Brooklyn, Pretoria
Brooklyn | |
---|---|
Voorstad | |
Nieuw-Muckleneuk en Brooklyn voorstede | |
Koördinate: 25°46′12″S 28°14′12″O / 25.77000°S 28.23667°O | |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,56 km2 (0,99 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 4 177 |
• Digtheid | 1 600/km2 (4 200/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | Busse: 0011 Strate: 0181 |
Skakelkodes | 012 |
Brooklyn is 'n voorstad van Pretoria, Suid-Afrika. Dit is 'n gesogte, boomryke, gevestigde gebied wat oos van die stadskern geleë is. Dit beslaan weelderige wonings, besighede langs die groter strate soos Duncanstraat en Charlesstraat en luukse winkelsentrums. Dit grens aan die Universiteit van Pretoria in Hillcrest in die noorde, Menlopark in die ooste, Bailey's Muckleneuk en Sunnyside in die weste en Nieuw-Muckleneuk en Waterkloof in die suide. Die Pretoria Boys High School is in die woonbuurt geleë.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Brooklyn het sy naam te danke aan James Brooks, 'n landmeter wat gehelp het met die opmeet van die Lourenço Marques-spoorlyn. Brooksstraat, Jamesstraat en Brooks House gedenk ook sy verblyf in Brooklyn.[1]
Brooks was die oorspronklike eienaar van die grond waar Brooklyn vandag geleë is. Hy het die grond in 1886 bekom,[2] en kort daarna vir hom en sy vrou, Catherine, 'n spoggerige herehuis laat bou. Die opstal, bekend as Brooks House, staan vandag nog op Brookstraat 109, en huisves tans die Kweekskool van die Afrikaanse Protestante Kerk (APK).[3]
Galery
[wysig | wysig bron]-
Die Anton van Wouw-huis van die Universiteit van Pretoria
-
Hoofgebou van Pretoria Boys High School
-
Brooks House, Brookstraat 109
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Deurpad: Unieke en geskiedkundige gegewens met betrekking tot Pretoria en die Uniegebou" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2019. Besoek op 8 Oktober 2015.
- ↑ "SPECIALIST HERITAGE IMPACT REPORT:AS PARTIAL FULFILMENT OF SPECIALIST HERITAGE REPORT OF ERF R/783 BROOKLYN, 191 WILLIAM STREET, BROOKLYN – ARCIA CONSULTING (PTY) LTD ARCHITECTS AND PLANNERS" (PDF). Besoek op 17 Januarie 2016.[dooie skakel]
- ↑ "Die verhaal van Brooklyn en die name van die voorstad se strate, Pretoriana No. 106-110, 1995–1997, Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2011" (PDF). Besoek op 17 Januarie 2016.