Pous Innocentius II
Pous Innocentius II | |
---|---|
Geboortenaam | Gregorio de Papareschi |
Pontifikaat begin | 14 Februarie 1130 |
Pontifikaat eindig | 24 September 1143 |
Voorganger | Honorius II |
Opvolger | Celestinus II |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 24 September 1143 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Innocentius |
Innocentius II was die 164ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Innocentius II is gebore as Gregorio de Papareschi in Rome, Italië[1] uit die familie van die Guidoni. Sy vader se naam was Giovanni. Gregorio is as kardinaal-deken aangestel deur Pous Paschalis II. Op 14 Februarie 1130 volg hy Pous Honorius II op en regeer tot sy dood op 24 September 1143. Hy word opgevolg deur Pous Celestinus II. Die naam ‘Innocentius’ beteken 'die onskuldige'.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Pous Innocentius II[2] is tydens die sterwe van Pous Honorius II verkies.[3] Aangesien dit nie formeel die regte prosedure was nie, is sy verkiesing deur 'n aantal kardinale betwis en hulle kies Teenpous Anacletus II. Met die hulp van keiser Lotarius III van die Heilige Romeinse Ryk en Bernard van Clairvaux het Innocentius daarin geslaag om Anacletus en sy opvolger Teenpous Victor IV (Gregorius) te verdryf. Innocentius kroon Lotarius as keiser in die Lateraanse kerk op 4 Junie 1133. Vanaf 29 Mei 1138 is sy pontifikaat nie meer betwis nie.
Die tweede Lateraanse Konsilie
[wysig | wysig bron]Op 4 April 1139 begin Pous Innocentius II die tweede Lateraanse Konsilie. Die vergadering van meer as 1000 geestelikes ekskommunikeer Roger II van Sisilië. Die pous voltooi ook die kerk van Maria in Trastevere[4] en raak betrokke in 'n geskil met koning Lodewyk VII van Frankryk.
Geskrifte
[wysig | wysig bron]Op 7 Julie 1136 gee die pous 'n bul uit met die titel "Ex commisso nobis". Die dokument bevat die vroegste verwysing na die Poolse taal. Op 29 Maart 1139 gee die pous 'n bul uit met die titel "Omne datum optimum" waarin die order van die Tempeliers gestig word.
Die verdrag van Mignano
[wysig | wysig bron]Die verdrag van Migano van 1139 beëindig die oorlog in Mezzogiorno en in 1130 word Roger II deur Teenpous Anacletus II tot koning gekroon. Pous Innocentius II het nie verdrag of die titel van Roger erken nie. In 1139 sterf die pouslike hertog Ranulf van Alife en Roger verower sy grondgebied. Die pous en prins Robert II van Capua het probeer om hulle mag te herwin. Roger se seun het die pous voorgelê by Galluccio en die pous gevange geneem. Drie dae later op 25 Julie 1139 kroon Innocentius vir Roger as "rex Siciliae, ducatus Apuliae et principatus Capuae" (koning van Sisilië, hertog van Apulia en prins van Capua). In 1143 het Innocentius probeer om die verdrag te nietig, maar Roger het dit voorkom. In 1156 by die verdrag van Benevento het Roger II ooreengekom om 600 schifati skatting te betaal en nog 400 schifati vir nuut verowerde gebied.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
- Stroll, Mary (1991). Symbols As Power: The Papacy Following the Investiture Contest, Brill, Leyde.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Innocent II." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 15 Julie. 2008 <http://www.britannica.com/EBchecked/topic/288620/Innocent-II>
- ↑ Mershman, Francis. "Pope Innocent II." The Catholic Encyclopedia. Vol. 8. New York: Robert Appleton Company, 1910. 15 Julie. 2008 http://www.newadvent.org/cathen/08012a.htm
- ↑ Die Historia Compostelana, geskryf in Galisië (Spanje) vir die biskop van Santiago de Compostela gee besonderhede van die betwiste verkiesing in 1130.
- ↑ Dale Kinney, "Spolia from the Baths of Caracalla in Sta. Maria in Trastevere", The Art Bulletin 68.3 (September 1986:379-397)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- GM Inskrywing in die Genealogie van die Middeleeue (Duits)
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Honorius II |
Pous (Pontifex Maximus) 1130 – 1143 |
Opgevolg deur Celestinus II |