuns en Vals Geloof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Krag Van Middernag Gebed Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVergroot jou bediening met wonders en openbarings van die Heilige Gees Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie kuns van leierskap Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHulle wat jou beskuldig Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsProfetiese Verklarings Om Die Week Te Beveel: 21 Krag Belaaide Verklarings Om Beheer Van Die Week Te Neem Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Gesalfde en sy Salwing Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie bedrieËr: Nie net ontrouheid nie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTerugval in die geloof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHulle Wat Hoogmoedig Is Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAnder... Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVuisboek: Die Stryd en Toekoms van God se Volk Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOpenbaring: Vertaling Met Hedendaagse Profetiese Vervullings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWanneer God jou vashou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNoem dit! Eis dit op! Neem dit! Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Komende Rampspoed Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEen van julle is ’n duiwel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Openbaring Reeks - Leerder Gids: Die Openbaring Reeks, #2 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDiegene Wat Onkundig Is Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBaie is Geroep Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBybelse Beginsels vir Afrika Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVertel hulle: 120 redes waarom jy 'n sielewenner moet wees Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGesprek sonder einde: Waar pas ek in by God se verhaal? Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWat dit beteken om so wys soos 'n slang te wees Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Dag Sonder Gister Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSabbatsreis Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNuwe Wese Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOngewoon Grace: Gestoor word vir 'n doel Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for Oorwinningsgeheime
0 ratings0 reviews
Book preview
Oorwinningsgeheime - Dag Heward-Mills
Wat is ’n oorwinningsgeheim?
Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?
Job 15:8
’n Oorwinningsgeheim is ’n geheim wat van jou ’n lewende wonderwerk sal maak! ’n Oorwinningsgeheim is die geheim van God!
Het jy die geheim van God gehoor? Het jy die geheim van God gelees? Is jy aan die geheim van God blootgestel? Die verborge wysheid van God is die geheim van God! Het jy die wysheid van God ontvang? Het jy ’n openbaring van Bo ontvang? As jy nog nie die geheim van God gehoor het nie, het jy gemis wat jy werklik nodig het. Die geheim van God is die wysheid van God en ’n misterie wat daargestel is om aan jou heerlikheid en skoonheid te gee.
Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid …
1 Korinthiërs 2:7
Wat jy nodig het, is nie aardse wysheid nie. Aardse wysheid is die onderrig oor ekonomie, wet, wiskunde, natuurwetenskap, rekeningkunde en so meer. Al hierdie wêreldse studievelde is goed, maar hulle is aardse en menslike wysheid. Daar is ’n plek vir al daardie dinge. Maar dit het geen plek in die kerk nie. In die kerk het ons iets wat baie hoër is.
… en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag …
1 Korinthiërs 2:4
Daar is ’n veel groter soort wysheid wat van God af kom. Die wysheid van God bevat die geheim van God. Dit is wat jy vir jou lewe nodig het.
Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid …
1 Korinthiërs 2:7
Hierdie soort wysheid is daarvoor bestem om vir jou heerlikheid te gee en jou in ’n lewende wonderwerk te verander.
Kom ons kyk na die wonderlike voordele om die geheim van God te ontdek.
Ses redes waarom jy die geheim van God moet ontdek
1. Lewe en dood hang daarvan af of jy die geheim van God ontdek
Die koning het geantwoord en gesê: Ek weet verseker dat julle tyd wil win, omdat julle sien dat die saak by my vasstaan; want as julle my die droom nie bekend maak nie, is julle vonnis een en dieselfde; julle het naamlik afgespreek om ’n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek totdat die tyd weer verander; daarom, vertel my die droom, dan sal ek weet of julle my sy uitlegging kan te kenne gee.
Die Chaldeërs het voor die koning geantwoord en gesê: Daar is geen mens op die aardbodem wat die koning se saak sou kan te kenne gee nie; daarom het dan ook geen koning, groot of magtig, ooit so iets van enige geleerde of besweerder of Chaldeër verlang nie. Ja, die saak wat die koning verlang, is swaar, en daar is niemand anders wat dit voor die koning sou kan te kenne gee nie, behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie. Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring. Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word, het hulle ook Daniël en sy metgeselle gesoek om gedood te word.
Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee. Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hanánja, Mísael en Asárja, sy metgeselle, die saak bekend, en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie. Daarop is in ’n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof. Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne. Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.
Daniël 2:8-13, 16-22
Daniël en sy medewerkers het groot gevaar geloop om tereggestel te word. Die dood het hulle in die gesig gestaar. Die koning het geweet dat die meeste van die wyse manne, sterrekykers en towenaars in werklikheid huigelaars en vol misleiding was. Koning Nebukadnesar het ernstig daarna gestrewe om alle indringers uit sy paleis te verwyder. Die toets wat die koning ingestel het, sou verseker dat net ware wyse mense as sy raadgewers in sy paleis sou aanbly. Om ’n goeie raadgewer te wees, moet jy sekere geheime ken. Daar is geheime agter elke groot prestasie en agter elke groot persoon.
Ons spekuleer dikwels verkeerdelik oor wat ’n persoon groot gemaak het. Meermale ken ons nie regtig die geheim van iemand se grootheid nie. As jy sekere geheime ontdek, sal dit jou van ondergang red. Die gees van kennis is ook die Gees van God.
Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande; aan die eilande sal Hy die loon vergelde.
Jesaja 59:18
Wanneer die vyand nader kom om jou kwaad aan te doen, sal die Here hom vergeld. Hy sal met grimmigheid teen jou teëstanders optree. Dit sal wees asof hulle voor jou gesig verdwyn het. Deur kennis word veroorsaak dat sekere dinge verdwyn. Jare gelede het enigiemand wat malaria, asma, hoë bloeddruk of suikersiekte ontwikkel het, eenvoudig van hierdie siektes doodgegaan. Deur kennis kan ons hierdie siektes nou laat verdwyn en hulle neutraliseer.
Lewe en dood mag van jou kennis van sekere geheime afhang. Daar is geheime wat in jou lewe baie belangrik is. Enigiemand wat geseënd genoeg is om die geheime van God in sy lewe te geniet, weet dat lewe en dood in werklikheid van hulle kennis van sekere geheime afhang. Dit is waarom jy die openbaring van God moet opsoek. Jou kennis van ’n geheim sal jou die oorhand laat kry. Al die vooruitgang van natuurwetenskap, medisyne, astronomie, landbou, meganika en fisika is gebaseer op geheime wat ontdek is. Hierdie geheime is feite wat al vir duisende jare bestaan het. Uitvinders het basies hierdie geheime ontdek. E was nog altyd gelyk aan mc². Einstein was maar net die ontdekker van ’n geheim wat al vir duisende jare bestaan het.
’n Oorwinningsgeheim is ’n openbaring wat vir jou oorwinning meebring! Oorwinningsgeheime is openbarings van die Heilige Gees wat die verskil in jou lewenswerk en bediening kan maak. Die verskil tussen lewe en dood is dikwels ’n klein bietjie kennis. God kan vandag vir jou kennis toevoeg! God kan jou help om ’n klein geheimpie te leer ken wat alles in jou lewe en bediening sal verander. Sommige mense noem hierdie brokkies kennis ’n openbaring
. Wat jy dit ook al noem, hierdie oorwinningsgeheime sal tot groot oorwinning en seëviering lei.
Baie goeie voorbeelde van die uitwerking van oorwinningsgeheime kan in geskiedenisboeke gevind word. In die veertiende eeu het ’n siekte met die naam builepes
in die wêreld ingekom en miljoene mense aangetas. Baie mense het gesterf en volledige bevolkings is uitgewis. Die vrees vir hierdie siekte het vir jare voortgeduur omdat die pes in verskillende dele van die wêreld weer sy verskyning gemaak het, die bevolking geterroriseer het en groot groepe mense uitgewis het.
In die vroeë jare van die moderne Europa het die grootste menslike ramp in die geskiedenis van Europa plaasgevind toe die pes Europa in 1347 getref het. Hierdie builepes het in werklikheid ’n derde van die bevolking van Europa uitgewis. Kan jy jou ’n siekte voorstel wat dwarsdeur ’n vasteland versprei en ’n derde van sy bevolking uitwis? Selfs in moderne tye, toe die Ebola-virus deur Sierra Leone, Liberië en Guineë versprei het, het net tien duisend mense gesterf. Stel jou ’n siekte voor wat miljoene mense kan doodmaak en ’n vasteland van sy bevolking kan leegmaak.
Die slagoffers van die pes het ’n baie klein kans op oorlewing gehad as gevolg van simptome soos hoë koors en inwendige bloeding wat swart vlekke en groot gewasse kon veroorsaak. Enigiemand wat hierdie siekte opgedoen het, het binne drie tot vyf dae gesterf.
Die dokters het in daardie dae gedink dat die pes oorgedra is deur besoedelde klam lug, ontbindende liggame wat nie begrawe is nie en swak sanitasie. Sommige mense het ook gedink dat die siekte deur die Jode versprei word. Die mediese dokters van die veertiende eeu het nie geweet dat die siekte veroorsaak word deur ’n eenvoudige bakterie wat deur vlooie en rotte oorgedra word nie. Die mediese beroep het nie geweet van eenvoudige antibiotika nie! Hulle het hoegenaamd geen manier gehad om die siekte te bestry nie. Kennis van die geheim van antibiotika sou miljoene mense van die dood gered het.
Dit was nie voor 1877 dat Louis Pasteur en Robert Koch waargeneem het nie dat ’n bakterie wat in die lug bestaan, die groei van ’n ander bakterie, bacillus anthracis, kon verhinder. Hierdie verskynsel wat deur anti-bakteriese middels vertoon is, is antibiosis genoem. Dit was eers in 1942 dat middels wat op daardie manier opgetree het, uiteindelik deur ’n Amerikaanse mikrobioloog, Seiman Waksman, antibiotika genoem is.
Dit was hierdie geheim van antibiotika wat in die veertiende eeu nog onbekend was! Dit is die geheim wat sou verhinder dat miljoene mense in die veertiende eeu van builepes sou sterf. Eenvoudige middels soos streptomycin, gentamicin en ciprofloxacin sou hierdie siekte tot stilstand gebring het. Vandag is jou kans om van builepes te sterf, amper ’n ronde nul.
Selfs nie een persoon sou van builepes gesterf het as ons toe al die geheim van antibiotika geken het nie. ’n Oorwinningsgeheim verander lewens grootliks. ’n Oorwinningsgeheim red baie lewens. ’n Oorwinningsgeheim verander alles.
Een van die belangrikste gebede van jou lewe moet die gebed om die Gees van openbaring wees. Bid vir oorwinningsgeheime! Dit is die gebed vir ’n tydige openbaring en kennis wat die verskil in jou lewe sal maak.
2. Jou voorspoed hang daarvan af of jy die geheim van God ontdek
So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:
Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.
En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel …
Jesaja 45:1-3
Oorwinningsgeheime sal jou na voorspoed lei. Die meeste rykdom is verskuil. Die meeste ware rykdom is vir jou oë versteek. Dit is waarom hulle skatte van die duisternis
genoem word. Die meeste van die rykdomme in ons wêreld word op geheime plekke weggesteek. Om die rykdomme van hierdie wêreld te vind, sal jy ’n openbaring moet ontvang om die geheim te ontsluit oor hoe om rykdom op te spoor. Jy sal die geheime plekke moet ontdek waar rykdom weggesteek is.
Dit bly steeds ’n misterie vir baie waarom sommige mense ryk is. Mense doen baie dinge om vooruitgang te maak. Maar net ’n paar ontvang die geheim van voorspoed. Geld word op geheime plekke toegesluit. Sonder die kennis van sekere geheime sal jy vir die res van jou bestaan in armoede lewe. Jy het die Gees van openbaring nodig om vir jou die geheime van voorspoed en sukses bekend te maak. Kerkgroei word deur jou kennis van sekere geheime vrygestel. Al ons probleme kan skielik beëindig word as ons die geheim agter ware sukses ontdek.
Jy moet geheime ontdek, omdat grootheid en voorspoed op die ontdekking van belangrike geheime berus. Mense wat motorkarre, vliegtuie, elektroniese tablette (soos die iPad), telefone en televisies uitgevind het, is die miljoenêrs van ons wêreld. Baie volke ken nie die geheime om sulke dinge te maak werk nie. Diegene wat hierdie geheime ontdek het, het van die rykste mense in die wêreld geword. Dink aan die ontsaglike verskil wat bestaan tussen diegene wat die geheim ontdek het om ’n draagbare telefoon te maak en diegene wat maar net tamaties en lemoene oes. Jy het nie ’n spesiale geheim nodig om kokosneute of peper te oes nie. Maar jy het nodig om sekere geheime te ken om ’n televisie te maak werk.
Om geheime te ken maak mense baie waardevol. Daniël is nie net in die lewe gehou nie, maar hy het ook die derde belangrikste persoon in die land geword en voorspoed ontvang wat gesimboliseer is deur ’n goue ketting wat om sy nek gehang is. Wanneer jy die geheim van God deur die Gees van openbaring ontdek, sal jy ook belangrik word. Jy sal deur die Gees van openbaring met goud bedek word.
Toe het Bélsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met ’n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.
Daniël 5:29
3. Die geheim van God word aan die regverdiges en aan sy profete gegee
Want die verkeerde is vir die HERE ’n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.
Spreuke 3:32
Jy vertel nie jou geheime aan enigiemand nie. Waarom verwag jy dat God sy geheime met almal sal deel? Die mense aan wie God sy geheime gegee het, is diegene wat Hy as regverdiges beskou. God weerhou sy openbaring van mense wat boos is, en gee hulle vir die regverdiges.
Diensknegte is naby aan hulle meesters en werk in hulle teenwoordigheid. Dit is daarom nie vreemd dat diensknegte baie geheime ken wat buitestanders nooit sal ken nie. Strewe daarna om ’n dienskneg van God te wees en strewe daarna om sy profeet te wees, en dit is gewaarborg dat jy ’n ryk voorraad van wonderlike geheime sal ontvang.
Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
Amos 3:7
4. Die geheim van God word in spesiale seisoene van jou lewe gegee
Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het; toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het; soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was …
Job 29:2-4
Job het dit geniet om sommige van die geheime in ’n bepaalde seisoen van sy lewe te ken. Hy het gevoelvol gepraat oor die seisoen toe God die geheime en openbaring aan hom gegee het. Jy sal altyd terugkyk na die seisoen waarin God vir jou sekere openbarings gegee het.
Job was begerig om weer die tye van openbaring te beleef. Ware profete sal vir jou vertel wanneer hulle ’n openbaring ontvang het en wanneer nie. Die werklikheid is dat openbaring nie die hele tyd plaasvind nie. Job het gesê dat hy gewens het dat hy weer in die seisoen kan lewe waarin die geheime van God aan hom geopenbaar is (Job 29:4).
Kenneth Hagin het beskryf hoe God hom tussen 1950 en 1958 met agt visioene van Jesus Christus geseën het. Hy vertel dat die Here ná 1958 nie weer op daardie manier aan hom verskyn het nie. Kenneth Hagin was net 33 jaar oud toe die Here aan hom verskyn het. Hy het in die bediening gebly totdat hy 86 jaar oud was.
Dit is belangrik om die geheime te ontdek terwyl jy jonk is. Wanneer jy jonk is, lê jou hele lewe nog voor jou. Jy het ’n goeie geleentheid om die geheime en die openbarings te implementeer wat God vir jou gegee het. Ek het die geheim van Mattheüs 6:33 ontdek toe ek nog op skool was. Dit was die grootste geheim van voorspoed vir my lewe. Om God eerste te soek en sy koninkryk eerste te bou is goddelike geheime vir voorspoed!
5. Gebed is die sleutel om belangrike geheime van God te ontdek
Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hanánja, Mísael en Asárja, sy metgeselle, die saak bekend, en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie