Stade de la Mosson
Stade de la Mosson | ||
Wedstryd tussen Australië en Fidji in die Stade de la Mosson tydens die Rugbywêreldbeker 2007
| ||
Bynaam | Les Verts | |
---|---|---|
Ligging | Montpellier, Frankryk | |
Koördinate | 43°37′19″N 3°48′44″O / 43.62194°N 3.81222°O | |
Eienaar | Montpellier Méditerranée Métropole | |
Kapasiteit | 32 900 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1972 | |
Renovasie | 1988, 1997 | |
Uitgebrei | 1977, 1988 | |
Huurders | ||
Montpellier HSC |
Die Stade de la Mosson (Frans: [stad də la mɔˈsɔ̃]) is die tuisveld van die Franse sokkerklub van Montpellier: Montpellier Hérault Sport Club. Die stadion se naam is afkomstig van die nabygeleë Mossonrivier. Die stadion wat hoofsaaklik aan sokker toegewy word, word ook vir rugby gebruik en het 'n kapasiteit van 32 900 sitplekke. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 was die amptelike naam van die stadion Stade le Mosson-Mondial 98.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Met die stadion se inhuldiging in 1972 het die stadion wat tussen die ZUP-toring en die Mossonrivier geleë is nie na veel gelyk nie. Dit was bloot 'n grasvierkant waar die klein klub AS Paillade gespeel het.
In 1974 het AS Paillade met Montpellier Littoral Sport Club (wat te vore by die Stade Richter gespeel het) saamgesmelt om geboorte te gee aan Montpellier la Paillade Sport Club Littoral, wat 'n ruk later die naam Montpellier Paillade Sport Club aangeneem het, waarvan die eerstespan in die Division d'Honneur se Suidoos-liga gespeel het. Die sowat 150 toeskouers wat elke Sondag houtpawiljoene of grondwalle plek ingeneem het sou skaar kon droom dat hulle die groei van 'n klub sou aanskou wat op die hoogste vlak sou speel onder die bestuur van die klub se emblematiese president Louis Nicollin.
Die klub het in die seisoen van 1975/76 tot die derde divisie gestyg. Die klub het hierop voortgebou deur Olympique de Marseille uit die finale 32 uit te skakel. Hierna is die stadion vergroot en die aantrekkamers verbeter (die werk is binne drie weke voltooi). Op 13 Maart 1977 het 18 000 toeskouers aanskou hoe die klub hulle bure en tradisionele vyande Nîmois in die finale 16 geklop het. Die nuwe stadion is hierna beslis in die plek van stade Richter gebruik. La Mosson het 'n reputasie as 'n cauldron opgebou. Met tye het ondersteuners wat nie kaartjies kon bekostig nie ure voor wedstryde in bome geklim om die prestasies van die manne van Kader Firoud te volg.
In 1988 met die klub se promosie na die eerste divisie, is die stadion verder vergroot om sitplek aan 23 500 te verskaf in lyn met die sportprestasies van die klub. Met die gebruik van die stadion tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 is die klub tot sy huidige grootte vergroot tot 'n kapasiteit van 35 500 sitplekke.
Rugby word ook by die stadion gespeel en vele belangrike wedstryde van die finale fases van die Franse kampioenskap is al daar gehou. Vir die Rugbywêreldbeker 2007 is verdere verbetering aan die stadion aangebring insluitend beter beligting en kleedkamers.
Internasionale wedstryde
[wysig | wysig bron]Vyf poelwedstryde en 'n agste-eindrondte wedstryd is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 by die Stade de la Mosson gehou. Dit het ingesluit die wedstryde tussen Marokko – Noorweë, Paraguay – Bulgarye, Italië – Kameroen, Colombia – Tunisië, Duitsland – Iran en Duitsland – Meksiko in die uitklop stadium. Ander internasionale sokker wedstryde was die tussen Brasilië – Algerië (2–0) op 22 Augustus 2007 (Amical). Die Franse sokkerspan het reeds vier keer op die stadion gespeel; teen RFA, Engeland, Andorra en Ivoorkus.
In 2007 dien die stadion as die plek waar die kwarteindstryd van die Rugbywêreldbeker tussen die wenner van Poel X en die span wat tweede gekom het in Poel Y. Vier poelwedstryde word ook in die stadion beslis insluitend Suid-Afrika teen die Verenigde State op 30 September 2007.
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
10 Junie 1998 | 21:00 | Marokko | 2–2 | Noorweë | Groep A | 29 800 |
12 Junie 1998 | 14:30 | Paraguay | 0–0 | Bulgarye | Groep D | 27 650 |
17 Junie 1998 | 21:00 | Italië | 3–0 | Kameroen | Groep B | 29 800 |
22 Junie 1998 | 17:30 | Colombia | 1–0 | Tunisië | Groep G | 29 800 |
25 Junie 1998 | 21:00 | Duitsland | 2–0 | Iran | Groep F | 29 800 |
29 Junie 1998 | 16:30 | Duitsland | 2–1 | Meksiko | Agtste eindrondte | 29 800 |
Rugbywêreldbeker 2007
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
12 September 2007 | 14:00 | Verenigde State | 15–25 | Tonga | Groep A | 25 000 |
16 September 2007 | 16:00 | Samoa | 15–19 | Tonga | Groep A | 24 128 |
23 September 2007 | 14:30 | Australië | 55–12 | Fidji | Groep B | 32 231 |
30 September 2007 | 20:00 | Suid-Afrika | 64–15 | Verenigde State | Groep A | 28 750 |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Stade de la Mosson. |
- (en) Stadium Guide-artikel
- (en) World Stadium-artikel Geargiveer 15 Oktober 2012 op Wayback Machine