66ste Oscar-toekenningsaand
66ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 21 Maart 1994 | |
Plek | Dorothy Chandler Pavilion, Los Angeles | |
Aanbieder | Whoopi Goldberg | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Schindler's List | |
Meeste pryse | Schindler's List (7) | |
Meeste benoemings | Schindler's List (12) |
Die 66ste Oscar-toekenningsaand is op 21 Maart 1994 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1993. Die aanbieder was Whoopi Goldberg – die eerste vroulike swart Amerikaner wat dié eer te beurt val.
Schindler's List het die aand oorheers met 12 benoemings, waarvan dit sewe gewen het (onder meer die Oscar vir beste rolprent). Dit was die eerste swart-wit prent in 33 jaar wat die Oscar vir beste prent gewen het sedert The Apartment, en die laaste een tot The Artist in 2012.
Nog ’n suksesvolle prent was The Piano, wat agt benoemings gekry en drie Oscars gewen het. Anna Paquin was op 11-jarige ouderdom die tweede jongste wenner van ’n Oscar (naas Tatum O'Neal, wat dit op 10 gewen het). Die regisseur, Jane Campion, was net die tweede vrou wat vir beste regisseur benoem is; sy het nie in dié kategorie gewen nie, maar wel vir beste oorspronklike draaiboek.
Pryse
[wysig | wysig bron]Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste buitelandse rolprent | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
Ereprys
[wysig | wysig bron]Jean Hersholt- Humanitêre Prys
[wysig | wysig bron]Gordon E. Sawyer-prys
[wysig | wysig bron]- Petro Vlahos
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The 66th Academy Awards (1994) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 22 Oktober 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webtuiste van die Oscars
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia